Nando’s ‘sensor’ sy eie advertensie

Argieffoto

Argieffoto

Die kitskosrestaurantgroep Nando’s het in sy eiesoortige styl met sy jongste advertensie die draak gesteek met die SAUK se jongste beleid om nie gewelddadige betogings uit te saai nie.

Nando’s “sensor” die woorde “flame” en “hot” in die advertensie om sy etes te bemark.

Die advertensie is ʼn verwysing na die SAUK se hoof bedryfsbeampte, Hlaudi Motsoeneng, se beleid om nie meer gewelddadige betogings uit te saai nie, omdat dit glo ander gemeenskappe sou aanspoor om ook te betoog. Die SAUK word wyd veroordeel vir dié besluit wat meeste mense as sensuur beskou in ʼn poging om nie die ANC in ʼn slegte lig te stel voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus nie.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

Nando's se jongste advertensie (Julie 2016)

Nando’s se jongste advertensie (Julie 2016)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie ·

Pragtig, Nando’s! Dís nou hoe ‘n mens op sulke despotiese optredes moet reageer!

E.K. ·

Nando’s se advertensies altyd wenners, tong-in-die-kies snaaks en slaan die spyker op sy kop!

Jan maak n Plan ·

Sies Nando’s julle maak nie mooi met die SABc nie hulle kannie help dat hulle so is nie -WHAhahahahaha LMGA! Kap hulle Nando’s kap hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.