Nando’s slaan vure dood ná rasherrie oor geselsprogram

‘n Skermgreep van die uitsending. Van links is aanbieder Gareth Cliff, Mudzuli Rakhivhane, verbonde aan die One South Africa Movement en DA-leier John Steenhuisen. (Skermgreep: Twitter)

Nando’s het sy borgskap van The Burning Platform-program op CliffCentral met onmiddellike inwerkingtreding opgeskort nadat ʼn herrie oor die program losgebars het.

Nando’s, ewe bekend vir sy peri-peri-hoender as vir sy satiriese advertensies, het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy steun gesonde debat en die reg op vryheid van spraak. Daarom belê hy reeds jare lank in platforms wat openhartige debat bevorder oor belangrike kwessies wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.

Nando’s borg al langer as vyf jaar die program op die web-radiostasie en sê daar was oor die jare verskeie geleenthede waar hy nie met die menings van gaste of aanbieders op CliffCentral saamgestem het nie. Die maatskappy glo egter daarin dat die reg om daardie menings te lug gehandhaaf moet word as ʼn belangrike deel van ʼn gesonde konstitusionele demokrasie.

In die jongste voorval het aanbieder Gareth Cliff egter versuim om ʼn “ruimte te skep waar vryheid van spraak moontlik is deur oor Mudzuli Rakhivhane te praat en haar mening af te maak terwyl sy terselfdertyd nie toegelaat is om dit behoorlik uit te druk nie”, lui Nando’s se verklaring.

Gareth Cliff. (Foto: Facebook)

Rakhivhane is verbonde aan die One South Africa Movement

Die herrie spruit uit die gesprek tussen Cliff, Rakhivhane en DA-leier John Steenhuisen. Daar was ʼn bespreking oor die DA se plakkate wat in Phoenix in KwaZulu-Natal opgesit en ná openbare teenkanting en bewerings dat die plakkate rassisties is, verwyder is.

Cliff het tydens die onderhoud gesê rassisme is onderaan Suid-Afrikaners se lys van prioriteite, terwyl Rakhivhane aangevoer het hulle “ondervind duidelik nie die soort rassisme wat ek op ʼn daaglikse basis ondervind nie”.

Cliff het hierop gesê Rakhivhane se ondervinding is “anekdoties” en “onbelangrik”.

Sy opmerkings het groot woede onder talle mense veroorsaak.

Nando’s het kort daarna getwiet dat hy ʼn trots Suid-Afrikaanse handelsmerk is wat die reg op vryheid van spraak uiters ernstig opneem en die kwessie gaan ondersoek.

Saterdag het die maatskappy die gebeure as “uiters teleurstellend” bestempel en gesê dit is teenstrydig met die redes waarom hy oorspronklik besluit het om The Burning Platform te borg.

“Weens Gareth se optrede op 21 Oktober [die dag waarop die program uitgesaai is], het ons ook die besluit geneem om ons borgskap van The Burning Platform onmiddellik op te skort.

Cliff is geen vreemdeling vir omstredenheid nie en sy uitlatings het hom in die verlede al telkens in die sop laat beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Harley Davidson ·

Rasisme is baie lewendig in Suid-Afrika, kwota sisteme in sport,SEB,nedflix wat nie huidige benaadeelde minderhede beurse gee die die regering wat openlik diskrimineer teen huidige benaadeeldes 27 jaar na apartheid gesneuwel het,dit is alles voorbeelde van Rasisme gebaseer op die kleur van jou vel.

Dries ·

Nandos,jy wat self in GLASHUIS bly,moenie klippe gooi na ander nie.Jy NANDOS,wat n ryke geskiedenis het aan “satiries” pseud RASSISTIESE ads,wil nou vir Cliff hom voorsê.Toppunt vanHYPOCRISY,imo.
En dan maak die realistiese waarheid darm baie seer nê.

