Namibiese president sê oor wittes en grond

Argieffoto

Pres. Hage Geingob van Namibië het gesê wit mense in sy land word nie bedreig nie en hoef nie skuldig te voel oor die vergrype van die land se kolonialistiese verlede nie.

Geingob het die naweek gepraat tydens die Namibiese grondberaad in Windhoek. Namibië worstel met dieselfde grondkwessies as Suid-Afrika, maar die verskil in benadering waarmee die Geingob-regering die kwessie takel, was uit die president se toespraak duidelik.

“Gegewe die stellings wat oor grond gemaak word, wonder sommige wit mense seker of hulle nog hier welkom is en hier gewaardeer word. Ek wil aan julle se – julle is Namibiërs en julle het regte. Julle het ook verpligtinge.

“Julle hoef nie skuldig te voel oor die vergrype van die verlede nie, hoewel julle moet besef dat julle daardeur bevoordeel is. Dit is egter nie ‘n raskwessie nie. Dit gaan daaroor dat almal wat het, diegene moet help wat nie het nie. Dit is ‘n ekonomiese vraagstuk – die dilemma dat die wat nie het nie, meer is as diegene wat het.”

Geingob het ‘n nasionale grondoudit aangekondig, asook ‘n kommissie van ondersoek na bewerings van korrupsie en wanbestuur in Namibiese grondhervorming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Die Stem ·

Ek haal my hoed af vir die man.
As Suid-Afrika dit ook as n ekonomiese kwessie hanteer, kan ons vinnige vordering maak.
Respek!

Nou ja Toe. ·

n Refrein van Mugabe eertyds.
Leer die optimiste op hierdie forum nooit?

Bertus ·

Jan-Jan, gaan gesels met die mense op die grond, die boere. Gesels ook oor die Chinese wat daar is en al kleuterskole in hul moedertaal begin het.

humor ·

“Die wittes is ook Namibiers en het ook regte en hoef nie skaam te voel oor die verlede nie.” Dit klink darem baie anders as uit andere se monde.

Sarel ·

Sou jy kon raai, ons is ook Suid-Afrikanders met grondwedlikeregte , altans op papier. Probeer egter daarvan gebruik maak!!!

David ·

“Dit gaan daaroor dat almal wat het diegene moet help….” … en presies dáár is die probleem. Afrika kom nie weg van sosialisme af nie en, as ‘n klein landjie, gaan hulle net so hard val soos die res van Afrika.

Suid Afrika gaan ook die stof byt, as die regering gaan volhou met dié ideologie (wat baie naby aan die woord idioot is)

RG ·

Restitusie is ook hulp aan diegene wat nie het nie en meeste stem daarmee saam.

Israel ·

Moenie dat die sweet talkers julle bluf nie , n tyd terug is n man en sy gesin deur mense van die regering in n natuur resevaat geskied die koeël sit nou nog in die kind se kop, in dieselfde resevaat is duitse toeriste ook n paar maande terug geskied, jy word ook gesê jy moet terug Europe toe,dieselfde gemors gebeur in Namibia as in Sa die populasie is 2,2mil daarom is die aanvalle se getal ook minder, die chinese vat die plek oor en hulle het meer regte as die wit namibier , so be careful,sa het nog mense wat teen die regering opstaan en partye , waag dit net in Namibia en jy sie jou g_t

Troffel ·

Geagte Israel, ek weet nie of jy van Namibië is of nie, MAAR, ek bly my lewe lank al hier en die storie wat jy uitmaak is nie die volle waarheid nie. Hier het ons nog regte en baie meer as die sogenaamde sjinese. HIER, bly ons nog baie lekker en voel daagliks baie veiliger as die mense in Suid-Afrika.

Gerhard ·

Hoe op aarde het dit niks met ras te doen nie. As dit nie vir verskillende rasse was nie sou daar nooit sprake gewees het van grondonteiening nie.

Mrs H ·

Absoluut. Maak nie saak waar in die wereld jy gaan nie, daar is altyd en oral meer mense wat het, as die wat nie het nie. My magtag,almal kan noe die motorkar bestuur nie, almal kan nie die CEO van die maatskappy wees nie. Dis net hoe dit werk en dis logies soos more die hele dag! Almal is nie werkskeppers nie, maar werkskeppers het baie werkers nodig.

