Narkotiseur gevonnis oor 2-jarige ná operasie sterf

Jaundré Bennett

Jaundré Bennett

Dr. Deon Kotzé (64) is Donderdag in die streekhof in Vereeniging gevonnis vir die dood van ʼn tweejarige seuntjie ná ʼn mangeloperasie.

Jaundré Bennett is op 4 Mei 2012 dood ná ʼn mangeloperasie die vorige dag. Vier spesialiste is ná Jaundré se dood van strafbare manslag aangekla, maar slegs Kotzé, ʼn narkotiseur van Vereeniging, is uiteindelik vervolg.

Kotzé het in Januarie verlede jaar erken hy was nalatig ten tyde van Jaundré se mangeloperasie en dat hy te veel narkose toegedien het. Kotzé is Donderdag tot vier jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy moet ook 18 maande gemeenskapsdiens by ʼn hospitaal doen, wat insluit mediese opleiding aan studentenarkotiseurs.

Geraldine Bennett (29), Jaundré se ma, het in trane aan Maroela Media gesê die vonnis is belaglik. “Hy het vier jaar gevat om skuldig te pleit en dan moet hy net 18 maande se korrektiewe toesig doen. Hoe werk dit?”

Volgens Bennett het alles daarop gedui dat Kotzé nalatig was. “Hoe kan hy so ligtelik daarvan afkom? Nie eens huisarres nie. Hy kan steeds praktiseer en voortgaan met sy lewe. Ons het gedink ons sal nou afsluiting kan kry.”

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica.

Heinrich en Geraldine saam met Heinrich jr. en Jessica.

Bennett het gesê hulle sal nou weer die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGBSA) wat destyds besluit het om Kotzé se optrede te ondersoek, nader. Dit is nie duidelik of daar al wel enige besluit geneem is nie.

“Ek het geen idee hoe ons dit agter ons gaan sit of dit kan verwerk nie. Dis emosioneel uitputtend om elke keer alles van voor af te moes beleef met die hofverskynings. Jaundré sou nou gr. 1 toe gegaan het.”

Bennett het verlede jaar aan Maroela Media vertel sy het die oggend van Jaundré se operasie haar pa gebel en gesê sy het ʼn slegte gevoel. Volgens Bennett wens sy dat sy die dag na haar “sesde sintuig” geluister het, want dan was haar woelwaterseuntjie dalk nog hier.

Volgens Geraldine het Jaundré se dood ook spanning in haar en haar man, Heinrich, se huwelik veroorsaak en sy wou soms net “opgee”. Die egpaar het nog twee kinders, Heinrich jr. en Jessica. Heinrich jr. was vyf jaar oud toe sy boetie oorlede is. Jessica word amper drie jaar oud en het nooit haar boetie geken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Wondermaarnet ·

Vertaan ek nou reg?
Die dr wat iemand se dood veroorsaak het moet nou ander gaan oplei?
Moet dit nie andersom wees nie?

A ·

Ek lees dit ook en dit gaan my verstand te bowe. Hy moes ten minste tronk toe gegaan het. Ek sal hom nooit vertrou om enige narkose toe te dien nie.

Pm ·

Hy moet tronkstraf kry sy praktyk moet toe gemaak word
Sy lesensie moet terug getrek word
Hy moet boet vir wat hy gedoen het
Arme ouers ek so mal raak
Sterkte en die Here slaap nie

Speedguard ·

Dit sal glad nie die hartseer wegneem maar kan jul nou voortgaan met ‘n seviele eis, die meriete van die saak is nou afgehandel , kry ‘n goeie eerlike regsverteenwoordiger en sal hul jul help!

Justice ·

Goeie advies Speedguard – die vonnis oplegging was noodsaaklik as deel van die regsaksie tot `n siviele eis. Sterkte aan die familie met julle ontsettende groot verlies – niks kan ooit daarvoor vergoed nie.

Anoniem ·

Siviele eis het reeds verjaar, tensy hulle in antisipasie van ‘n moontlike skuldigbevinding reeds vroeër gedagvaar het.

Vergifnis ·

Die enigste manier om afsluiting te kry is deur vergifnis. Ek besef dit is bitter seer en vir enige ouer veral n ma is dit n groot gemis. Troos jou daaraan hy is nou by Jesus. Onthou ons kinders word net vir ons geleen. Probeer nou volkome vergewe soos wat God versoek. Jammer weereens mamma vir jou pyn. Ek sal vir julle as gesin bid

Ken die pyn ·

Heinrich en Geraldine ek ken die pyn maar stem saam “vergifnis” dit is die enigste manier om voort te gaan. My dogtertjie is op 15mde oorlede in ‘n ongeluk deur roekelose bestuurder wat 6mde opgeskorte vonnis gekry het. Glo my die dokter gaan met dit saam leef vir die res van sy lewe. Ek glo natuurlik al voel jul nie so nie ons Hemelse Vader het ‘n plan met ons lewens. Sterkte en ervaar net God se Vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Marlene ·

Ek stem saam met Vergifnis. Jy kon dit nie beter stel nie. So jamr vir die gesin.

