Name bekend van skolier, motoris wat in gru-botsing sterf

Nico Grobler. Foto: Via Universitas Primêr op Facebook.

Nico Grobler. Foto: Via Universitas Primêr op Facebook.

Die name is bekend gemaak van die skoolseun en ʼn volwasse man wat Dinsdagmiddag in ʼn gru-botsing naby Jacobsdal in die Vrystaat gesterf het.

Konst. Peter Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die oorledenes is uitgeken as Nico Grobler (16), ʼn leerling aan Hoërskool Landboudal in Jacobsdal, en Thabo Mokhele (45), ʼn motoris.

Nico was in een van twee 22-sitplek skoolbusse van Landboudal wat van die dorp onder weg was na Kimberley waar hulle aan ʼn weeklikse toutrekkompetisie sou deelneem. Mokhele was die bestuurder van ʼn BMW wat in die noodlottige botsing betrokke was.

Maroela Media het Dinsdag berig die botsing tussen ʼn skoolbus, ʼn motor [Mokhele se BMW] en ʼn sportnutsvoertuig het omstreeks 13:30 op die R705 sowat 10 km buite Jacobsdal plaasgevind.

Foto: ER24

Foto: ER24

Volgens ʼn betroubare bron wou die BMW na bewering die nutsvoertuig en nog ʼn motor verbysteek, maar het beheer verloor en die skoolbus regs voor getref. Kareli kon dit egter nie bevestig nie en het gesê dit vorm deel van die polisie se ondersoek na ʼn saak van strafbare manslag. “Die hof sal die bewyse nagaan en bepaal wie die skuldige party is,” het hy gesê.

Die impak het veroorsaak dat die bus gelig en gerol het. Die BMW het in twee geskeur. Nico en Mokhele is op die toneel dood. Die bestuurder van die nutsvoertuig en talle ander leerlinge het matige beserings opgedoen en is deur paramedici van ER24 na ʼn hospitaal geneem.

Henco Gericke, Landboudal se skoolhoof, het Woensdag aan Maroela Media gesê die beseerde leerlinge is vir geringe beserings behandel, maar het niemand hospitalisering nodig gehad nie.

“Dit is vir die skool ʼn groot skok om vir Nico te verloor. Nico sal onthou word as ʼn leerling wat voluit geleef het op Landboudal. Hy was kaptein van die skietspan en een van die beste toutrekkers in die skool. Nico was baie geliefd onder sy maats en sal gemis word by die skool en koshuis. Hy was een van ons groot gesin. Mag daar vrede in almal se harte wees,” het Gericke gesê.

Die skool het beraders gereël wat die leerlinge bystaan. Die skool hou Vrydag om 13:00 ʼn gedenkdiens vir Nico in die skoolsaal.

Gericke het namens die skool, personeel en leerders van Landboudal sy innige meegevoel betuig teenoor Nico se ouers, André en Rhoda, en sy jonger broer, Ruan.

“Ons vertrou dat sy gesin, familie en vriende in dié moeilike tyd vertroosting sal vind by ons hemelse Vader,” het Gericke gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

DPJ ·

Aan die Grobler gesin mag God julle met Sy ryke seën bedou en vertroos in julle rou tyd.
Die gereg sal sy loop neem.
Moet asseblief nie ‘n wrok koester nie, dit maak mens siek om gratis huisvesting aan iemand in jou KOP te Gee.

TTh ·

Die owerhede kan gerus daardie stuk pad se skouers verbreed en die lastige plakkerkampe langs die pad ordentelik afsper, dit is ‘n baie gevaarlike pad met blinde draaie en bulte… waarskuwingstekens kan nooit te veel wees nie.

Johan Lambrechts ·

Was net Er24 se voertuie op die toneel gewees was daar nie provinsiale Ambulanse ook nie.

Gesiggie ·

Ag dat so n jong lewe geneem moet word, dit is so tragies… dit laat n leemte in die Hart van almal wat hom so lief gehad het.. Sterkte aan sy ouers, vriende en Familie, mag God jul vertroos en bystaan in die moeilikke tyd. Mag die ondersoek gou uitgesort word.

