Name vir SAUK-raad vandag bekendgemaak

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die lys van 12 kandidate wat as nie-uitvoerende direkteure van die SAUK-raad sal dien, sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word.

Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie sal nog vandag beraadslag voordat hy die name aan die nasionale vergadering sal voorlê.

Die name is saamgestel nadat die komitee onderhoude met 35 kandidate vir die posisies gevoer het, insluitend die tydelike raad wat saamgestel is ná afloop van die parlementêre ondersoek na die openbare uitsaaier. Die ondersoek het onder meer grootskaalse plundering, nienakoming van wette, intimidasie van joernaliste en politieke inmenging by die SAUK aan die lig gebring.

Die LP’s het tydens die onderhoude die kandidate behoorlik ondervra oor hul begrip van uitsaai- en verwante wetgewing, planne om die finansiële krisis by die SAUK om te keer en of hulle sal kan nee sê aan mense wat politieke invloed op die openbare uitsaaier probeer afdwing.

Die tydelike raad, wat uit vyf lede bestaan, se termyn van ses maande kom later vandeesmaand tot ʼn einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Ek wonder of dit nou impliseer dat aanstellings gedoen gaan word volgens kundigheid in teenstelling met konneksies soos die vorige raad.

alida ·

Mens wonder of die ouens wat die aanbevelings maak en die onderhoude voer self die nodige kundigheid het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.