Name bekend van vermoorde Bryanston-egpaar

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het Saterdag gesê hulle is steeds op soek na die moordenaars van ʼn egpaar van Bryanston.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en dat die ondersoek voortgaan.

Die 29-jarige man en sy 28-jarige vrou se liggame is vroeg Vrydagoggend deur ʼn familielid gevind. Die familielid bly in ʼn kothuis op die erf. Die liggame is in ʼn slaapkamer gevind.

SAfm het die oorledenes geidentifiseer as Wamukelwe Zuma-Memela en sy vrou Wendy Campbell. Hulle is glo verwurg. Zuma-Memela is die seun van Sandile Memela, die direkteur van kommunikasie en bemarking by die departement van kuns en kultuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Dis wat gebeur in ‘n land waar geen oorlog heers nie, ook nie leiers heers nie.
Die Anc is verantwoordelik vir ons moorde.
En die pyn gaan nog diep sny in hul harte

Cheryl ·

Waarom, waarom, waarom? Hierdie mense het’n pragtige Events Company gehad. Wat gaan aan in mense se koppe om net te moor -Wat is die rede vir ‘n sinnelose mood? Asseblief hoekom?

scalla ·

Moes hul nie eerder tussen hul agtergeblewende comrades gewoon het nie, die tokolosi werk so nou en dan !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.