Susan ·

Onthou, vergifnis beteken nie dat jy sê dit is maar OK wat gebeur het nie. Vergifnis beteken jy gaan nie aanhou verwyt tot jy self binne in dood is nie. Al is dit hoé swaar. op die einde is dit JY wat die meeste ly deur nie te vergewe nie. Vergifnis is soos ‘n walvis boot wat ‘n dooie walvis na die stasie toe gesleep word. Die mense op die skip vergaan van die stank. Die walvis weet van niks. As die vis afgehaak is, verdwyn die stank. En jy kan aangaan om asem te haal. My pa het altyd gesê ‘n dokter se foute word begrawe.

Piet Pompies ·

Dit is ‘n nuwe tendens in SA waar daar ‘n “elite” groep bestaan, gewoonlik ryk mense wat hulle rykdom gebruik om ander mense uit te buit deur meer geld te maak.
Hierdie rykdom bepaal jou status en bied aan jou vrywaring teen lands wette.

Ek stem Piet Pompies ·

Ek stem 100% met jou saam, rykes of celebs of regters wat onder die invloed bestuur, te vinnig bestuur, of in onskuldige skoolkinders inploeg, se vonnisse is of baie lig, of word later hersien, so hartseer dat die elite in SA, soos in baie ander lande voorkeurbehandeling ontvang. RYKDOM en natuurlik POLITIEKE konneksies.

Karma ·

Dit is ongelukkig waar. “Money makes the world go round” oftewel “Geld, wat stom is, maak reg wat krom is”. Die dokter het natuurlik die beste prokureur aan sy sy gehad en die arme ouers moet maar “make do” met hul regsverteenwoordiger. Miskien is die kommentators hierbo reg: probeer vergewe (maar moet nooit vergeet nie) en stel dan ‘n siviele eis teen die dokter in vir skadevergoeding a.g.v. emosionele skade, pyn en lyding. Verkla hom ook verder by die HPCSA. Glo my, hy sal vir die res van sy lewe moet saamleef met die gewete dat hy so ‘n klein, onskuldige ou seuntjie se lewe kortgeknip het. Mag God hom hiervoor straf.

Jean ·

Dis verskriklik, so jammer oor die groot verlies van julle pragtige seun. Soos hulle sê almal maak foute, maar nie almal se foute lei tot die afsterwe van iemand nie. Mens sou egter dink vir ‘n narkotiseur van 64 wat baie jare ervaring in die mediese veld het, dat jy nie meer sulke foute mag of kan maak nie .. veral nie nou dat hy erken het hy nalatig was nie? Dit is vreeslik maar ek weet hierdie ‘mediese sake’ lei selde tot swaar vonnisse, mens sou dink dat hy juis nou uit die sisteem verwyder moet word, hy het tog ook aftree-ouderdom bereik dan nie? Dit bly egter vrek tragies. Die RGBSA is maar traag om sake op te volg en die medici aan die pen te laat ry, weet van baie sake wat sloer en uiteindelik tot niks uitloop nie.

Hannelie ·

Dit is altyd die hartseerste. Dit gaan ongelukkig nie die persoon terugbring, maar dit GAAN beslis keer dat dit nie weer met ‘n ander persoon gebeur nie. Ek voel die ouers moet dit nie daar los nie. Dokters begrawe hul foute. Is dit die moeite werd om deesdae na ‘n hospitaal toe te gaan. My man was net vir ‘n biopsie, en ontslaan dieselfde dag. Maar die volgende aand moes ek jaag met hom hospitaal toe, hy het 4 dae met hoë koors gelê. Soms wonder ek want van die verpleeg personeel is baie ongeërg.

Sonja ·

Dit is belaglik. So hy was 59 toe dit gebeur het. Op 64 sal ek voorstel hy vat sy goed en gaan sit by die huis, wat nog verdere skade aanrig en jong dokters wat weet wat hulle doen iets probeer leer. Hy moet by hulle leer. Ek sal liewer jong dokters vertrou. Daar moet ‘n sekere ouderdoms tydperk ingestel word tot wanneer dokters nog kan praktiseer.