Sobymykoolkop ·

Bang Malema val weer daar in en ” beding” weer paar borge vir sy studente

Shakespeare ·

Rassisme word op n gereelde daaglikse basis deur die regering teen blankes gebruik en sy sanik oor rassisme ? Julle kaders is by verre die meeste rassisties en dit word al hoe erger. Ek stem saam met Cliff. Julle stem vir die ANC/EFF en leef soos weggooi oorskot. Kry verstand asb. Nandos ek het in elk geval nog nooit respek vir julle of jul produkte gehad nie.

Anton ·

Almal het vryheid van smaak behalwe as jy met rassistiese aanvalle verskil

KB ·

En daar gaan Nando’s se verkope/aandele in die grond in. Tatta!

Pieter ·

Net die teenoorgestelde sal gebeur. Jy het lankal nie meer die koopmag nie. Kom by.

Petrie ·

O Nando’s is agter die tyd. Ek het al JARE terug my “borgskap” aan hulle gestaak. Koop seker amper al 10 jaar nie Nando’s se duur maer hoenertjies nie.
Nog minder luister ek na Gareth Cliff.

Pieter ·

KFC se vet meer na jou smaak? Bly jy het al Nando’s geproe.

piet ·

Pieter, hy eet ook nie meer KFC nie. Het dit mos ook al geboikot. LOL

Pieter ·

Net soos Spur geboikot is. Almal eet nog tog te lekker spur. LoL

Tjaart ·

Nog n patetiese saak van “superior logic”. Het nog net een keer Nandos gekoop baie jare terug – kan glad nie hulle “brand” se gewildheid insien nie. Kom ons kyk of hulle bekkige bemarking hulle meer gewild sal hou as wat hulle behoort te wees.

N ·

Sal ook enige kans gebruik om die rasisme kaart te speel al is dit nie die onderwerp nie. Dis maar die ‘gateway’ vir enige gesprek. Self bejammering. Wat van rasisme teenoor witmense. Hoekom kan n witmens nie besigheid doen sonder BEE nie, of sport beoefen sonder kwotas nie. Teen wie word daar nou eintlik gediskrimineer

Hondjie ·

Se net iets en word geskree.rasis rasisties! Dalk is die hoender ook te veel wit.maak my al so moeg die ou rasse kaart.iets net ni loop volgens een nie dan skree hy rasisties.by gese dink nandos is bang hulle word seke geplunder……

Marius ·

Ag gee ons met u skukkie woestyn asb dan vat julle die res

MakersMark ·

Dieselfde as blm ervaar. Hier in SA is dit kwotas in sport, EE in die werkplek, BBBEE bemagtiging met elke maatskappy > R 300 m verkope. Meeste JSE gelysde maatskappye het swart voorsitter en raadslede, bitter min uit die “business end” van besigheid. En nog steeds staan hul by die “grant kantoor” vir uitgifte vir die kleintjies sonder ‘n pa of by die robot en bedel. En die wat nie op 21 besturende direkteure is nie kerm oor “white privilege”. Want meeste wil nie 35 jaar werk vir ‘n lewe nie hul wil joune en myne vat, wat reeds bates en kapitaal bymekaargemaak het. Ons moet dit met hul “deel” soos JM vra. Gelukkig is my bates reeds 90% uit Afrika. Ek vertrou nie ‘n afrikaan of hul regerings met 5c van my kapitaal nie.

ROELOF ·

Miskien moet ons die maer hoedertjie besigheid Ban-dos eerder ignoreer.

Anna ·

Ek het die Video gekyk en moet sê die manier wat Gareth die situasie hanteer het was bietjie disgusting om vir die Dame te sê haar ervaaring met Rasisme maak nie saak nie is nie reg nie. Hy het die hele storie regtig smaakloos hanteer. Sou hy dit beter hanteer het as dit meskien n man was, ek glo so. Verstaan hkm Nandos voel soos hulle voel. Ek geniet Nandos se advertensie en sé goed so baie maar kan nie sé ekt hulle al ooit iets rasisme gesien se of doen nie

Tiptol ·

Anna, die gesprek het oor dienslewering gegaan, nie rassisme nie.

piet ·

Die DA se plakkaat wat gese het ANC noem Indiers rassiste was deel van die gesprek. So dit gesprek het wel (ook) oor rassisme gegaan.

piet ·

Dis wat ek ook gehoor het Anna. Hy het haar standpunt bloot afgeskiet en basies sy eie standpunt afgedruk. Wat help dit dan om iemand anders op die program te he vir hul standpunt maar hy wil dit nie hoor nie.

