Name bekend van slagoffers in Bloem-ongeluk

Die ongelukstoneel buite Bloemfontein Foto: ER24

Die ongelukstoneel buite Bloemfontein Foto: ER24

Die polisie in die Vrystaat het Sondagaand die name van die slagoffers bekend gemaak wat in ʼn gru-ongeluk op die N1-snelweg naby Bloemfontein gesterf het.

Daar is aanvanklik berig dat sewe mense gesterf het toe ʼn vragmotor en ʼn Toyota Fortuner mekaar reg van voor getref het. Lt.kol. Thandi Mbambo, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê egter een van die slagoffers het nie in die hospitaal gesterf nie en ontvang tans behandeling.

Die oorledenes is as Bernice van Staden (29), Shaimoniqe van Staden (21), Lavadrie van Staden (9) Eugenic van Staden (2), Shirley-ann Maai (11) en Qvidilia Maai (3) uitgeken.  Lavadrie het Sondag haar verjaarsdag gevier.

Eugene van Staden (31), Enric van Staden (10) en Jodel Casaven (20) is beseer en word in die hospitaal behandel.

Maroela Media het Sondag berig die Fortuner is uit mekaar geskeur en die vragmotor het op die N1 in die rigting van Kaapstad omgeslaan. Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, het in ʼn verklaring gesê dit wil voorkom of van die insittendes uit die voertuig geslinger is. Die ongeluk het Sondagoggend omstreeks 11:00 sowat 46 km buite Bloemfontein plaasgevind. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Lees meer hier.

Mbambo het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Mag die naasbestaandes deur hierdie hartseer, bittere hartseer tyd gedra en vertroos word deur ons Hemelse Vader.

Kobus ·

Huisgesinne is uitmekaar geruk. Dit is so tragies. Geen woord wat gespreek word kan die hartseer enigsins beter maak nie. Alle sterkte aan die familie.
Weerhou ons tog om nie ‘n wens uit te spreek oor mense om in grusame ongelukke te verongeluk nie.

Theresa ·

Soveel hartseer………..Mens kan jou nie indink nie. Hoop die naasbestaandes kry hulle krag van Bo in hierdie tyd! Sterkte vir almal!
(Ai die ou paaie van ons).

sylvia ·

my hart bloei vir die familie dit is so hartseer en tragies. sterkte vir die familie en vriende.wat deur hierdie moelike proses moet duer gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.