Nasaat van Paul Kruger op kleinhoewe doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Michiel Kruger, ʼn 50-jarige onderwyser en nasaat van oudpres. Paul Kruger, is Dinsdagoggend koelbloedig in sy bed op ’n kleinhoewe in Noordwes doodgeskiet.

Die voorval het in Moedwil in die Rustenburg-omgewing plaasgevind.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Drie gewapende mans het die huis omstreeks 02:00 deur ’n kombuisvenster binnegekom. Hulle het na die slaapkamer geloop waar die oorledene geslaap het en hom drie keer geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Moleko gesê.

Ds. Dirk Wijnbeek van die Gereformeerde Kerk Swartruggens waar Kruger ʼn “raakvat ouderling” was, het ook die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Wijnbeek is Michiel se ma, Asta Kruger, in haar tagtigs, vasgebind en het die aanvallers ʼn lap in haar mond gedruk.

Wijnbeek het Kruger vanoggend in die hospitaal besoek. “Dit is my heilige oortuiging dat hierdie ding nie buite beheer geraak het nie. Sy het net ʼn bloukol op haar arm. Sy het haarself Sondag ʼn week gelede meer bloukolle met ʼn kierie toegedien toe sy Brahmanbeeste wat in hul erf beland het probeer wegjaag het as tydens dié aanval. Dit is merkwaardig.”

Wijnbeek sê Michiel se dood is nie net emosioneel vir die familie nie, maar dat sy afsterwe ook ʼn “harde hou” vir die gemeente is aangesien hy so nou by die kerk betrokke was.

Moleko en Wijnbeek het bevestig dit was net Kruger en sy moeder in die huis ten tyde van die voorval.

Die aanvallers het van die toneel gevlug met twee selfone. Wijnbeek sê die buurman se honde het vreeslik begin lawaai maak en dit het vermoedelik ook die aanvallers genoop om van die toneel af te vlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Nel ·

Moord vir 2 selfone ………
Dis is net nie reg nie. Baie baie sterkte vir die familie.

Cherokee ·

Twyfel of huisroof werklik ‘n faktor is. 2 Selfone is geroof. Waarskynlik word hulle aangesê om iets, al is dit ‘n blikbeker of pakkie rys, te neem om dit na huisroof te laat lyk.

trol ·

selfone vat hulle, ook rekenaars en gewone fone. dit is eenvoudig net om kommunikasie uit te skakel.

Zumie ·

Uit 21 jaar se aanklaersondervinding waarvan 10 jaar amper uitsluitlik moord was kan ek uit eie ondervinding se dat heelwat plaasaanvalle niks met diefstal en roof te doen gehad het nie deurdat aanvallers vir die inwoners gewag het.

Drie ·

Stem saam, waarom het hulle direk na sy slaapkamer geloop (hoe het hulle in die eerste plek geweet waar dit is?) en hom DRIE keer geskiet. Hy het mos geen kans teen hulle gehad nie.

Logika ·

Skaf doodstraf af
Onbind kommando’s
Steng wapen lesensies
Wette om selfverdediging te voorkom
Media wat gevolge vir wit op swart “geweld” oor berig

Die wat nie kan sien dat hierdie goed bedink en beheer word nie is deel van die probleem.

Cherokee ·

Wat ‘n simpel stelling om te sê ‘genoeg’. Genoeg dui op ‘n nodigheid wat vervul is. Selfs die eerste keer was een te veel.

Pieter Deyzel ·

Familie van my… Asta is die wonderlikste liefdevolle mensie. Michiel was ‘n passievolle jagter. Hoekom???? Hierdie is plaasmoord, en ramaphoza kan dit nie erken nie.

Eina ·

Jammer vir julle verlies.

Hy gee nie om wat ons of hulle dit noem nie. Solank hy net boere van die grond af kan kry sodat hy maklik kan Nationaliseer. Dit is al.

HY IS NIE JOU PRESIDENT NIE!! Was nooit sal nooit wees nie, het self so gesê…on is nie sy “our people” nie. Hy gaan jou nie help nie…in teen deel.