Snowball ·

Tipies – gil ‘racism’ en die massas glo alles wat gesê word. Praat oor spesifieke onderwerpe en rassisme word uitgepluk as die redenasievermoë verkrummel. Dieselfde ou patroon – en die verontregte massas sê net Awê /Amandla Awethu..
Claiming racism – the only means to win an argument when critical thinking and cognitive abilities falter.

piet ·

Vreemde opskrif. Mens sou reken dis die Gareth Cliff-program wat nou sal moet vure doodslaan. Daar was blykbaar ‘n verskriklike negatiewe reaksie op Cliff se uitlating op sosiale media. Die trompoppies gaan nou seker Nando’s ook boikot. Hulle kyk reeds nie meerDSTV nie, koop nie meer by Pick ‘n Pay en ander winkelgroepe nie, neem nie meer versekering by sekere versekeringsmaatskappye uit nie, koop nie meer Toyotas en ander handelsname nie, eet nie meer by Spur, Kentucky (en nou Nando’s) nie, ens. Lyk asof die wereldjie al hoe kleiner raak vir die verkramptes.

Pieter ·

Net soos die NGK Woolies geboikot het…oor een of ander ding te na gekom…Ek lag my ‘n papie oor die lippe teen die klippe boikotters.

Snowball ·

piet, iemand is eerder verkramp en kortsigtig as ALLES alewig rassisme se skuld is en die blaam van swak dienslewering NOG STEEDS apartheid se skuld is. Wat ek altyd oor wonder, is die magdom mense van Zimbabwe Mosambiek, Kongo, Nigerië en Malawië wat in hierdie sg ‘institutionalized apartheid’ soos hulle graag sê, instroom. Hoe ervaar hulle dit dan soveel beter as die benadeelde mense van SA?? Pas teruggekeer van die Kaap, in die V&A was die kelners by restaurante onder meer, Zimbawiërs en Kongolees geen Suid Afrikaners nie. Dieselfde in Hermanus, elke liewe kelner was ‘n Zimbabwiër. Om die waarheid te sê, die bruin mense wat al jare op waglyste is vir behuising daar, staan nou agter in die ry en swartes wat nog nooit deel was van daai area nie, kry voorkeur. Dink jy die bruin mense daar is ook verkrampte trompoppies as hulle kla daar word teen hulle gediskrimineer omdat swart mense openlik ten koste van hulle bevoordeel moet word?

piet ·

Die Zims en Kongos is bereid om vir peanuts te werk, gaan maar so oorsee ook. Jy moet in gedagte hou hierdie mense het absoluut niks gehad nie, was eintlik nog slegter af as ons minderbevoorregtes voor hulle SA toe gekom het. Locals wil nie min betaal word nie. So terloops – boikot die bruinmense en ander rasse al hierdie plekke wat die verkrampte groepie Afrikaners so wil boikot? Nee hulle doen nie want hulle weet van Apartheid se vertrapping af, hulle het dit aan hulle eie lywe gevoel. Ook daar’s ‘n groot verskil tussen kla en alles te wil boikot.

