NASA-logo mag nie gebruik word nie

Logo's van die Benoni-akademie (L) en die ruimte-agentskap (R)

Logo’s van die Benoni-akademie (L) en die ruimte-agentskap (R)

Die Nasionale Ambagslui en Vaardigheidsakademie in Benoni is aangesê om nie meer die naam en logo van die Amerikaanse Nasionale Aëronoutika en Ruimteadministrasie (NASA) te gebruik nie.

Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) het Woensdag die uitspraak gemaak nadat die Ekurhuleni Ambagslui en Vaardigheidsopleidingsentrum ʼn klag ingedien het. Die Ekurhuleni-sentrum het aangevoer die naam en logo wat in die akademie se bemarking gebruik word, verkeerdelik ʼn verbinding aan die ruimteadministrasie reflekteer of ʼn soortgelyke verwagting skep.

Volgens die Benoni-akademie het hy reeds sy brosjures onttrek en opgehou om dit te versprei. Hy het ook ʼn nuwe ontwerp vir sy pamflette geskep. Die akademie het ook gesê sy akroniem is nie bedoel om die publiek te mislei nie.

Die GRS het bevind dat die respondent nie aëronoutika-produkte vervaardig of studente in dié bedryf oplei nie, maar gesê NASA is die liggaam wat ʼn reg het om ʼn klag daaroor in te dien, nie die Ekurhuleni-sentrum nie. Die beslissing is egter gemaak dat die Benoni-akademie nie meer die NASA-logo mag gebruik nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.