Namibië kry ook ‘n EFF

Die EFF se kenmerkende rooi beret

Die EFF se kenmerkende rooi beret

Suid-Afrika se radikale Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) was glo die inspirasie vir ‘n nuwe politieke party in Namibië genaamd die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters (NEFF).

Die NEFF gaan ‘n “radikale linkse”, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beweging wees, het Epafras Mukwiilongo, “opperbevelvoerder” van die NEFF, gesê.

Mukwiilongo sê die nuwe party sal binnekort geregistreer word. Die party sal ook staan in die land se algemene verkiesing in Desember. Mukwiilongo was vroeër ‘n lid van beide die regerende party Swapo sowel as die opposisie party Congress of Democrats.

Mukwiilongo en sy adjunk, Kalimbo Lipumbu, het Dinsdag in Windhoek aangekom na ‘n besoek aan Suid-Afrika waar hulle na bewering met Julius Malema gesprekke gevoer het. Die party se kleredrag is ook rooi en hulle dra ook die kenmerkende rooi berets.

Mukwiilongo sê die ontstaan van die NEFF is die “geboorte van ‘n reus” wat sal veg vir ekonomiese vryheid. Hy het die Namibiese regering daarvan beskuldig dat hulle “kapitalistiese belange” bevoordeel ten gunste van die land se burgers.

Mukwiilongo sê sy party sal ook homoseksualiteit teiken. Hy beweer sy party het sowat $250 000 ontvang van “internasionale anti-homoseksuele organisasies” gedurende ‘n besoek aan Uganda verlede week.

‘n Woordvoerder van die EFF in Suid-Afrika wou nie onmiddellik kommentaar lewer oor die NEFF nie en het gesê die party sal later ‘n verklaring uitreik oor die aangeleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Die ekonomiese vryheid wat die Namibia Economic Freedom Fighters sogenaamd voorstaan, gaan maar slegs in kort daarom dat hulle ook die veel gedoemde beleid van nasionalesering wil volg. Dis op sy beste niks ander as ‘n Sosialistiese / Marxistiese siening nie en weet ons mos alreeds dat dit nêrens in die wêreld suksesvol toegepas kon word nie. In dié lande wat hierdie beleid volg, is armoede aan die orde van die dag en vier korrupsie hoogty.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.