Snowball ·

Binnekort sal ons minderbevoorregtes en vertraptes ook wonder wat beteken ‘n demokrasie en stemreg sonder ‘n werk en kos vir hulle kinders. Die probleem met baie locals is hulle is nie lus vir werk nie, hulle wag liewer vir ‘n toelaag, of demand om alles verniet te kry, daarom die xenofobiese uitbarstings en beskuldigings kort-kort teen buitelanders. Is die bruin mense regtig beter daaraan toe as tydens apartheid? Baie van dié waarmee ek gesels voel baie verdruk en uitgesluit. En hoekom is Afrikaners verkramp as hulle iets uit beginsel doen? Ons plunder nie winkels of steek skole aan die brand nie, boikot is ‘n beskaafde manier van protesteer, hoekom is dit ‘n probleem?

MakersMark ·

Maklik om rassisme te skree as hul te onnosel is vir die argument. Maar ou piet wag – die gemors waarheen die spul bandiete SA stuur gaan so sleg wees self die liberale en “boeties” sal hul kop in ongeloof skud – jy ook. En die ANC sal sy kop in skaamte laat sak. Dan is dit nie rassisme nie maar ‘n “human disaster”.

Misky ·

Jy het van Coca-Cola vergeet @piet. Ons drink al sedert hulle rassistiese aantygings net Pepsi en uit beginsel omdat ons KAN!!!!!

Barney ·

Ek sukkel om te sien wat Gareth verkeerd gedoen het. Die 20 jarige onbekende swart vrou sit daar, klae oor hoe sy kamma kamma onderdruk word maar vergeet dat daar is wette wat slegs swartes bevoordeel in die “reënboog nasie” land van omgekeerde apartheid. Ek sal nooit weer ń sent spandeer op Nandos se rasistiese hoenders nie. Hulle kan hul ongelukkigheid vat en dit druk in hul Newcastle siekte hoenders se agteratewe in op.

Nick ·

“If you do not have the capacity or intellect to debate…play the race card”
BEE het state capture ge fasiliteer. Affirmative Action het Suid Afrikaners ‘mediocre’ gemaak.
Elke persoon wat die afgelope 10 jaar vir die korrupte regering gestem het, moet verantwoordelikheid aanvaar vir die ellende waarin die armes leef!
Hou op om altyd rasisme by witmense te soek. Julle het 30 jaar se bevoordeling geniet en NIKS daarmee gedoen nie.
Bye bye Nando’s.

Hoekom ·

As jy nie kan redeneer of argumenteer nie, gil rassisme…

annie ·

BLM is die nuwe paradigma-put waaruit ons almal nou móét skep wil of te not. Kerm en kla is die leer waarmee Black Lives Matter Most nou wil beheer. Alle games kom uiteindelik tot ‘n einde en die huidige een om-die-heeltyd-net-te-fliek raak ook afgestomp. Laat ons raai watter mode kan volg na BLM… Hoe sou ons hou van hongersnood… oorlog?

MakersMark ·

Nog ‘n victim – mens moet niks met die mense debateer nie. Los hul dat hul kan rol in hul put van self bejammering 27 jaar na hul die bestuur van die land oorgeneem het. Gee dit nog so 10 jaar wanneer al die geld op is en daar is nie “grants” vir elke kleintjie wat gebore word nie, elke munisipaliteit het ineengestort en daar is nie water of elektrisiteit vir 12 ure ‘n dag nie. Riool sal in alle strate afloop en dievkinders en honde daarin loop. Aanhoudende tekorte aan brandstof en ander nodige kommoditeite soos in Zim. Somalie en die DRC. Dan sal hulle nog steeds “victims” wees van apartheid en “white privilige”.

annie ·

Boetie, wees nou eerlik, het jy die ou Siener se siene gelees of is jy self aan die sien, want hy en Suster Brandt het vanslewe ‘n paar aardige dinge in die toekoms ingelees en jy sluit daarby aan, bv motors in lang toue oor bulte en deur dale sonder die vooruitsig van brandstof en moeilikheid aldiepad: brande, moorde en en… Mens hoop net partykeer yl mense met hoë koors dalk in jok-beelde… vir aandag.

