Nasionale Beplanningskommissie sê SA boer agteruit

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Die Nasionale Beplanningskommissie sê in sy jongste ekonomiese verslag dat Suid-Afrika in ʼn giftige afwaartse spiraal vasgevang is, en dat ʼn koersverandering noodsaaklik is as die doelwitte van die nasionale ontwikkelingsplan (NOP) verwesenlik wil word.

Die Nasionale Beplanningskommissie het die NOP opgestel. Die NOP is reeds sedert 2012 die hoeksteen van die ANC-regering se beleid, maar die bevindings deur dieselfde kenners wat dit opgestel het, oor die implementering van daardie beleid, is verdoemend.

Die verslag stel dit in soveel woorde dat Suid-Afrika eintlik reeds by die kruispad verby is, en dat slegs ʼn baie definitiewe en eksplisiete koersverandering die NOP-doelwitte bereikbaar sal maak.

Die verslag lê in harde, feitgedrewe besonderhede bloot in watter mate die Suid-Afrikaanse staat nie in staat is om sy rol te vervul nie, en benadruk telkens die belang van deregulering om belegging deur die private sektor aan te wakker – presies die teenoorgestelde van wat ANC-LP’s deurgaans in die parlement bepleit.

Die verslag draai nie doekies om dat die Suid-Afrikaanse staat onkapabel is nie en wys die presiese ingegreinde swakhede van die ANC-beheerde staatsdiens uit wat opposisiepartye ook doen – maar hierdie keer kom die kritiek van kenners wat die ANC-regering self aangestel het.

In bladsy op bladsy van analise oor die mislukkende staat waarvan die besonderhede vir ingeligte Suid-Afrikaners baie bekend sal wees, maak die Nasionale Beplanningskommissie hul aanbevelings oor hoe sake kan verbeter.

Wat die koronavirus betref is gesondheidsoorwegings volgens die kommissie die belangrikste, gevolg deur ondersteuning aan ondernemings en werkers, ondersteuning van arbeidsintensiewe bedrywe, ʼn herstelplan vir die toerismesektor en meer openbare werke- programme.

Ten einde finansiële en fiskale stabiliteit te bereik moet belastinginvordering opgeskerp word, hoë impakbesteding moet geprioritiseer word, vertroue in die begrotingsraamwerk moet herstel word, suksesvolle onderhandeling van staatsdienssalarisse is noodsaaklik, staatsbeheerde ondernemings moet behoorlik bestuur word, munisipale finansies moet gestabiliseer word en daar moet streng opgetree word teen korrupsie.

Die siviele konstruksie- sektor moet herstel word, planne vir infrastruktuur-uitbreidings moet geïmplementeer word, infrastruktuur moet herstel en in stand gehou word, en die invloed van mafia-agtige kriminele wat konstruksiewerk ontwrig, moet vernietig word.

Wat onderwys betref moet skoolbesture en spesifiek skoolhoofde verantwoordbaar gehou word vir hul skole se prestasievlakke, beter onderwysdata moet ingewin word, alle skole moet internet-toegang hê en opleiding moet meer in pas wees met die vereistes van die werkplek.

Aan die arbeidsfront moet kwotavereistes vir kleinsake-ondernemings verminder word, vakbondlede moet meer uitkomsgebaseerd beoordeel word en sterker fokus moet op die uitbou van arbeidsintensiewe nywerhede geplaas word.

Buitelandse toerisme moet gestimuleer word en visumvereistes moet verslap word.

Ten opsigte van regering moet ʼn beter stelsel vir loononderhandelinge in die staatsdiens gevind word, daar moenie politieke inmenging in die staatsdiens en staatsbeheerde ondernemings wees nie, bestuur van sowel staatsbeheerde ondernemings as munisipaliteite moet drasties en dadelik verbeter, daar moet beter samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsfere wees en deursigtige tenderprosesse moet gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Dis maar wat gebeur wanneer n land deur mense met “dry and damaged hair” regeer word.

marius ·

Julle kon dit by die man wat mielies op die straathoek verkoop gehoor het , sonder om ‘ n komissie miljoene te betaal .

Mariana ·

Maw die belastingbetaler moet maar weereens pa-staan vir al die soustrein ryers. Voos betaalde belastingbetalers. Regering vat net nooit verantwoordelikheid vir besteding uit staatskas nie. Te maklik om als op belastingbetalers se skouers te sit.

Pieter ·

Dit is niks snaaks nie gaan orals in afrika so. Hoe kan jy n land best as tagtig persent van die land se menisters net graad twee het. Dit kan en sal nooit werk nie dit wil ek graag sien.

henndrik ·

Soos my komentaar op ‘n ander berig, die ANC weet nie hoe om reels en wette toe te pas nie

Peetjie ·

Blah blah blah… Ons weet al die goed en wil graag help, maar “our people” wil net skep en skep ten koste van ander….

Hendrik ·

Ek het nooit gedink, dat ek die punt in my lewe sal bereik nie.
Watter Punt:
Dat Suid Afrika, eens die magtigste land in Afrika, die uitwerpsel sal word nie!!!
Ek voorspel vandag:
Namibia en Botswana sal Suid Afrika verby steek. Suid Afrika sal nog begin bedel by die 2 nasies.

Blikkies ·

Wat die beplannings kommisie nou vra om die land weer op koers te kry is ‘Impossible’. Solank die ANC hierdie land beheer sal hulle verwagtinge ‘Impossible’ wees. Voorsien eerder vir nog n verdere negatiewe en afwaartse agteruit boerdery.

Mrs H ·

Kanseleer alle wette wat deur Jacob Zuma ingestel of verander is om mee te begin….

Bosveldbul73 ·

Maar net nog ‘n paar miljoen wat weg gegee is deur ‘n “niksseggende kommissie” aan te stel, aangesien die ANC se “Top 6” hulle maar net eenvoudig gaan afvee aan die bevindinge…

Mallie ·

Wys jou weereens hoe onbevoeg ons regering en sy cowboys and girls are.

Tino ·

Dalk moet die weermag nie op die strand rond hang nie maar die konstruksie mafia uitsort. vinnige voorbeeld maar dit pas nie by die agenda van sosialisme in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.