Adoons ·

So tragies as wat die dood van hierdie kind is, niks kan dit omkeer nie. Om nou die dokter in die tronk te stop asof hy ‘n gewetenlose misdadiger is, gaan nie die seuntjie terugbring nie. Op die ou end was dit ‘n fout, en enige mens kan ‘n fout maak – dit was nie met opset nie. Die dokter is inderdaad ook in elk geval gestraf: kriminele rekord, reusagtige reputasieskade, en boonop moet hy daarmee saamleef dat hy vir die dood van die seuntjie verantwoordelik was. Die enigste manier om afsluiting te kry, is om te vergewe en dit agter jou te plaas.

Willie ·

Adoons dit is darem ‘n ligstraaltjie dat iemand nie klippe bly gooi nie. Die ou gereelde klipgooiers op Maroela kan nie wag om te oordeel nie. Dankie vir jou uiteensetting.

Oooooo nee ·

Net totdat dit jou kind is .. julle praat van klippe gooi .. as dit JOU kind was sou jy ook maar lekker saamgegooi het. So maklik om die dokter nou te verontskuldig .. in ‘n ongeluk waar jy ‘n foutjie gemaak het, om net ‘n oomblik af te kyk, was dit ook nie jou intensie om iemand dood te maak nie, tog word jy van mansslag aangekla .. kan nie dink hoekom die dokter so ligtelik daarvan afkom nie. Julle het nie die hartseer beleef van hierdie gesin nie, julle is die LAASTE wat van vergifnis en klipgooi kan praat. Hy moet eintlik tronktoe gaan …en prisoniers gaan dokter.

Tambotie ·

Vonnis is belaglik . Kotze is veronderstel om n professionele opgeleide persoon te wees wat hy duidelik nie is nie . Sy nalatigheid kom op manslag uit
Tronk toe met so n gewetenlose skurk

Wonder maar net ·

Baie jammer oor wat gebeur het!, maar om so iemand ‘n gewetenlose skurk te noem is verregaande!! Het jy nog nooit by jou werk ‘n fout begaan nie. Ek is seker daarvan hy het nie die oggend opgestaan en gedink, kom ons kyk wie se lewe kan ons vandag verwoes nie.
Geen wonder hullo het die kommentaar by news24 gesluit nie…

E ·

My innige simpatie aan die ouers. My raad: los dit hier en beweeg aan. Om nog te krap gaan jul seuntjie nie terugbring nie, inteendeel dit sal jul net moeg en siek maak. Hy is nou by Jesus se voete.

Wat kan ek se ·

Los dit en beweeg aan???? sodat die dokter nog te veel narkose op die volgende klein mensie toedien , ja nee E wat jy se maak baie sin!

CAROL ·

EK KEN VAN …. MY OORLEDE MAN HET INGEGAAN VIR MANTELBREUK OPERASIE – HET UITGEKOM MET 95% BREINSKADE. IS 10MAANDE DAARNA OORLEDE. MEDIESE RAAD HET DIE DR SKULDIG BEVIND MAAR HET HOM ERNISTIG GEWAARSKU EN WORD BERISPE)……. (NIE DIE SELE DR NIE)

Koos1 ·

Ek het nou die kommentare hierbo gelees, en stem met baie saam.
My ouer hart gaan uit na die Bennette. Baie sterkte vir die tyd wat voorlê.
Julle moet egter onthou dat as die siviele eis roete gevolg gaan word, gaan hierdie wonde nog ‘n hele paar keer oop gekrap word. Dit kan tot 5 jaar duur en onthou ook, hy het versekering betaal daai tyd, anders kon hy nie praktiseer nie. Die eis gaan dan indirek aan die versekering, en hulle gaan nie terughou om julle gevoelens te beskerm nie, vir hulle gaan dit om nie die eis uit te betaal nie. Ek weet dat sommige versekeraars slegs van die beste regsbreine kry om hulle te verdedig. Ek sê nie vir julle om dit nie te doen nie, maar lig julle net in wat gaan gebeur. Dit is ‘n hele nuwe proses.
Wat my verstand tebowe gaan i.v.m die dokter is dat hy erken het hy was nalatig en dit het ‘n mense lewe gekos. Ja Ja, dit bly sy hele lewe ook by hom, maar hoe kan hy nog toegelaat word om met pasiente te werk. Dis so goed om ‘n gereabiliteerde alkolis in ‘n kroeg te laat werk.

Vic ·

Nee, dit is nie. Net soos wat alle ander mense foute maak, het die man n fout gemaak. Miskien het hy die vorige nag gewerk. Of die hele vorige week, elke nag. Of net n oomblik van gebrek aan konsentrasie. Of miskien het ander foute gemaak wat sy fout veroorsaak het. Glo julle werklik hy het dit doelbewus en met voorbedagte rade gedoen? En hoe sal tronkstraf “aanvaarding” bring?

