Narkotiseur gevonnis oor 2-jarige ná operasie sterf

Jaundré Bennett

Jaundré Bennett

Dr. Deon Kotzé (64) is Donderdag in die streekhof in Vereeniging gevonnis vir die dood van ʼn tweejarige seuntjie ná ʼn mangeloperasie.

Jaundré Bennett is op 4 Mei 2012 dood ná ʼn mangeloperasie die vorige dag. Vier spesialiste is ná Jaundré se dood van strafbare manslag aangekla, maar slegs Kotzé, ʼn narkotiseur van Vereeniging, is uiteindelik vervolg.

Kotzé het in Januarie verlede jaar erken hy was nalatig ten tyde van Jaundré se mangeloperasie en dat hy te veel narkose toegedien het. Kotzé is Donderdag tot vier jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy moet ook 18 maande gemeenskapsdiens by ʼn hospitaal doen, wat insluit mediese opleiding aan studentenarkotiseurs.

Geraldine Bennett (29), Jaundré se ma, het in trane aan Maroela Media gesê die vonnis is belaglik. “Hy het vier jaar gevat om skuldig te pleit en dan moet hy net 18 maande se korrektiewe toesig doen. Hoe werk dit?”

Volgens Bennett het alles daarop gedui dat Kotzé nalatig was. “Hoe kan hy so ligtelik daarvan afkom? Nie eens huisarres nie. Hy kan steeds praktiseer en voortgaan met sy lewe. Ons het gedink ons sal nou afsluiting kan kry.”

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica.

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica.

Bennett het gesê hulle sal nou weer die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGBSA) wat destyds besluit het om Kotzé se optrede te ondersoek, nader. Dit is nie duidelik of daar al wel enige besluit geneem is nie.

“Ek het geen idee hoe ons dit agter ons gaan sit of dit kan verwerk nie. Dis emosioneel uitputtend om elke keer alles van voor af te moes beleef met die hofverskynings. Jaundré sou nou gr. 1 toe gegaan het.”

Bennett het verlede jaar aan Maroela Media vertel sy het die oggend van Jaundré se operasie haar pa gebel en gesê sy het ʼn slegte gevoel. Volgens Bennett wens sy dat sy die dag na haar “sesde sintuig” geluister het, want dan was haar woelwaterseuntjie dalk nog hier.

Volgens Geraldine het Jaundré se dood ook spanning in haar en haar man, Heinrich, se huwelik veroorsaak en sy wou soms net “opgee”. Die egpaar het nog twee kinders, Heinrich jr. en Jessica. Heinrich jr. was vyf jaar oud toe sy boetie oorlede is. Jessica word amper drie jaar oud en het nooit haar boetie geken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

75 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wondermaarnet

Vertaan ek nou reg?
Die dr wat iemand se dood veroorsaak het moet nou ander gaan oplei?
Moet dit nie andersom wees nie?

Speedguard

Dit sal glad nie die hartseer wegneem maar kan jul nou voortgaan met ‘n seviele eis, die meriete van die saak is nou afgehandel , kry ‘n goeie eerlike regsverteenwoordiger en sal hul jul help!

Vergifnis

Die enigste manier om afsluiting te kry is deur vergifnis. Ek besef dit is bitter seer en vir enige ouer veral n ma is dit n groot gemis. Troos jou daaraan hy is nou by Jesus. Onthou ons kinders word net vir ons geleen. Probeer nou volkome vergewe soos wat God versoek. Jammer weereens mamma vir jou pyn. Ek sal vir julle as gesin bid

Piet Pompies

Dit is ‘n nuwe tendens in SA waar daar ‘n “elite” groep bestaan, gewoonlik ryk mense wat hulle rykdom gebruik om ander mense uit te buit deur meer geld te maak.
Hierdie rykdom bepaal jou status en bied aan jou vrywaring teen lands wette.

Jean

Dis verskriklik, so jammer oor die groot verlies van julle pragtige seun. Soos hulle sê almal maak foute, maar nie almal se foute lei tot die afsterwe van iemand nie. Mens sou egter dink vir ‘n narkotiseur van 64 wat baie jare ervaring in die mediese veld het, dat jy nie meer sulke foute mag of kan maak nie .. veral nie nou dat hy erken het hy nalatig was nie? Dit is vreeslik maar ek weet hierdie ‘mediese sake’ lei selde tot swaar vonnisse, mens sou dink dat hy juis nou uit die sisteem verwyder moet word, hy het… Lees meer »