Johann ·

Baie sterkte aan die Groblers. Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd. Waarskynlik was hoë spoed en roekelose bestuur die oorsaak van die ongeluk. Wanneer gaan ons leer om ander se lewens te respekteer?

Ronnie ·

Ek is so jammer om dit te hoor. My hart gaan uit na die ouers, medeleerlinge en personeel.

anje van spanje ·

Dis verskriklik!!!!! Gister jaag n “persoon”in n BMW verby my oor n stopstraat in dorpsgebied. Ek se altyd: dis net te veel krag in roekelose en onbekwame hande! BMW se bestuurder MOET mos overtake!! Ek is woedend! Jammer aan sy geliefdes wat agterbly.

Anna-marié Van Staden* ·

Daar is ‘ n sper streep, ‘ n solide wit streep! !! Een mens wat ongeduldig was en so baie hartseer veroorsaak het!! Sterkte !!

Pinkie ·

Pers is n gevaarlike kleur jy gaan in die moeilikheid kom, kies na die ligte kant !

Hein ·

Ek gee nie meer om watter kleur. Die blikskottels wat so oor die sperstrepe ry moet gestop word. Hier is nog ‘n jong lewe tot niet.

Wouter ·

Sy naam is Thabo Mokhele. Hy het my dogter se vriend weggevat. En sy kleiner boetie was ook in dieselfde bus. Hy moes dit aanskou. Mag seker nie vloek nie maar dammit is naby genoeg. Brand sal hy brand.

Ansie ·

Aan die gesinne wat geliefdes verloor het!!!!!!
Ons gebede met julle!!!!
Geduld is nou nie my sterkpunt nie,maar kan mens nie iets doen aan die mense wat 80 km per uur ry op n pad wat 120 km per gemerk is nie. As gevolg van stadige spoed raak mens opgewonde(vra my) as jy op pad is, hoe stadiger jy ry hoe langer die pad,en hoe minder konsentreer jy. ry ten minste 120 nie 80 of 60 ni

Poena ·

Daai pad is smal en dus tussen plaas/plot bewoonde mense met bulte en draaie!!! As jy ongeduldig op pad raak, HOORT jy nie eers in n voertuig te klim nie!!! As jy betyds iewers wil wees, ry 10 tot 20min vroeer van jou vertrekpunt af!!! Hou net by padreels!!! Moenie op bulte en draaie probeer verbysteek nie!!! Dis “logika”!!!! Flip man!!!

Sus ·

‘n Sperstreep is daar om te sê dis verbode om ‘n ander voertuig verby te gaan, al ry die voorste voertuig 10km/uur!! Ongeduld het hier verreikende gevolge gehad. Ongeduld is géén regverdiging nie, dis swak gedrag!

REGVERDIG ·

Dit gaan n ongewonne taak wees om dit in hulle koppe in te kry. Hulle verstaan nie daardie saak nie want die lisensie word mos gekoop.
Hulle dink as jy n lisensie het kan jy bestuur…… verassing vir hulle. N lisensie beteken jy mag bestuur, gladnie : jy KAN bestuur nie…..

spiced gold ·

Ek stem 100% saam met Sus
My innige simpatie aan al hul familie

Eugene ·

Opregte medelye aan die ouers, vriende en familie!

So uiters onnodig dat onskuldige- en jong mense moet sterf as gevolg van ander se nalatigheid en uiterste selfsugtigheid. Wat sou dit nou geverg het van die BMW bestuurder om dalk net 30 sekondes later VEILIG te kon verbysteek, mits daar natuurlik nie ‘n soliede wit sperstreep was nie…

Jammer, daar is net GEEN verskoning nie.
Strafbare manslag? Nee wat…dit is moord [dalk nou nie in regstegniese definisie van “moord” per se nie], maar steeds.

anna ·

my opregte simpatie aan hierdie pragtige seun se ma, pa en boetie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.