Nee ·

Vic, jy maak ook nie met voorbedagte rade ‘n ONGELUK nie, maar jy word vir mansslag aangekla en kry nogals ‘n hefty vonnis indien iemand in ‘n ongeluk sterf wat jy veroorsaak het. WIE is jy om oor die vonnis of straf van die dokter besluit wat ‘n LEWE GENEEM het? Met of sonder intensie, ‘n LEWE IS GENEEM, verstaan jy die begrip?? O ek het vergeet, dit is nie familie van jou wat dood is nie so BERUS JULLE en VERGEEF .. my wereld, seker ook ‘n dokter in die familie wat beskerm word.

Ken ·

Ja nee kyk, die mediese “fraternity” kom mos altyd weg met alles. Cover vir mekaar en mag aanhou praktiseer al het hulle nalatig opgetree…. Dis lyk my hoe dit altyd sal wees. Duisende gevallr van dokters wat nalatig is, maar kom elke keer weg daarmee. Ek’t meestal my geloof in dokters verloor, en kry deesdae menige opinies voor ek een gebruik. Lyk my ons almal kan in die moeilikheid beland in ons beroepe, behalwe dokters…. Belaglik.

TDW ·

Hoe dankbaar is ek nie net dat ek nie eendag geoordeel gaan word deur meeste van die boonste kommentators nie. Mag julle nooit aangekla word van strafbare manslag nie. Dit gebeur so maklik. Jy maak net een fout en jy boet die res van jou lewe daarvoor. Hierdie dr het ‘n fout gemaak, dit het hierdie pragtige mensie se lewe gekos. Hy het al oor die 50000 mense met narkose behandel. Maar hierdie dag wat hy nie op sy beste was nie is ‘n dag wat hy homself veraltyd sal voor verwyt. Mag die familie hom vergewe en mag hy homself vergewe. ‘n Pragtige lewetjie se kersie te vroeg geblus.

Willem ·

“Dit gebeur so maklik” – ‘n Kind is dood hierso! Jy kan nie ernstig wees met jou kommentaar nie?!

Koos1 ·

TDW, duidelik het jy bande met die dokter. Niemand oordeel hom nie, maar wel wat hy gedoen het wat gelei het tot die kind se dood.
Wat dan van ‘n arme taxibestuurder wat ‘n af dag gehad het en die rooilig verontagsaam het en dan sê maar 3 mense gedood het? Sal ons hom ook maar vergewe en aangaan.
Of Poppie se pa (ja die een wat haar dood geskop het), het hy dalk ‘n harde dag by die werk gehad en baie stress beleef toe hy dit gedoen het? Sal ons maar ook maar vergewe en op sy pad stuur?

Koos1 ·

O Ja, nog iets TDW. As hy oor die 50000 narkoses gegee het , weet ek hoekom hy ‘n af dag gehad het. As hy op ouderdom 25 begin het as narkotiseur het hy gemiddeld 7 tot 8 narkoses per dag hanteer teen 5 dae per week en dan ook uit gewerk sonder dat hy vakansies geneem het. So met die faktore gaan dit meer na 9 per dag toe.
Hy het sy werk as rotiene beskou, en en was heel moontlik oor werk omdat hy maksimum geld wil maak!

TDW ·

@willem. Ja ek is doodernstig. Het jy nog nooit amper in ‘n motorfiets vasgery terwyl jy wou draai, want hy was in jou blindekol en jy kon hom nie sien nie?
So maklik. Die dr het vergeet om van 5% af te gaan na 2% na 2 minute. Dalk was hy self oortuig dat hy dit reeds gedoen het, ek weet nie. Drs is nie perfek nie, maar hy het ‘n fout gemaak en hy betaal daarvoor en gaan nog baie lank. Hoe lank moet hy nog boet voor jy voel hy is vergewe? Dis nie iets wat hy wou doen nie, hy is nie ‘n gereelde willewragtig wat met mense se lewens speel nie.

TDW ·

@Koos1
Ek ken hom nie, maar ek het ‘n meer gedetailleerde berig gelees, en is baie jammer vir hom, hy gaan altyd daarmee moet saam leef. Dis nie iets wat hy aspris gedoen het nie.
My hart breek vir die ouers en vir die kind wie se lewe kort geknip is. Maar ek kan net nie dink hoe jy iemand wil tronk toe stuur vir iets wat net regtig ‘n oordeelsfout was nie. Ek dink bv aan die pa wat per ongeluk sy eie dogter dood geskiet het. Hoe erg moes dit gewees het vir hom. Verdien hy die tronk? Verdien hy om ‘n moordenaar genoem te word?
Ek is baie dankbaar dat my foute in my lewe nie ‘n lewe gekos het nie. Hy kan ongelukkig nie dieselfde sê nie.

