Name bekend van drie wat tydens skoolkamp sterf

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Die name en begrafnisbesonderhede is bekend gemaak van die drie skoolseuns van Rustenburg Hoër Tegniese Skool wat oor die naweek tydens ʼn skoolkamp buite dié Noordwes-dorp dood is.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsie se departement van onderwys, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die leerlinge wat dood is, is Rebaone Rabolefa Ntsi (15) in graad 9, Letlhogonolo Ramushu (16) in graad 8 en Neo Nkawane (17) in graad 10.

Malindi het gesê die leerlinge was op ʼn jaarlikse Landsdienskamp wat die skool onderneem om leerlinge bewus te maak van verskeie omgewingskwessies waaroor hulle in die klas leer. Die leerlinge was nie aan ʼn spesifieke Landsdiens-tak verbonde nie.

Maroela Media het vroeër berig die leerlinge het op ʼn kano op ʼn dam by die Bergheim-vakansieoord gevaar, toe dit vermoedelik omgeslaan en hulle verdrink het. Die departement en die polisie het ʼn ondersoek na die omstandighede rondom die voorval van stapel gestuur.

Al drie leerlinge word Saterdag te ruste gelê.

Letlhogonolo se gedenkdiens vind om 07:45 in die Anglikaanse kerk in Tlhabane plaas.

Neo se gedenkdiens vind om 07:00 in die Lutheraans-Evangeliese kerk in Rustenburg plaas.

Rebaone se gedenkdiens sal om 07:00 in Mmukubyane plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

charmaine ·

Meeste van die kinders kan nie swem nie,so hulle het seker nie veiligheidsbaadjies aangehad nie. En so sal die belasting betaler die ouers moet vergoed vir die onderwysers se nalatigheid.

Annie ·

Al wat ek kan sê op jou kommentaar is skaam jou…geen teken van simpatie/empatie nie…die artikel gaan nie oor die belastingbetaler nie…wel oor jong kinders wat tragies gesterf het ONGEAG van ander faktore…wanneer gaan ons blankes besef…hierdie kinders het NIE dieselfde voordeel as ons kinders nie…hulle omstandighede waarin hulle groot gemaak word is NIE dieselfde as ons kinders s`n nie…en na alles…hulle is NET kinders wat ook graag avontuur wil beleef en nie bang is om mee te doen daaraan nie…dis werklik tragies dat hulle op die manier moes sterf

Johan Grobbelaar ·

Annie hou jou broek vas!! Charmaine blameer nie die kinders maar wel die onderwysers wat nie gehoor gegee het aan basiese health and safety nie. Jy veroordeel haar deur jou die vooroordele. Incompetence has no colour

Elbri ·

Hoekom leer die skool nie eerder die kinders om te swem, voordat hulle toegelaat word om te roei. Dis pure nalatigheid en die res van die ouers moet dit nie duld nie.

Josua Keys ·

Jammer om van die geval te hoor, maar my vraag is, waarom gaan kinders op ‘n dam, rivier ens as hulle nie kan swem nie? Dit is eerstens die toesighouer/s se plig om seker te maak alvorens kinders op ‘n boot , kano ens klim of hulle wel kan swem. kinders kan ook onmoontlik wees, jok en stoute dinge agteraf doen sonder om verder te dink. Voordat jy as toesighouer kinders toelaat om enige diep water te betree moet daar seker gemaak word of die kinders wel kan swem, vra hulle om dit te bewys deur hulle n entjie te laat swem of water te trap sonder om te sink maak dan seker alle veiligheids baaitjies(SABS getoets) is in plek en word ten alle tye gedra voordat hulle op die boot of kano klim, maak seker dat daar ten alle tye n goeie swemmer sigbaar is voordat die water betree word om die kinders te vergesel, ek hoop net dat die toesighouers wel kan swem anders moes die kinders in die eerste plek nie die kamp bygewoon het nie. Sterkte aan die Familie

Ellen ·

Ek was n kind. Ek het skool kampe bygewoon. Graad 10 seuns doen kattekwaad en dink dis VET PRET. Ons het dit ook gedoen. Gewag dat die onnies slaap. Geen skool of onnies kan die skuld dra. Hulle moes gedink het. Dit is nie my bedoelimg om enige iemand seer te maak. R.I.P YOUNG ONES. Aan die ouers ons is saam hartseer.

Hannelie ·

Ek glo nie hul sou verdrink het as hulle reddingsbaadjies aangehad het nie. Ek dink ook nie die kinders kan of wil dink nie, hulle doen net. En dit het slegte nagevolge gehad. Ek was self ‘n kind gewees en mens doen soms goed waaroor jy nie wil dink nie. Sterkte aan die drie gesinne wat hul kinders verloor het.

jaco ·

die onderwysers wat moes toesig hou was seker op ‘n teabrake to which they are entitled. dis mos wat hulle by die vakbonde leer

Annie ·

Mag die ouers krag van Bo kry om hulle verlies te verwerk…Rus in vrede…altyd hartseer om so iets te lees

SkarrelKind ·

Annie – ek hou van jou kommentaar – nie net na aan leiding van die artikel nie, maar oor die algemeen. Jy het ‘n hart wat op die regte plek sit. Mense soos jy maak my nie skaam om ‘n Afrikaner te wees nie.

Sterkte aan die mense wat se harte seer is na die groot verlies. RIV jong mans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.