Name bekend van onderwysers wat verongeluk

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. (Foto: Mia Slabbert)

Twee van die drie onderwysers van Riverlea High School in Johannesburg wat in ʼn motorongeluk omgekom het, het vir matrikulante klas gegee.

Luidens ʼn verklaring deur die Gautengse departement van onderwys het die skool Maandag onraad vermoed toe die drie onderwysers, Thulani Sibiya (33), Nompumelelo Madlala (27) en Ntshosho Zwane (26), nie vir skool opgedaag het nie.  Die drie het na wat verneem word vroeg Sondagoggend in ʼn kop-teen-kop-motorbotsing gesterf.

“Toe die onderwysers nie Maandag opdaag vir skool nie, het die hoof hulle probeer bel, maar daar was geen antwoord nie.  Toe hulle Dinsdag wéér nie opdaag nie, het die hoof die onderwysers gaan soek waar hulle in Orange Farm woon,” lui die verklaring.

Die buurman van een van die onderwysers het aan die hoof gesê die onderwyser is Vrydag laas gesien.  Hy kon toe vasstel dat die drie laaste by ʼn kroeg gesien was, waar hulle ʼn sokkerwedstryd gekyk het.  Die hoof het ondertussen verneem van ʼn motorongeluk waarin drie mense dood is.  Dit is later bevestig dat dit die drie vermiste onderwysers van die skool is wat in die ongeluk dood is.

Die LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, het die skool besoek en sy medelye met die skool se personeel en leerders betoon.  Berading is ook aan onderwysers beskikbaar gestel en tydelike onderwysers is aan die skool verskaf, sodat leerders nie agter raak met werk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Redaksie – daars nie so iets soos n “kop-aan-kop” botsing nie. Perde hardloop kop-aan-kop.
n Botsing van voor is n kop-teen-kop botsing.

Loeloe ·

Dan eerder bonnet teen bonnet. Of wat in n bonnet nou in afrikaans. ? (Grappie) kop aan kop rol dan so lekker op die tong

netMYopinie ·

‘die drie laaste by ʼn kroeg gesien was’
‘vroeg Sondagoggend in ʼn kop-aan-kop-motorbotsing gesterf’
???? hmmm …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.