Mens wonder ·

So het ‘n vlieenier ook al 50 000 passasiers vervoer maar die dag wat hy ‘n fout begaan die die lewens van passasiers kos WORD HY ORDENTLIK GESTRAF .. dit is as hy nie self omkom nie.. ALTYD partydig vir dokters… almal doen goed, beteken nie hy is ‘n GOD wat foutloos is en net mense se lewens kan kos en wegkom daarmee nie. DAARMEE SAAMLEEF? Hoeveel pasiente dink jy is al onder sy hande dood aan “natuurlike oorsake” . laat mens wonder of die ander komplikasies van narkose nie ook sy FOUTJIE was nie? OORDEELSFOUT? soos om met ‘n kar by ‘n trok verby te gaan en ‘n trompop botsing te veroorsaak??

Verstom ·

Dis absoluut verskriklik. Mens vertrou jou kind se lewe in n dokter se hande en dan dit. Hoe dien jy net te veel narkose toe? Waar was jy toe hulle mediese skool aangebied het. Nou wil die dr ander dokters op lei. Skrap die dokter van die rol en versprei hierdie so wyd as moontlik sou ek se. Hoe absoluut verskriklik. Hoe tel die ouers die stukke op!

Willem ·

Nee kyk, ek weet ook nie. As jy met babas werk behoort jy nog versigtiger te wees as dokter.

trane in my oë ·

@verstom, hy WIL nie drs oplei nie, deel van sy vonnis is….. HY MOET. wat heel moontlik beteken hy hey sedert die seuntjie se dood BEWYS dit is nie sy gewoonte om sulke foute te maak nie. dus n sameloop van omstandighede. het die ouers die seuntjie se hoogte en gewig reg opgegee? het hy dalk allergie gehad? die narkotiseur been hierdie inligting op goedertrou.

Ekskuus? ·

Trane in my oe, ek kan nie GLO wat ek lees nie. Het die ouers van die seuntjie die gewig reg aangegee? Is dit nou die ouers se skuld? Die narkotiseur het NALATIGHEID ERKEN, nou kom oordeel jy die ouers omdat hulle nie die regte gewig deurgegee het nie. Vir jou informasie . by alle hospitale waar EK vir narkose was WEEG hulle my self op hulle skale, hulle vertrou my nie eers as ek se hoeveel weeg ek op my huisskaal nie, aangesien dit dalk nie dieselfde as hulle s’n is nie, twee SUSTERS het my kom weeg en seker gemaak ek is die regte gewig voordat ek narkose gekry het. Die narkotiseer HET GEFOUTEER!! Skrap hom van die rol.

m ·

N Dokter wat skuldig bevind is moet mos van die mediese raad geskrap word want dis kan mos nou weer gebeur. Hy het n helse oordeelsfout begaan met die hoeveelheid narkose vir hierdie kind. Hy het seker nou weer n kontak iewers wat mooi vir hom gesorg het en die arme ouers moet probeer cope met hierdie groot verlies. Hierdie onregverdigheid in die lewe maak mens naar.

m ·

Die dokter ken seker weer die regte mense op die regte plekke wat toutjies kan trek.

J ·

Vergewe en vergeet die lewe gaan aan dit wag nie vir jou nie. Hof uitslag is afgehandel. Om aantehou ou koeie uit die sloot te gaan haal sal daar ook nie by die ouers berusting kom nie. Sterkte dink aan julle.

Fondse ·

Nalatig is n vae begrip. Was dit nie dalk n fout soos wat ons almal maak nie? Het julle geweet even van die redes waarom mediese kostes so hoog is is reeds omdat dokters en speaialiste soveel probleme het as hulle n enkele fout maak?

A Kellerman ·

Dat daar nog mense is wat dokters wil word gaan my verstand te bowe,gegewe die kommentare hier.Geen wonder swanger vrouens sukkel deesdae om verloskundiges te bekom nie.Dalk moet prokureurs wat op dokters in zoom maar die werk oorneem.Dit wil voorkom of baie mense hier dink dat mense wat dokters word as n groep nalatig,gewetenloos en onbevoegte skelms is.

NOnsens ·

Toemaar Kellerman die prokureurs val onder dieselfde groepie as dokters … elite wat untouchable is .. en almal uitbuit .. van oud tot jonk, arm tot ryk.

