Naka Drotske glo stabiel ná skietvoorval

Ondersoekers op die toneel waar Naka Drotske op ʼn kleinhoewe in Pretoria geskiet is (30 November 2018). Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die kleinhoewe-aanval Donderdagaand waartydens die oud-Springbok-haker, Naka Drotske, geskiet is nie.

Drotske het by sy broer, Tinus Drotske, gekuier op die kleinhoewe in Kameeldrift, Pretoria, waar Tinus woon. Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê minstens drie onbekende aanvallers het omstreeks 22:00 toegang tot die huis verkry.

“’n Struweling het ontstaan en [Drotske] is geskiet. Die aanvallers het op die vlug geslaan. Sake van poging tot moord en poging tot roof word ondersoek,” het Makhubela gesê. Hy sê niemand anders is in die voorval beseer nie.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, was Vrydagoggend op die toneel waar die voorval gebeur het. “Naka, Os du Randt, Tinus en Tinus se vriendin [Nadia Duvenage Jooste] het glo hier op die kleinhoewe gebraai. Hulle was net besig om al die deure toe te sluit vir die aand toe die aanvallers toegeslaan het,” sê Cameron.

Hy sê dit is duidelik op die stoep buite die huis dat daar ʼn struweling plaasgevind het. “Naka is twee keer in die bolyf en een keer in die been geskiet.”

Drotske is in die waakeenheid van die Netcare Montana-hospitaal opgeneem. ʼn Woordvoerder van die hospitaal wou nie enige inligting aan Maroela Media bekendmaak of sê hoe ernstig Drotske se beserings is nie. Cameron het wel gesê volgens sy inligting is Drotske stabiel.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Drotske ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MCS ·

Hoe siek, saru “wens hom n spoedige herstel toe.” Die man is n legent , hy het sy deel gedoen vir land en volk. Nee vrek! Ons kan maar net die Vader dank as ons soggens ons oe oop maak en as ons saans kan gaan slaap en nie n slagoffer was nie.

Tobie Klarens ·

Dit was dieselfde Saru wie geweier het om n een minuut stilte te he op Nuweland ter herinnering van plaasmoord slagoffers.

Piet ·

Kyk, ons regering is nie baie mal oor Afrifum/Maroelamedia nie oor die feit dat hulle ons land so vinnig bloodstel aan wat rerig aan gaan. Goeie werk Mariné om ons so vinnig op hoogte te bring oor die situasie. Almal wat die kommentaar lees moet asb Katie Hopkins se “plaasmoorde” dokumentêr op youtube gaan kyk en asb help om dit te versprei. Maroelamedia, julle is ysters.

NITA ·

Ons bly ook op ‘n plot. Dis so hartseer om van al die misdaad te hoor. Ons kinders is bekommerd oor ons, maar waarheen moet ons gaan. Mens is te bang om te braai of in die aande iewers heen te gaan. Wat word van ons land?????

Herman Goosen ·

Ja,
Ons kan SARU ook ‘n spoedige herstel toewens, maar ons weet dit gaan nie gebeur nie. Ek hoop Naka kom egter wel vinnig oor die aaklige nagevolge

ANNA ·

STERKTE aan Naka en aan sy naasbestaandes

Kom net asb.in ñ ANDER hospitaal vir beter behandeling!!

Philip ·

Alweer dit hou net nie op nie. Sterkte aan Naka. Die ANC sal nie hulle monde oop maak en dit verdedig nie want leier is slap en die verkiesing lê voor. Maar ja ek sal ophou om verder komentaar te lewer.

Karolis ·

Wens ek kan hoor waarom die hospitaal woordvoerder so geheimsinnig is of dalk so min weet wat om hom/haar aangaan.

lulu ·

Sien op news 24 hul ondervra 2 wat hul gevang het
as dit die geval is
STUNNING WERK SAPD
Sterkte Naka

Madelein Kriel ·

Struweling. Nee eerder hy het sy familie beskerm deur op te tree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.