Name bekend van 2 wat in heli-ongeluk sterf

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo het die name bekendgemaak van die twee mans wat dood is nadat ʼn helikopter Vrydagmiddag op ʼn wildsplaas buite Bela-Bela in Limpopo neergestort het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans wat in die ongeluk omgekom het, is Herman Wenhold (37) en Jacques Oelofsen (31).

Volgens Mojapelo was die twee mans van Rustenburg na die Zebula-gholflandgoed op pad toe die ongeluk gebeur het. Die helikopter het op die Lumarie-wildsplaas neergestort.

Paramedici en die polisie is onmiddellik na die toneel ontbied, maar die mans is op die toneel dood verklaar. “Forensiese kenners en lugvaartondersoekers is ook in kennis gestel en was ook op die toneel,” het Mojapelo gesê.

Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Kalahari ·

Ai dit is tragies en hartseer om 02 sulke jong mense (manne) te verloor.
Aan hierdie jongelinge se families, vriende en kollegas wens ons alle simpatie en medelye. Sterkte deur jul tyd van rou en bid jul God’s seeninge toe vir die toekoms.

Rina Pretorius ·

My innige simpatie Karien en kinders so ook aan kobus en Ansie Moolman en die Wenholdt familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.