Aitog ·

Ek het op die ouderdom van 2 my ma verloor toe sy ingegaan het vir ‘n keisersnee. Wat een van ons gesin se wonderlikste dae moes wees het ontaard in ‘n nagmerrie as gevolg van komplikasies met die narkose. My baba sussie is dood gebore maar na vele poogings is sy weer bygebring. Die Hofsaak het vir 7jaar geduur waarna my familie besluit het om nie verder aan te gaan met die hofsaak nie. Ons het eers begin herstel na ons besluit het om te vergewe. Dit is nou 26 jaar later. Vir die laaste 4 jaar probeer ek al die dokter opspoor om vir hom self te kan sê ek en my sussie het hom vergewe. Dit is ‘n vreeslike gebeurtenis en dit is nie veronderstel om maklik te gaan nie, dit is ‘n leemte wat nooit gevul kan word nie. Sterkte vir die familie ek hoop julle vind eendag die vrede wat julle verdien.

Ditto ·

Aitog, ek was in September 2015 in ‘n privaat hospitaal vir ‘n keisersnee vir my dogtertjie se geboorte. Die oggend het ‘n suster vir my kom vra wat ek weeg. Ek het eerlik vir haar geantwoord dat ek nie weet nie. Daarna is ek na die teater gestoot waar ek spinale narkose gekry het. Ek het bitter, bitter siek geraak daarvan soveel so dat ek meeste van die geboorte nie eens kon onthou nie. Dit was my eerste keer ooit wat ek narkose gehad het, inteendeel, dit was my eerste hospitaalbesoek en operasie ooit. Ek het nie voor die tyd geweet dat gewig nodig is om narkose te bepaal nie.. As ek nou terugkyk, besef ek hoe verkeerd dinge daardie dag kon loop. Of dit die suster of die narkotiseur was wat nalatig was daai dag weet ek nie – dalk het die suster sommer besluit wat ek weeg. Mediese personeel speel cowboy met mense se lewens.

Kerneels ·

My lewens uitkyk is bly so ver moontlik weg van dokters. Hulle sal iets vind om te behandel of te opereer..sal nooit vir jou se julle is gesond en jou Klagte is niks nie. Want se nou hulle kyk iets mis en jy gaan dood. As hy iets gedoen het en.jy gaan dood kan hy mos se hy het sy bes probeer.

Regtig ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Hy gaan ander toekomstige Dr’s oplei nadat hy nalatig waz en die dood van n kind veroorsaak het. Ek dink almal moet saam staan dat die Dr’s raad al die toekomstige Dr’s wat by hom opleiding kry en gaan kry se name bekend gemaak word aan die publiek sodat almal weg bly van daai Dr’s ook, hoe kan hulle so iets toelaat???? Moord is Moord en dit is wat hy gepleeg het Moord.

mypaarsent ·

Adoons, jy het dit mooi in kort en klein opgesom. Stem saam met Willie.

MM kommentare deesdae wek net nie meer die belangstelling op as voorheen. Klip gooi en galbraak het die orde van die dag geword.

Jenny ·

Vir julle voel dit onregverdig, dit is dalk, selfs al is hy swaar gestraf gaan julle nog nie genesing vind in die dood van julle kindjie nie.
Gaan lees Rom 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Julle kindjie se dood het ‘n doel, niks gebeur sonder dat God daaroor beheer het nie. Vra julle self af: Watter doel het die dood van jul kindjie gehad.
Ek ken die seer, ons het ons kleinkind verloor op 17 maande.

Nooit ·

So ook Poppie, kom ons vergewe haar pappa en mamma ook maar, ons mag nie oordeel en klippe gooi nie .. dis mos nie julle kind nie. Dit gaan nie oor wraak nie dit gaan oor STrAF wat ‘n MOORDENAAR OF KRIMINEEL moet uitdien. As dit ‘n SWART dokter was het julle almal nou HANG HOM geskreeu!

jackie ·

Dit is belaglik om Poppy se stiefpa met die Dr te vergelyk. Hy was ‘n kindermishandelaar die Dr het ‘n fout gemaak wat onaanvaarbaar is maar beslis het hy dit nie beplan nie.Soms is daar motorongelukke waar mense nalatig bestuur en ander boet met hulle lewens maak dit ook al hierdie mense moordenaars. Hierdie man moet met ‘n skuld gevoel lewe vir die res van sy lewe en ons is nie daar om te oordeel nie God alleen sal oordeel.Jammer vir die ouers vd pragtige seuntjie bid vir vrede en berusting mag God sy hand oor familie hou.

Ada ·

My genade, wie is die skepsel wat hierdie patetiese straf gegee het? Hy/Sy is defnitief nie bekwaam vir die job nie. Dit is skandelik en verregaande.

gert ·

Laat weet asb wie die “regter’ was in hierdie saak sodat ons almal kan weet wie dit is. Sodoende kan die “regter’ dan in die koerant verskyn en almal kan sien hoe hy/sy lyk.