Oë oop ·

Natuurlik het dit met ras te doen. Almal dink die wittes het alles verniet gekry en nou wil hulle ook. Maar die wittes het betaal vir elke stukkie grond en bate en doen nogsteeds. Ongelukkig gaan Suider Afrika so spoedig agteruit en ons geld is niks meer werd nie, so ja, oor die laaste 24 jaar het alles baie duurder begin word en kan huise en grond nie meer vir 10k en 20k gekoop word nie maar 1mil en meer. Dus is dit vir meeste, wittes ingesluit nou onbekostigbaar. Dink net wat grondhervorming aan die ekonomie gaan doen…. en gaan erfbelasting vir almal wegval?

Potlood ·

Hoe kan jy in een sin jouself so weerspreek en steeds dink dat almal om jou stupid is!
Dis nie rasse kwessie nie, maar tog is dit….
net omdat dit uit jou mond kom, beteken nie dis wet of Waar nie… Mamparras!
Op die ou einde, en ek meen nou letterlik aan die einde van al hierdie vrot planne van julle. Sal ons meer land en bates he as julle. Hokoem? Want ons weet wat ons weet, en ons weet wie is reg. Ons werk hard en ons is eerlike mense.

Vergryppe ·

Dus baie duidelik in die geskiedenis dat wit mense hulle wereld wyd aan erge grond vergryppe skuldig gemaak het. Soveel lande was gevat soveel mense was en word nogsteeds verdruk. Hoe op aarde moet dit nou geignoreer word . Almal praat oor China maar kyk hoe europeers lande se minerale bronne geplunder het. Wittes het hulle die reg toegeeien om lande af te vat en van mense slawwe te maak. Natuurlik het alle wit mense nie daarmee saamgestem maar dat alle wittes daar uit voordeel getrek het is n feit soos n koei.

Landi ·

Twak man. Nonsens. Grond was nog altyd onderhandel. Veruil transaksies het plaasgevind. Andersins oorlog. Dit kom nog, veral as n mens valslik as n dief uitgemaak word, terwyl jy werk skep, bydra tot ekonomie, wette gehoorsaam en geensins die blaam of beheer kan neem oor wat gebeur en besluit was in “midevil” tye nie! Vandag se wit nasie in SA, het nog NET hulle kant gebring, lyk ook of hulle die enigstes is wat hulle kant bring – al verkeer hulle onderdruk deur ander jaloerse nasies, verwerp in arbeidsmark en onderrig, en in algehele finansiële vervalling, geen bevoordeling in n kastige Demokratiese land – bly ons huidige, lewende, anti-appartheid wit volk ons kant bring en verstaan glad nie die haatlikheid, maar luister mooi – haatlikheid word onnodig in ons gekweek deur die valslikke en onverdiende appartheid teenoor ons… Oorlog sal kom, Dawid het seuntjie alleen die Fillistyne verjaag…. Só bly ons nie net wetsgehoorsaam nie, maar ons bly n God se kind wat ons die mag en goedkeuring sal gee om vyande te verslaan, want Hy is regverdig.

Judge Dredd ·

Alle mense het van ander mense grond gevat – dit sluit in swartes wat van mekaar grond gevat het.

RG ·

Die vraag bly egter, waarom was daar geen ontwikkeling en voortuitgang in Afrika lande waar wittes nie betrokke was nie en is daar tot vandag min ontwikkeling en voortuitgang in hierdie Afrika lande? En waarom verval Afrika lande in verrotting waar wittes verjaag word?

Lou ·

Afrika sal vir ewig ‘n chip op sy skouer he oor kolonialisme. Hulle kan net nie daaroor kom nie en blameer al hul probleme daarop. End of story…..

Ampie ·

Jan x2. Jy swyg ook lekker oor wat hy nog gese het. Onteiening van grond. Dis pad seker nie jou agenda nie.

Anair ·

Ek bly maar net wonder hoe is ons bevoordeel – selfde ou skuldgevoel refrein wat net op n ander manier gesê word, en die wol is oor ons oë- ons voorouers het hulle vingers deurgewerk om die voordeel te geniet wat hulleself bewerkstellig het

Judge Dredd ·

Die belastingstelsel vat alreeds meer van die wat het, om dienste te voorsien aan die wat nie het nie.

Ryan ·

“julle hoef nie skuldig te voel nie” Wat uiterse klomp snert. Skuldig voel oor wat? Dis wat deesdae geglo word en wydversprei word, as jy ‘n stukkie aarde het, en jy is wit, maak nie saak wat jy sê nie, dit was “onwettig bekom” en moet “terug gehandig” word.

LB S ·

Ek het elders vandag gelees dat Namibië van plan is om onbewoonde plase te onteien, waarvan meeste aan Duitsers behoort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.