Naka steeds onder sedasie in waakeenheid

Naka Drotske. Foto: Facebook

Naka Drotské se toestand is onveranderd waar hy steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in Mediclinic Bloemfontein se waakeenheid onder volle sedasie gehou word.

“Hy het ʼn goeie nag gehad en goed geslaap,” sê Barbara Steenkamp, die hospitaal se woordvoerder. “Daar was niks negatiefs gedurende die nag nie. Sy inwendige bloeding is stopgesit, waarvoor ons baie dankbaar is.”

Weens sy longinfeksie het die dokters ʼn ander antibiotikum voorgeskryf, sê Steenkamp. “Hy word vol geventileer [met ʼn trageotomiebuis in sy keel].”

Hy is baie siek en baie swak.

Sy vertel om Drotské teen moontlike ander infeksies te beskerm, word net sy gesin by hom in die waakeenheid toegelaat. “Hy is baie siek en baie swak,” sê Steenkamp. “Sy familie het gevra dat mense sy herstelproses sal respekteer en hom nie sal besoek nie.”

Drotské het op 29 November by sy broer, Tinus Drotské, gekuier toe minstens drie onbekende aanvallers omstreeks 22:00 toegang verkry het tot die huis op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria.

Hy is in sy regterarm, regterbors en maag geskiet. Die koeël in sy bors is verwyder, maar die dokter het tydens ʼn tweede operasie besluit om “nie te krap nie” en die koeël wat deur sy arm in sy buik beland het, daar te los.

Die belangrikste is nou om sy toestand gestabiliseer te kry.

Drotské is ʼn week gelede ontslaan en sou tuis in die Rosestad en daarna op Jeffreysbaai aansterk, maar het Dinsdag ʼn groot terugslag beleef. “Ons weet nie regtig hoekom nie, maar die dokters het besluit ons gaan nie nou met die geskiedenis werk nie. Dit was ʼn ander hospitaal [in Pretoria] wat hom na goeddunke en met hul goeie oordeel ontslaan het,” sê Steenkamp.

Drotské is Dinsdag met massiewe inwendige bloeding in die Mediclinic Bloemfontein opgeneem, sê Steenkamp, maar kan nie sê of die dokters nou van plan is om wel die koeël uit sy buik te verwyder nie.

“Die belangrikste is nou om sy toestand gestabiliseer te kry,” sê Steenkamp. “Eers daarna kan verdere prosedures gebeur.”

Sy sê die sedasie maak dit vir hom moontlik om “lekker te slaap”, wat goed is vir die herstelproses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Abe ·

Anna,
Jy is heeltemal reg. Viv het my reggehelp en ek het dit self ook nagegaan Afrikaanse dokters gebruik in die algemeen die woord verdowing. Terloops, Afrikaanse dokters se taalgebruik is oor die algemeen baie goed.

Kwikkie ·

…hys te vroeg ontslaan die eerste keer vir sy tipe beserings…

SANET ·

Soooo…baie sterkte aan die Droske familie,mag jy spoedig herstel.
HOENDERVLEIS gekry,toe ek sien wáár hy eerste was,hulle wou al ñ vriendin van my se galblaas verwyder, toe kom hulle agter dis MNR. se leêr met dieselfde van en nié MEJ…nie!!!!!!!

Johan ·

As n dokter sy opinie hier kan gee rondom die inligting wat beskikbaar is sal dit waardeer word.Nie baie goeie goed gehoor van Montana hospitaal nie,bly daar naby en het net eenkeer dag besoek vir spinnekop byt.Ek verstaan verskillende drs maak verskillende diagnoses en sal moeilik ander drs kritiseer.My oningeligte nugter verstand se vir my die koel moes verwyder word.Eks 10-1 verkeerd.Sterkte Naka en almal naby aan hom.

