Name van SA’ners bekend wat in Afghanistan sterf

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Werner Groenewald, sy vrou Hannelie en kinders Jean-Pierre en Rhodé Foto: muslims4jesus.wordpress.com

Werner Groenewald (46), sy seun Jean-Pierre (17) en dogter Rhodé (15) is Saterdag bekend gemaak as die slagoffers van ʼn skietery in Kaboel in Afghanistan.

Maroela Media het vroeër berig lede van die Taliban het op die gastehuis toegeslaan.

Die aanval is een van talle aanvalle in die stad en genl. Zahir Zahir, hoof van die polisie in Kaboel, het Sondag sy bedanking aangekondig.

Drie militante het Saterdagmiddag die gebou bestorm waar Groenewald en sy twee kinders van die hulpgroep Partnership in Academics and Development (PAD) in die kantoor doenig was. Die polisie van Afghanistan en soldate het ná twee en ʼn half uur beheer kon neem van die situasie.

PAD het die afsterwe van sy personeellede op sy webwerf bevestig. “Dit is met groot hartseer dat ons berig moet doen oor die afsterwe en beserings van verskeie van ons personeellede tydens ʼn aanval gister by die kantoor van die Partnership in Academics and Development in Kaboel.” Volgens PAD het een aanvaller ʼn ploftoestel laat afgaan en drie persone is dood en ander personeellede is beseer.

Zahir het gesê die aanvallers het direkteur van die hulpgroep eerste doodgeskiet.

Muslims4Jesus het bevestig Hannelie, Groenewald se vrou en Jean-Pierre en Rhodé se ma, was nie tydens die aanval tuis nie.

Die Taliban het gesê hul teiken was “ʼn geheime sentrum vir Christen-sendelinge, wat ook as ʼn intelligensiesentrum gedien het”. PAD het gesê sy werk fokus daarop om opvoedingshulpbronne in die land te verskaf.

Daar was die afgelope 18 dae reeds 11 aanvalle in Kaboel wat tot Zahir se besluit aanleiding gegee het. “Die generaal het aan die minister van binnelandse sake gesê hy wil nie met sy werk voortgaan nie,” het Hashmat Stanekzai, woordvoerder vir die Kaboel-polisie, gesê. “Die minister het sy bedanking aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mike ·

Wat maak die man met sy famielie in Afghanistan? Ek is ook n kontrakteur en jy vat jou famielie nooit na sulke plekke nie…dis jou plig om jou famielie veilig te hou en buite gevaar zones

Sanet ·

Eers as God jou geroep het tot ‘n spesifieke diens op ‘n spesifieke plek sal jy regtig verstaan.
Daar is duisende sendelinge van ander lande af in SA. Die hartseerste is dat omroepers op die radio uitbasuin “don’t go there, even if you have a calling, don’t go”. Propageer hulle enige iets anders as om ongehoorsaam te wees aan God? Hoe lank voor ons hier afgemaai word vir ons geloof…?

charmaine ·

Is daar nie genoeg opheffings werk in ons eie land om te doen nie?
En die kinders moet nog op skool wees wat soek hulle daar?

Sanet ·

Ja, daar is baie werk in SA. Elke SA-ner moet sy deeltjie doen – veral as jy nie “geroep” word om dit in ‘n ander land te doen nie. Ons moet versigtig wees om te oordeel… Hierdie man en sy gesin het ‘n lang en diep pad met God gestap. Hy het geluister na wat God aan hom gesê het en dit was bevestig deur sy vrou se roeping en hulle kinders was gelukkig. Dis hartseer, maar soos hy sê You can die only once, you might as well do it for Jesus. Hoeveel van ons kan dit sê vanuit die gerief van ons sitkamers.

HJ ·

Die sendingopdrag is maar ‘n hartsaak waaraan jy gehoorsaam moet wees. Gehoorsaam aan Hom wat jou stuur en nie soseer gehoorsaam aan diegene wat agterbly nie. As sendeling kan ek amper verstaan waarom die Groenewalds gegaan het. Hierdie rede sal opgesluit wees in hul liefde vir en hul gehoorsaamheid aan die Skepper van Hemelgoed en Stofaarde.

PATRICIA KRIEL ·

Ek is regtig hartseer om te hoor van hierdie familie wat vermoor is! Baie sterkte aan die moeder Hannelie vir wie daar ‘n lang hartseer pad voorle!

Hetti de Beer ·

ek dink dis vreeslik wat met die Groenewalds gebeur het! na 12 jaar, mag die Here Mev
Groenewald krag en ondersteuning, en mag sy veilig na Suid Afrika terug keer. Dankie
dan ons nog vrylik ons Vader mag aanbid. Dankie Here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.