‘Nalatige’ vuurwapeneienaar aangekla ná moord

Argieffoto

ʼn Man, in sy 50’s, is in Mecklenburg buite Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van die nalatige verlies van ʼn vuurwapen, ná die wapen in ʼn moord en poging tot moord gebruik is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 39-jarige man en sy 29-jarige vriend was Saterdagaand by ʼn plaaslike drankwinkel in Phashaskraal toe ʼn 26-jarige man opgedaag het. Sonder om enigiets te sê het hy herhaaldelik op albei begin skiet. Die ouer man is op die toneel dood en die 29-jarige man is ernstig beseer. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die 26-jarige verdagte is later dood aangetref op dieselfde perseel waar die voorval plaasgevind het. Hy het ʼn skietwond in sy kop gehad en die vuurwapen het langs sy liggaam gelê,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê die polisie is ontbied en het vinnig reageer. Die voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die vuurwapen wat in die skietery gebruik is, aan die pa van die 26-jarige man behoort. Die pa is gevolglik in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die landdroshof verskyn op aanklag van nalatigheid.

Die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Ngoepe het lede van die gemeenskap, veral eienaars van vuurwapens, gewaarsku om hul vuurwapens te alle tye veilig te hou kragtens die Vuurwapenwet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Felix ·

Ek lees vandag ‘n positiewe berig elders …. ‘n op-en-wakker vuureienaar red mense van die dood.

Donderstorm ·

So 26 oud genoeg omte weet wat hy doen en hy weet seker waar sy pa sy sleutel hou n kluis is daar om jou wapen te berre so as iemand sonder jou mede wete skelm jou vuurwapen uit jou kluis vat se maar as jy werk hoe kan hul jou beskuldig en aankla? Jy kan nie elke sekond van die dag weet wat aangan nie.

Cherokee ·

Almal in ‘n vuurwapen-eienaar se huis moet toegang tot die kluis hê. Die vuurwapen is nie slegs vir die eienaar daarvan se veiligheid nie.

$ ·

Die polisie wou die skelm vang maar toe hulle daar kom is hy dood. Toe gaan vang hulle maar sy pa sodat hulle darem kan sê hulle het iemand gevang voor die skof verby is.

willem Botha ·

As n mens in n land bly waar die polisie en wetstoepassers onaktief is is n vuurwapen n noodsaaklike middel om jou en jou gesin te beskerm .

IK ·

Kan iemand my sê waar die R4 en R5 vandaan kom wat in rooftogte gebruik word??

marous ·

Gaan doen ondersoek hoeveel polisie lede het kluise by hul wonings .

George in Bloem ·

En hoeveel van die mense in die SAP en Weermag wat verantwoordelik is vir die veilige bewaring van die twee instansies se wapens is al van nalatigheid aangekla en gevonnis? En daar het al duisende wapens “weggeraak”? Ek het nog nie gelees of gehoor van een enkele ou nie. Weereens dubbel standaarde.Pleks hulle ook voor hulle eie voordeur vee met dieselfde ywer as in die geval?

AW ·

Ek is bewus daarvan en weet daarvan …….
Ook dat van die SAPS lede onbevoeg verklaar word om n vuurwapen te besit…..

Ben ·

Nalatigheid – dubbel betekenis – as dit by vuurwapens kon dan is die eienaar nalatig maar as by growwe nalatigheid kom soos bv ESKOM wat vir jare nie onderhoud op hulle generators gedoen het nie dan – nou ja – dan is nalatigheid niks nie – niemand is aangekla daarvoor nie. Regstelsel – jy kort verfyning. Wat van die SAP se R5’s wat die wêreld word gebruik word in roof togte? Mmm?

Paul ·

Van die Weermag af. Daar is hordes R4 en R5 aanvals gewere soek na Die ANC kanker oor gevat het.

H Myers ·

Tiepies, duisende onwettige vuurwapens in elke krimineel se hande daagliks…..maar di krimineel se pa word arresteer. Hoe pateties is ons regsstelsel.

Anoniem ·

Die wet op vuurwapens is baie duidelik, wanneer dit nie aan jou persoon gedra word nie, moet dit veilig in ‘n kluis toegesluit wees met die sleutel van die kluis in jou besit. Om dit verder te beveilig, sluit liewers jaggewere se slotaksies en ammunisie in ‘n aparte kluis toe en dra ook daardie sleutel op jou persoon. Slegs die lisensiehouer is gemagtig om toegang daartoe te mag hê. Daardeur elimineer jy enige onreëlmatige toegang tot jou vuurwapens.

Hendrik ·

Baie dankie vir hierdie kommentaar. Die feit dat ander soos die SAPS nie verantwoordelik is met hul vuurwapensnie, gaan ons nie in die hof beskerm nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.