Leatitia ·

BAIE dankbaar Naka is uit die eerdte hospitaal uit! Was skoon ontsteld toe ek simptome hoor uit berigte wat BAIE bekend geklink het oor hulle modus operandi. Het iemand daar moontlik voortydig aan die dood afgestaan… met moontlik dieselfde ICU longinfeksie…
het nog net goeie dinge van Bloemfontein Medi Kliniek.

Viv ·

Heeltemal reg Anna. Sedasie is n anglisisme. Die korrekte woord is verdowing.

Viv ·

Soms is dit nie die dokter wat aandring op die ontslag nie, ne

Lizzie ·

Naka jy sal hierdeur kom met die hulp en genade van Ons Hemelse Vader en Groot Geneesheer. Sterkte aan jou en jou familie.

Abe ·

Viv en Anna,
Sedasie mag van die Engels afgelei wees, maar die woord word algemeen deur dokters en in mediese artikels gebruik. Dit kom ook in die HAT voor en sover ek weet ook in WAT.

Viv ·

Abe, 40 jaar in die mediese bedryf, en nee, Afrikaanssprekende dokters gebruik nie die woord in die algemeen nie. Die woord wat algemeen gebruik word is verdowing.

Abe ·

Viv,
Dankie, ‘bly jy help my reg.
Lyk my tog ek was verkeerd.

christa ·

Ek Bid Here Trek Hom Hier Deur Assseblief WANNEER GAAN DIT OP HOU OM MENSE NET DOOD TE WIL MAAK

christa ·

HERE TREK HIER DEUR ASSEBLIEF WANNEER GAAN DIT OP HOU EN ONS REGERING LIG NIE N VINGER NIE BRING DIE TOU TERUG ASSEBLIEF DAAR HER NOU DIE DAG N EERSTE JAAR STUDENT VR RAMPOSA GESMEEK BRING DIE DOOD STRAF TERUG HY VEE HOM AF TOT DAAR DALK IEMAND VAN HOM OF OU JUJU DOODGESKIET WORD SAL HUL SEKER N VINGER ROER

Cuda ·

Sterkte aan Naka se familie. Vasbyt ou grote! Ons gadagtes is met jou. Die Here weet wat met ons gaan gebeur voor ons gebore was. Bid vir julle in die tyd.

TLC ·

Sterkte ou GROTE
Hang jy net in daar
So ook baie sterkte aan familie en vriende
Op jou knieë sal jy GOD vind
Julle is in my gebede
AMEN

nic ·

sterkte Naka en die regering gee niks om vir mense se lewens nie .Ramaposa wys iets steek in jou en hou n referendum oor die doodstraf en sien die uitslag .

HENNA ·

WONDER : Iets wat ek nie kan verstaan is dat Naka is ‘n week terug geskiet en gewond – nog so ver is elke dag terugvoering gegee van sy herstel en terug slag ek voel vir die gesin – daar is onderhoude met sy familie op radio gehou MM en koerante is dit hoof nuus dan word daagliks soveel mense aangeval en nooit hoor ons weer ‘n woord daarvan is hul minder belangrik in die lewe? VANDAG weer moorde in Alldays en Bonnievale sien nie eens die mense se name daarby nie – kan iemand dalk antwoord ??

Andries ·

Ek glo dat Naka sal herstel. Dit mag tyd neem. ‘n Koeël rig groot skade aan.

Christo Volschenk ·

Is dit toevallig dat bekende name in die wit gemeenskap so dikwels teikens van geweld is? Ek twyfel. Mense, mense, dit moet duidelik word dat daar nooit vreedsame samesyn tussen die twee groepe sal wees nie en (belangrik) dat die swartes die wittes uit hul “Lebensraum” weg wil he. Ek herhaal: hulle wil ons weg he….en hier kom die woord…hulle wil apart woon. So, gee hulle wat hulle wil he en trek suid….na die gebied waarvandaan jul voorouers in 1838 getrek het om van die Engelse weg te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.