Naka Drotské, die oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel en in ʼn kritieke, maar stabiele toestand in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein.
Barbara Steenkamp, woordvoerder van die hospitaal, het aan Maroela Media gesê Drotské het Dinsdagaand ʼn terugslag gehad en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem weens inwendige bloeding.
“Hy het ook ʼn longinfeksie en dit is kritiek in sy toestand,” het sy verduidelik. “Hy ondergaan tans bloedoortappings. Sy ander organe is ook as gevolg van die inwendige bloeding aangetas.”
Steenkamp het benadruk Drotské is baie siek, maar tans stabiel. “Ons vertrou dat hy sal verbeter.”
Sy het gesê die familie bedank almal vir hul gebede en boodskappe van bemoediging.
Maroela Media het vroeër berig Naka het op 29 November by sy broer, Tinus Drotské, op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria gekuier toe gewapende rowers op die huis toegeslaan het. Naka is in sy regterarm, regterbors en in sy maag geskiet.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Sterkte aan almal, in ons gebede…
Sterkte Yster ons bid vir jou ?
Kom yster jy die gemors so great getackel en fight… Kom fight nou AL die pad en word beter
Waar kom ons hulp vandaan God Die Almagde Vader O Groote God ons plaas hierdie man se lewe in U Hande net U kan hom genees Dus kom ons vanaand na U en smeek U om sy lewe genees hom O Groote God spaar hom vir sy gesin en geliefdes Amen
Groot en Almagtige God, maak hom gesond asseblief.