Namibië deporteer tientalle buitelanders na SA

Argieffoto/Jaz O’Hara/Facebook

Namibië sal vandeesweek 53 buitelandse burgers na Suid-Afrika deporteer nadat hulle onlangs ná die buurland gevlug het.

Dié burgers vorm deel van die meer as 600 vlugtelinge en asielsoekers wat in Oktober kamp opgeslaan het by die VN se hoëkommissariaat vir vlugtelinge in Kaapstad en Pretoria uit protes teen die onlangse xenofobiese aanvalle in die land. Hulle is later op grond van ʼn hofbevel verwyder.

David Indongo, ʼn polisiekommissaris in die suidelike gebied van Kharas in Namibië, het Maandag gesê die 53 buitelandse burgers het toe kamp opgeslaan by die vlugtelingkamp in Osire, noord van Windhoek. Hulle is Saterdagoggend deur immigrasiebeamptes na die nedersetting Noordoewer teen die suidelike grens met Suid-Afrika vervoer ter voorbereiding van hul deportasie na Suid-Afrika vandeesweek.

Die vlugtelinge, wat 14 mans, 13 vroue en 26 kinders insluit, word tans in die EHW Baard-koshuis op Noordoewer gehuisves.

Volgens die Namibiese polisie is die meerderheid van die vlugtelinge van Kongolese en Angolese afkoms, wat asielpermitte in Suid-Afrika gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marius ·

Hoekom hulle na ons stuur,stuur hulle na hulle geboorte land.

Honey bee ·

Miskien verstaan ek verkeerd maar dit klink of hulle terug gestuur word na Suid Afrika. Stuur hulle terug na hul eie lande toe, ons soek hulle nie hier nie. Stuur sommer almal wat nog in Suid Afrika is ook terug.

Wessel ·

Jy moet weet hoe sleg dit in SA gaan as vlugtelinge uit SA vlug hopelik besluit miljoene meer om te vlug

Sonja ·

Hulle het asiel dokumente ontvang in SA, dis hoekom hulle terug gepos is. SA moet hulle terug stuur na hul lande. In Nigerie, as daar n lyk in die pad le, en jy raak daaraan, is jy verandwoordelik om hom te begrawe met alle kostes. Dis hoe hulle koppe werk

Judge Dredd ·

Eers vlug almal Suid, en nou dat daar nie verder suid kan , nou vlug hulle maar weer Noord.

Kobus ·

Hulle het reeds Assiel.in SA ontvang en is toe Namibië toe. SA wat Assiel vir enige Jan Rap en sy maat toestaan

Julie Jansen van Rensburg ·

Waarom daardie mense weer hiernatoe terugstuur? Eintlik behoort alle vlugteling hier by ons weer na hulle geboortelande teruggestuur te word en net ons eie inheemse burgers soos Zoeloes, Swazis, Ndebeles, Tswanas, Basotos, Vendas, ens soos van ouds hier laat aanbly – in die verlede het ons geen probleme met die “inheemse” swartes gehad nie – inderdaad, baie blankes (ek inkluis) het die swart taal van die streek waar ons gebly het, aangeleer, en daar was wedersydse respek teenoor mekaar – vra enige van die ouers gardes hier in S.A. Die land was vreedsaam, verdraagsaam, met wedersydse respek teenoor mekaar; misdaad was baie laag en daar was ook min werkloosheid… maar vandag – met al hierdie “vlugtelinge” het ons eens vreedsame veilige en voorspoedige land ‘n totale ommekeer beleef… nee, kyk, nou is al daardie met moord, roof, verkragting, korrupsie en kaping op groot skaal vervang…. waar ons vroeër jare somsnie eers ‘n omheining gehad het nie, is ons nou met hoë mure, elektriese omhneining en alarmstelsels omring en ons vertrou self nie altyd ons bure nie… Cry, the beloved country…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.