Mamma ·

Ek is vreeslik jammer vir die ouers se verlies. Ek dink die dood van ‘n kind is iets wat nie maklik is nie. Indien jy ingaan teken jy ‘n vrywaringsvorm – dat indien enige dokter NALATIG is, kan hy vervolg word. Maar daar is ‘n groot verskil tussen nalatig en iets wat gebeur. Ons het n geval dat my seun gestremd is na ‘n operasie. Dit was nie nalatigheid van die chirurg nie, maar wel ‘n operasie wat skeef geloop het. Ons wil nie eers die saak verder vat nie – want die hartseer sal nie weg gaan nie. My voorstel is, vergewe en gaan voort met jul lewe. Moenie dat die seer weer soos kanker oopgemaak word deur aan te gaan met die saak nie. Daai narkotiseur moet vir die res van sy lewe met sy gewete leef – as hy nie ‘n gewete het nie, is dit sy saak. Probeer die goeie en mooi oomblikke van jul kleinding onthou en fokus op jul ander tweetjies. Sterkte

Geen gewete ·

Hulle het nie gewete nie, kyk maar na die rekeninge wat mense sukkel om te betaal maande nadat ‘n kind dood is.

se net ·

ek verstaan die hartseer als. Om n saak te gaan maak gaan eintlik niks help nie, ek het so paar jaar terug ook in n privaat hospitaal en n dr, het my hele hele binnegoed verwoes, ek drink elke dag van my lewe pille net sodat ek kan normaal aangaan en nie in n hopie le van pyn nie. Ek het gegaan om n saak teen haar te maak toe se die mediese raad ek kan ongelukkig niks teen haar doen nie ek het n vorm geteken wat haar beskerm. My saak is wel nie die selfde nie, na als en ek kry ontsteking toe moes n ander dr oor neem net om my reg te kry na amper n miljoen rand se skade, my dogtertjie was maar net 5 maande oud gewees.
try liewerste hom vergewe en om gelukkig te wees saam met die res van jou kinders.

Anoniem ·

Sjoe maar dis heerlik om te oordeel waar jy nie die insig en eershandse feite het van beide partye nie. Dis maklik om n gevolgtrekking te maak van n gewetenlose dokter wat geen berou toon gebasseer op die loutere sensationele snert wat in die media gepubliseer word. Dr Kotze is met die dag van die kind se dood lewens lank gevonnis en sal nooit weer dieselfde wees nie. Ja, hy sal rekening moet doen voor God maar die van julle wat reken dat julle in n posisie is om hom namens God te oordeel moet liefs voortaan maar uit die kerk bly

Doodstraf ·

Sou ook maar ANONIEM wees as ek jy was. Julle staan heel voor en skreeu straf die moordenaars, maar as dit ‘n DOKTER is, moet hy nie gestraf word nie . dit is hoekom doodstraf nie teruggebring kan word nie . want die DOKTER sou swaai, so ook Poppie se pa en plaasmoordenaars, maar dis mos nie dieselfde nie ne?.. Die ou OORDEEL deuntjie raak nou VREESLIK VERVELIG, hy is SKULDIG bevind .. duh .. dit is die REGSTELSEL. Die dokter het al vergeet van die kind … hy deal met duisende mense in sy beroep .. GAAN JY KERK TOE? want jy moet ook dan uit die kerk uitbly as jy die NERVE het om vir ander mense te se hulle moet uit die kerk uitbly .DIT NOEM JY OORDEEL!!

Weet van die Windhoek Dokter ·

Hoe erg dit ook al klink, dink ek hy het die regte straf gekry. Tronkstraf sou nie gepas gewees het nie. Elke mens maak ‘n fout. En deur hom in sy beroep te gebruik om terug te ploeg is beter. In Windoek in Namibia was daar ‘n bekende dokter, dr R, wat gevang was vir handel in diamante en hy moes gemeenskapdiens doen. Dit was erg op hom. Hy moes via 2 jaar, sonder een dag af, 8 ure gemeenskapsdiens doen NADAT hy in sy praktyk gewerk het en GEEN dag af nie. Hy het amper sy eie lewe verloor weens die strawwe omstandighede. Sy straf het hy uitgezien. Hy is nou ‘n ouman wat in Durbanville woon en ek glo hy onthou dit elke dag. Hierdie narkotiseur is reg gestraf, dit sal hom elke dag herhinner wat gebeur het. Hy sal ander oplei om nie die fout te herhaal nie. Tronkstraf is te gemaklik. Die dokter van Namibia se straf is selfs in regsjoernale as baie effektief maar baie straf, gedokkumenteer. Laat dieselfde met die narkotiseur gebeur.

