Naka Drotské ontslaan: ‘Alle krediet aan Hom’

Naka en Marzanne Drotské

Naka Drotské is Sondag ná 37 dae uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan.

Hy is op 11 Desember in dié hospitaal se waakeenheid opgeneem nadat hy vroeër in die Netcare Montana-hospitaal behandel is.

Marzanne Drotské, Naka se vrou, het bevestig hy is Sondag ontslaan. “Dankie God dat u my die krag gegee het om aan te gaan.”

Naka het almal bedank vir hul ondersteuning. “Wil graag baie dankie sê vir elke gebed, boodskap, besoek of oproep die afgelope vyf weke. Ek waardeer dit opreg. Die Here se genade was groot en Hy het my nog ʼn kans gegee. Alle krediet aan Hom,” het Naka gesê nadat hy ontslaan is.

Maroela Media het vroeër berig Marzanne was op Kersdag by Naka in die hospitaal en dat hy kort voor die besoek vir die eerste keer weer gepraat het. Hy kon toe ook al weer loop en regop sit.

Maroela Media het vroeër berig Drotské het op 29 November by sy broer, Tinus Drotské, op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria gekuier toe gewapende rowers op die huis toegeslaan het. Naka is in sy regterarm, regterbors en in sy maag geskiet.

Hy is later uit die hospitaal ontslaan en het selfs planne gehad om saam met sy familie weg te gaan vir die vakansie toe hy ʼn onverwagse terugslag gehad het en na die Mediclinic Bloemfontein gehaas is.

Barbara Steenkamp, Mediclinic Bloemfontein se woordvoerder, het vroeër gesê Drotské is met massiewe inwendige bloeding opgeneem en het longinfeksie opgedoen. Drotské moes ook bloedoortappings ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hallelujah ·

Amen – alle eer aan Hom – Hy is ons Pappa en Redder en ag sommer net alles. Sterkte vorentoe met God se naam voor julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.