Name bekend van drie boeties wat dood brand

Argieffoto

Argieffoto

Die name van drie boeties wat Sondag in ʼn brand in ‘n eenslaapkamerwoonstel in Meyerton in Gauteng dood is, is bekend gemaak.

Maroela Media het Sondag berig Hansie (50) en Janet (32) Nortje is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en drie kinders, Gedeon (7), Hennie (4) en Mias (2), het in die brand omgekom. Lees meer hier.

Die brand het glo omstreeks 04:00 in die kombuis uitgebreek, naby die enigste deur na buite.

Die Hero Burn Foundation, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulle daarop toespits om brandslagoffers en hul gesinne by te staan, het Maandag op hul Facebook-blad versoek dat die ouers in die gemeenskap se gebede opgedra word. Die ouers kon daarin slaag om uit die vlammehel te ontsnap.

“Die ouers het hoofsaaklik eerste- en tweedegraadse brandwonde aan hul arms en lywe opgedoen,” het Marietjie van die Hero Burn Foundation Maandag gesê. Sy het gesê die ouers word steeds in die hospitaal behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Dit moet verskriklik wees.vir die Ouers, om al 3 kindertjies te verloor.Hoe seer moet dit wees ?.So erg,kry hulle so jammer,mag ons Liewe Heer hulle dra in hierdie bedroefte tyd,en swaarkry.Sterkte.

sylvia ·

dis vreeslik om te hoor hoe 3 kindertjies dood gebrand het ma wat ek nie kan verstani is hoe kom die ouers da uit en nie die kinders nie hkm het die ouers nie die kinders probeer red nie as ek in hul skoene was het ek liewers my kinders probeer red en nie myself nie ma my gebede is met die familie

Dinknet ·

N ander dagblad se berig gee meer duidelikheid….. Die ouers het wel probeer. Die kinders was in die slaapkamer vasgekeer en die pa het die smal venstertjie van buite uitgeslaan,maar vanweë n liggaamlike gebrek het hy nie die krag gehad om die kinders deur die venster te kon tel nie. Baie hartseer!!

Chanell ·

Die kinders het nie verkool nie, hulle is dood agv al die rook wat hulle in geasem het.Ek sal weet wat ons was eerste daar!

Thea ·

Ek ken die mense persoonlik, en het eerstehands by die pappa uitgevind wat aangegaan het. Die seuns is nie verkool nie, hulle het versmoor. En om te vra hoekom die ouers nie eerste die kinders gehelp het nie, gaan nie die kinders terug bring nie. Die woonstelletjie waarin hulle gebly het was ‘n garage en bediende kamer wat omskep was in ‘n woonstel. Die kombuis was alreeds in vlamme toe die pappa daar by die deur uit is, hy het wel die kamer venster (die hoogte van ‘n garage venster) uitgegooi, maar hy was te kort om weer terug te klim, en so ook Janet. Mias was my peetkind en was 1 jr 9mnde oud. Hy en Hennie het geslaap, maar Gideon het wakker geword. Dit is baie hartseer, so gebed vir die ouers wat met die verwyt moet saamleef is al wat nou hierdie egpaar sal help. If you haven’t walked a mile in their shoes, do not judge them!

Ai Ai ·

Shoe, dink dit moet baie erg wees vir die ouers, daar is nie woorde nie, hoe kom jy oor jou kinders se dood, en dit nogals 3, my hart gaan uit, vir almal wat hierdeur geraak word, glo nie die seer kan ooit weg gaan nie, liewe Jesus omvou hierdie ouers met U liefde, en vertroos hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.