Naka Drotské, die oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is glo weer in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem.
Drotské sou na verwagting dié week saam met sy familie ʼn rustige vakansie in Jeffreysbaai gaan hou het nadat hy verlede week ontslaan is, maar het blykbaar ʼn terugslag gehad voordat dié planne kon realiseer.
Steven Drotske, Naka se neef, het Woensdagmiddag op sy Facebook-blad gevra dat mense vir Naka bid. “Hy veg vir sy lewe in ʼn kritieke kondisie in ICU. Ek is seker ons Hemelse Vader het nog baie planne vir hom en sy toekoms, [sic]” het Steven geskryf.
Marzanne, Naka se vrou, kon nie Woensdagmiddag onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Maroela Media het vroeër berig Naka het op 29 November by sy broer, Tinus Drotské, op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria gekuier toe gewapende rowers op die huis toegeslaan het. Naka is in sy regterarm, regterbors en in sy maag geskiet.
Marzanne het Maandag aan Maroela Media gesê die koeël is uit Naka se bors verwyder en dokters het besluit om die koeël in sy buik te los. Sy het gesê sy bloeddruk en suikertelling is laag en hy het nog baie seer, maar dat dit onder omstandighede met hom goed gaan.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Here raak hom aan, U is ons Groot Geneser. Baie sterkte aan Naka en sy gesin
As n oud bloemfonteiner is ek n groot Naka fan…..VASBYT NAKA ou maat…..ek weet God is by jou en jou familie.
Here sal u hom behoed, bewaar en genees om Jesus naam Amen
Amen!
Baie sterkte en ons glo die Here van wonders sal onderneem.
Nee! Naka ons dra jou op aan ons Hemelse Here ! So onnodig ! ☹️
Sjoe! Dis vir my skokkend. Baie sterkte aan hom en sy familie en vriende.
Naka, ek bid dat jy spoedig herstel, sterkte aan jou familie.
En die MRK hou hulself besig met beuselagtighede soos die ‘Willemse-voorval’…
Sterkte aan Naka en gesin. Mag die Vader jou genees.
Alle sterkte Naka.
Sterkte aan Naka se familie God is groot ek glo en vertrou as God my swaer kon deur dra na 7 skote deur sy liggaam sal hy Naka ook genees ons hou aan bid
Skokkende nuus!Sterkte Naka, familie,vriende en ons ondersteuners.
Vader U woord se voorspoed word aan ons toegewens nie teespoed rampe of terugslae nie Vader ek kom in die Naam van Jesus raak Naka aan genees hom in Jesus naam U het het blindes laat sien,verlamdes weer laat loop siekes genees,dooies opgewek Vader U is nog in beheer laat U naam Geheilig word in Jesus naam Amen en Amen
Amen
My HEMELSE VADER ASB wees met Naka
Asb my GROTE GOD maak hom weer sterk
AMEN AMEN
Ons bid vir julle as gesin. Naka, grootste terugveg poging ooit maar ons Groot Geneesheer is met jou!
Vader Yahweh ons weet U is in beheer. Laat u wil geskied.
Hoekom hom uit hospitaal gelaat na soveel drama.
??
In ons gebede. Sterkte.
Ag nee! Ons bid saam vir volkome herstel en genesing in Jesus se Naam!???????? Sterkte en liefde aan Marizaan en familie!!
Naka, daar is BAIE mense wat vir jou bid en jou & familie ondersteun; Sterkte, seën, vrede en liefde vir julle!!
Ons bid vir jou en glo die Here is met jou en jou gesin en familie. En dat als goed sal gaan met jou.
Sterkte Naka en Familie Die Here is met julle en jy en familie in ons gebede
Die Here sal hom genees. Hy is ñ held om sy lewe op die spel te plaas vir sy geliefdes.
Die onaanvaarbare hoë misdaadsyfers laat mense se traumaties en goeie mediese sorg is duur.
Dis jammer ons kan nie die regering verantwoordbaar hou vd wetteloosheid nie.