MakersMark ·

Mens hoef nie ‘n siener of waarseêr te wees om te weet waarheen die lang termyn gaan nie. Margaret Thatcher het dit in die ’80’s gesê. Die gemors waarteen sy gewaarsku het het in die strate party gehou toe sy dood is. Maar ek dink sy gaan die laaste lag hê as hul soos hyenas baklei en burger oorlog voer oor die karkas wat eens die land van melk en heuning was.

Charl ·

Siestog…darem maar lagwekkend elke keer as hulle (soos sy nou) ”voel” hulle word tenagekom, die rassekaart uithaal. Jy is nie spesiaal nie, die wereld se oe het lankal oopgegaan, ek kry jou nie jammer oor jou velkleur nie, julle wil alles alewig in ‘n politieke raskwessie omskep ! ”See the tear in my eye”.

Buck ·

Ag nee wat, wat het hy verkeerd gedoen? Nando sien nooit weer my geld nie

MakersMark ·

Nando’s must fall. Sal nie 1c daar spandeer nie. Skenk julle voëltjies vir die ANC en hulle miljoene victims van wanbestuur en korrupsie, hulle het dit nodig. Onthou net om hul gesukkel op die 5 m waarteen die 55 m op elke vlak van die samelewing beskerm moet word te blameer.

Sarel ·

Nandos..kyk julle pla my nie veel nie want ek koop
nie by julle nie maar sal graag wil weet wat is
julle indiensnemings beleid

MARTIE ·

We live in times where smart people are silenced so that stupid people won’t be offended.

Karina ·

Nando’s praat van “we will not condone racism in any form” Ek wil graag weet hoeveel wit, bruin, Indier personeel lede het julle op die oomblik in al julle takke oor Suid Afrika? Ekskuus? Geen? Is dit nie ‘n vorm van rasistiese aanstelling van personeel nie. Eweveel swart, wit, bruin, Indier personeel lede, dan sal ek saamstem met julle stelling, maar julle stelling is onwaar. My opinie

lodewyk ·

Gelukkig nog nooit van Nandos gehou nie,vir my part kan hulle,soos Netflix en Multichoice maar land uit,soos met Spur debakel eet ek ook nie meer daar nie,tatta julle ek gaan julle nie mis nie….

Frank John ·

Die grootste probleem in die wêreld is rasisme. Dit word erger as covid misbruik. Ja, rasisme is ‘n probleem maar hol-rug gery. As jy in ‘n hoek gedruk word of nie meer ‘n intelligente argument het om jou punt/pint te stel nie, gooi rasisme in en almal begin bewe en verskoning maak. En voel skuldig oor hul voor ouers se voute wat dié dalk nooit eers gedoen het nie. As jy nie rasisties is nie, ontspan. Vir die wat dit altyd misbruik, kry ‘n lewe en hou op om dit as ontsnappings roete te gryp.

Blikkies ·

Ag nee wat, luister mooi na die gesprek. Cliff het haar wel toegelaat om haar stelling te maak. Vir my persoonlik het die borg maatskappy voortydig opgetree en beskou hulle verklaring aan die media as ‘n bemarkings taktiek. Volgens my opinie was die vrou heeltemal verkeerd om haar rassistiese ervarings by munisipaliteite te voeg wat in elk geval slegs deur mense van kleur bestuur word. Dit klink eerder of sy rassisme deur wit mense by munisipaliteite wil uitwys. Haar kommentaar het absoluut geen betrekking op die onderwerp onder bespreking van munisipale stemming nie, en wil eerder die situasie van rassisme verdraai en byvoeg om haar eie beweging te bevoordeel. Dit was beslis die verkeerde platform vir haar kommentaar. Punt.

Yolandie ·

Hierdie is so belaglik! As enige iemand en Nando’s die tyd gevat het om na die hele program te luister sou hulle hoor wat Gareth bedoel het, hy het net vir haar gesê niemand gee om oor haar persoonlike gevoelings en ervarings nie, mense wil weet wat haar party vir Suid Afrikaners kan doen, maar as mens geen goeie punte het om te noem nie, maak jy alles oor ras en geslag.. Cry me a river!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.