Blikkies ·

Hys ‘n DIEF as hy aan diefstal en diamanthandel skuldig bevind is. Hy moes eerder IN die tronk gemeenskapsdiens doen en die tronkvoels behandel het,dit sou vir hom ‘n straf gewees het en dit sou die salaris van ‘n tronkdokter gespaar het .. Genade ons .. was dit ‘n gewone ou wat vir diamanthandel gevang is het hy nounog in die tronk gesit …

Estelle Claassens ·

Ek voel bitter jammer vir julle as ouers en hoop dat die Here vergifnis en aanvaarding aan jul sal gee. Daar is niks so wonderlik soos bevryding nie en ek sê dit nie ligtelik nie. Mag die Here julle ryklik seën, kon leef weer in Sy lig.met vreugde en jul kleinman altyd in jul harte. Onthou dit was nie vaarwel nie maar net tot weersiens……….?

Estelle Claassens ·

Wonder maar net.
Ek stem heelhartig met jou saam.
Haat en veroordeling maak mens lelik…..wees wie God wil hê jul moet wees. Liefde.

Sue ·

Ekke is te platkop om hierdie vonnis te begryp… So…waar le die justice hierin? Skuldig…maar vry? En hy gaan net kort van 70 jaar oud wees as hy sy vonnis gedien het…daarmee is die vonnis n blessing want hy kan langer werk as sy aftrede…

Annie ·

Suid Afrika is van dubbel standaarde aan mekaar gesit. Hy kan nie sy gewete skoon koop nie …

laat dit daar ·

Ek ken die dr…hy is wonderlike man wat net fout gemaak het…los hom nou. Dit ry hom al van daai tyd af en hy sukkel met sy fout…die wat geen sondes het nie vat die eerste klip en gooi hom…ja dis n lewe…maar sy eie skuldgevoel is groot straf al klaar. Hy moet homself vergewe…
Probeer julle nou ook vergewe…

Nicole ·

Dank Vader vir die pragtige 2 wat by julle is… Vergewe my mensie en sien hoeJesus julle sal Seen.

Mag ek net vrae ·

Mag ek net vra, hoe nugter is jy as jy nie agterkom die enigste pasient waarmee jy besig is haal nie meer asem nie,? Hiers meer as net een fout.. my opinie is dat die dr of onder die invloed was van iets, dalk slaap pille of iets wat gemaak het dat sy fokus nie by die kind was nie, of hy moes lankal afgetree het en toe tree hy op.. so jammer vir julle verlies.. ek bid dat julle dit nog verder gaan vat. Die man gaan nou ander studente oplei en wat as hy nog n foutjie maak en nie agterkom wat voor hom aangaan nie. Asb. Stop hom. Hou hom weg uit teater en mense se lewens uit.

Stem saam ·

Ek stem saam, die feit dat hy ‘n dokter is en al mense se lewens gered het tel in sy guns .. en skielik mag niemand oordeel of straf nie .. want hy moet met sy gewete saamleef? Dit is ‘n lekker straf, ek is seker alle ander moordenaars en verkragters sou ook graag net met hulle ‘ gewetens’ wou saamleef in plaas van in die tronk sit. Daar is baie berigte al gewees van dokters wat onder die invloed van medikasie opereer, ook drank, en ander substansies, of op hulle selfone text terwyl hulle moet aandag skenk aan die pasient, ek se NIE dit was die geval hier nie, maar om die dokter te verontskuldig is regtig ONAANVAARBAAR! HOU hom weg van ander pasiente .. hy moet AFTREE!

ma van n mediese student ·

Ek lees als met hartseer en angs. Ek weet hoe hard my kind op skool gewerk het en nog steeds werk… met spoed sessies van die oggend tot die volgende middag… dwarsdeur. Doodmoeg. Volgende sessie is volgende week weer…harde teikens wat gestel word deur opleidings personeel en akademie. Nog steeds klasse en toetse en eksamens. In vakansie tyd leer hulle deurentyd. Absoluut toegewyd. Oor die keuringvereistes hoef ek julle niks te vertel nie. Ons skraap die geld bymekaar. …nog ‘n baie baie lang pad wat voorle vir spesialiseringsrigting. Ek kan net vir die mediese studente bid vir die toekoms.

Della ·

Baie swaar en hartseer om al die kommentare te lees. Dit mag dalk net ‘n fout gewees het MAAR het julle van die vorige berigte al vergeet? Sy “houding” toe hy uit die teatersaal gekom het, het boekdele gespreek en die feit dat hy sy fout erken het, is net te danke dat die ander dokters teen hom gedraai het. Anders het hy voortgegaan om sy skuld te “ontken”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.