Nando’s groet Thuli Madonsela

Foto: @PublicProtector, Twitter

Foto: @PublicProtector, Twitter

Die kitskosrestaurant Nando’s, bekend vir sy tong-in-die-kies-advertensies, het Donderdag op ʼn gepaste wyse Thuli Madonsela bedank vir haar werk as openbare beskermer.

Madonsela, wat daarvoor bekend gestaan het dat sy nie huiwerig was om enigiemand in enige amp te ondersoek nie, se termyn as openbare beskermer verstryk vandeesweek.

Always the griller. Never the chicken. Thuli, your courage fired up South Africa.” Só lui die plakkaat wat hulle aan haar oorhandig het.

Maroela Media het vroeër berig pres. Jacob Zuma het glo met regstappe begin om haar te verhoed om haar verslag oor sogenaamde staatskaping bekend te maak.

Adv. Busisiwe Joyce Mkhwebane is intussen as die nuwe openbare beskermer aangestel vir ʼn periode van sewe jaar. Sy neem op 15 Oktober die leisels oor by Madonsela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sarie ·

Hy bly maar uitgeslape & agterbaks… Èk het my bedenkinge oor die aanstelling van die nuwe openbare beskermer… Wonder wat mnr Zuma se aandeel daarin was? Lyk asof die stukke op die skaakbord met oorleg gekies word. Mnr Gordhan is òòk inni pad. Daar sàl ‘n manier gevind word om van hom ontslae te raak…

Sarie ·

Hy bly maar uitgeslape & agterbaks… Èk het my bedenkinge oor die aanstelling van die nuwe openbare beskermer… Wonder wat mnr Zuma se aandeel daarin was? Lyk asof die stukke op die skaakbord met oorleg gekies word. Mnr Gordhan is òòk inni pad. Daar sàl weel ‘n manier gevind word om van hom ontslae te raak…

Theresa B ·

Zuma het nie iets om weg te steek nie. Hy het BAIE om weg te steek en probeer sy bes om alles onder die mat in te vee. Die nuwe OB is gaan useless wees. Sommer van die begin af geweet aangesien sy Zuma se vriendin is en sy sekere sake haar kamma prioriteit maak. Zuma se goed is nie op haar prioriteitslysie nie. 1 + 1 = 2. Daar is net 1 Madonsela. Sy was great en het guts gehad. Haar soort is bitter dun gesaai.

Maria van Dieweeck ·

Dankie Thuli, ek hoop jy kan erens anders werk, waar jy steeds kan aanhou veg teen zuma en sy donker leer. Voorspoed, voorslag dame!

Marina ·

Wel, ek hoop die nuwe Beskermer sal in Thuli se voetspore volg en doen wat sy gedoen het, sonder skroom en ‘n bang haar. Thuli, all the best!

Gert ·

Sou dit toevallig wees dat die stralekrans om haar kop so duidelik uitstaan?

Foxi ·

Totsiens Thuli, jy was voorwaar n voorbeeld vir ons land. N dame uitstekend!
Ek is sommer baie hartseer……..

Ruby ·

Ek het baie respek vir hierdie besonderse vrou.

Thuli for President!!!

Erich ·

Gepaste wyse vir vrou met baie moed en rug graat.
Nuwe beskermer sal nie in hof baklei – gaan aansoek om Zuma teen te staan ontrek.

priscilla truter ·

Jy was voorwaar n inspirasie vir ons wat die waarheid nastreef en nie jou kwaadwillige gedrag probeer rasionaliseer deur flou en onaanvaarbare verskonings as regverdiging vir jou gedrag aan te voer nie.Trots op jou Thuli,jy het wat die engelse noem GUTS.

Jackie Wiese ·

Woorde wek maar voorbeelde trek! Dr Thuli Madonsela is werklik ‘n navolgenswaardige voorbeeld en haar nalatenskap word gehuldig. Vertrou die nuwe Openbare Beskermer sal in haar voetspore volg.
Voorspoed en sukses vir waar sy haar ookal in die toekoms mag bevind.

Jackie Wiese ·

Woorde wek maar voorbeelde trek. Dankie vir die navolgenswaardige voorbeeld wat deurentyd gestel is en jou nalatenskap word gehuldig. Sterkte en voorspoed Dr Thuli Madonsela vir waar jy jou ookal in die toekoms mag bevind

Ruby ·

Ek sien in ‘n ander koerant sê zumpie se seun Pravin is ‘n tjankbalie en Thuli dien westerse meesters.

As om korrupsie hok te slaan ‘n westerse ding is, is ek trots westers jou….. (ek mag dit nie sê).

Jou pappa het mos gesê om jou diere vearts toe te vat westers is……ai jai jai. Ja, aan jou vrugte sal jy geken word whahahaa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.