Fryingfrog ·

Jou lewe vir een verdomde selfoon. Jou beserings vir nog so ‘n selfoon. En drie dapper mans met wapens arriveer om dit te kom afhaal. Siek! Siek! Siek!! Ons bid vir hierdie gelowige kinders van God.

waarheid ·

Ramapaddapot se hande is rooi van ons bloed deur sy ontkenning en leuens.
Hy gaan nog daarvoor gestraf word.

wielie ·

Hoeveel vergaderings en by eenkomste nog??? Help dit enigsins ??? Vat n geweer en skiet die gemors vrek voor hulle by jou en geliefdes kan uitkom! So reinig on SA van moordenaars en diewe — Skiet hulle vrek. No more meetings en expensive vergaderings waar elkeen net hulle stemme hoor, GELD MAAK EN GERAAS MAAK. SKIET DIE GEMORS VOOR HULLE MOOR – minder werk vi polisie en minder MOORD in SA.
Daar gaan seker nou weer gepraaaaaaaaaaaat word oor n oplosing intussen moor die gemors nog mense. SKIET EN SKIET VREK — GEEN VRAE. KLAAR EASY AS THAT – lewe vir n lewe.

anton ·

n Dubbel Bells vir jou……nee wag, sommer n hele vol bottel!!!

PJC ·

Duidelik was die aanvallers se plan om te moor. Die enkele items wat hulle neem is maar net om dit na ń rooftog te laat lyk.

Chrissie ·

Geld maak storie as hy so wondelik is hoekom doen hy dit nie gratis nie.
As jy wil bid doen dit by jou self nie nodige vir die wereld om te sien jy moet net in jou self glo.

Hans ·

Vreeslik dat 80+ jarige op so manier te behandel. Wat kon sy regtig aan die rowers doen. Nou is haar kind op do wreedaardige wyse gedood,wat gaan nou van haar word.

jean ·

Weereens word dit bewys,,,,,,dis moord…plein en simpel. Kan n selfoon by pep koop.

Bella ·

Demone!???☠️?wis hulle almal volkome uit Vader. In Jesus Heilige Naam. Amen ??????????

Lance ·

Lees Cherokee se kommentaar altyd insiggewind en verrykend, ons het ń leier soos hy nodig,ń persoon wat sy politiek ken en altyd standpunt kan in neem.Jammer sukkel ń bietjie met die afrikaans.Mooi dag en sterkte aan al julle MM lesers.

Opserweer ·

Ek was daar,n man was Baie senuweeagtig loop op en AF so asof Hy meer weet. Hierdie moord is meer as net moord daar het beplanning in gegaan………ek hoop ons knap speurders Los hierdie saak op en vind die brein agter hierdie grusame onnodige moord! Alle speurders,mag jul met verligte oe en denke gelei word. Asta is n wonderlike staal vrou,SY het reeds haar man en twee seuns aan die dood AF gestaan. Baie sterkte. Magiel was n ware kind van God en Hy het dit elke dag geleef!

Japsnoet ·

Dis so onnodig!!??
Sterkteaan die familie. Mag God julle versterk in hierdie hartseer tyd.??

Johan Coetzer ·

Ai Michiel, my hart het gebreek toe ek die sware nuus ontvang. Jy sal beslis gemis word deur almal vir wie jy n staatmaker was. Jou raakvat, dog nederige geaardheid sal my altyd bybly. Rus in vrede ou vriend.

ana ·

Ek is ook Familie al ken Ek nie bg persoon. My Groot Oupa was Paul Kruger Se Neef.
Wat Kan Mens Se , daar is nie meer woorde nie.

kallie ·

Vreeslik tragies,koelbloedig vermoor.Stap sommer net in iemand se privaatheid in en skiet? Ek lees die buurman se honde het begin blaf, waar was hierdie mense se honde dan? Mense op plase en plotte kan net nie meer sonder honde snags slaap nie. Dalk kan hulle jou vroeg genoeg waarsku en lewens red.

GP ·

Baie sterkte aan die familie.

Solank mense vere voel vir sekuriteit sal hulle slagoffers van die soort misdaad wees en skurke motiveer om meer te doen. Hou op almal blameer en sorg vir eie veiligheid. Ordentlike diefwering gekoppelde alarm gang hek ten minste.

Tiger ·

Innige simpatie aan sy naasbestaandes.Plaasboere/- bewoners word asb wakker en skerp jul paraatheid op.Die oorlog teen boere is in volle swang.Ons bly lankal nie meer in Disneyland nie!
Kry ‘n hond wat BINNE die huis slaap om te waarsku teen inbrekers voor hulle binne in die huis is.Dan kan daar plan gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.