Nasionale Gesondheidsversekering beslis op pad

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan is op pad, al weet ons nog nie presies wat dit gaan kos nie, sê die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize.

Hy het die parlementêre mediakorps ingelig oor die plan direk nadat hy vanoggend sy begrotingsrede gelewer het.

Volgens Mkhize het die kabinet hierdie week die wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds goedgekeur, maar dit kan nie met die media gedeel word alvorens dit nie aan die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid oorhandig is vir debat, deelname deur die publiek en gevolglike wysiging nie.

Toe lede van die media aan hom uitwys dat dit gewoon onsin is, daar is nie so ‘n reël, wet of konvensie nie, het dit aan die lig gekom dat die nasionale tesourie nog besig is met die kosteberekeninge, waarvan die reël wel is dat dit by enige wetsontwerp ingesluit moet word.

Die verwagting is dat die kosteberekeninge deur die nasionale tesourie binne die volgende twee weke voltooi sal wees, waarna dit by die wetsontwerp ingesluit sal word, betyds vir die publikasie van die wetsontwerp vir openbare kommentaar.

Die idee van die regering se kant is nietemin om reeds met die daarstel van die stelsel in spesifieke dele van die land te begin. Aanvanklik gaan R57 miljoen daarvoor benodig word, wat mettertyd sal toeneem tot R145 miljoen, en R287 miljoen oor die volgende drie jaar.

Wat vandag duidelik was, is dat die minister haastig is om met die stelsel te begin, of daar genoeg geld daarvoor is of nie.

“Ons sal stuksgewys begin, maar ons het reeds te veel oor hierdie kwessie gepraat en te min gedoen. Ondervinding in Brittanje, Japan en Frankryk het gewys mens moet nooit dink jy het te min geld vir so ‘n stelsel nie. Al daardie lande het hul stelsels ingestel toe dit met hulle ekonomies swaar gegaan het. Ons moet leer uit ons foute en regstellings doen namate ons vorder,” het Mkhize bygevoeg.

Vrae oor of dokters en pasiënte kan kies om nie die NGV te gebruik nie en eerder privaat te bly funksioneer, is vaag beantwoord. Dit blyk dat die staat gaan poog om die meeste medici in te kontrakteer, maar dat daar steeds ʼn moontlikheid vir dokters sal wees om privaat te praktiseer, en vir pasiënte om sulke private dienste te gebruik, maar dat dit streng omskryf sal word.

In reaksie het die DA, EFF en VF Plus gesê hulle glo nie die regering se huidige hantering van gesondheidsorg boesem hoegenaamd vertroue in dat die NGV suksesvol geïmplementeer gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

ne ·

Daar is baie geld beskikbaar. Veral moet hulle eers kyk om die huidige hospitale en personeel op standaard te kry. Maar die ministers sal seer sekerlik nie van die dokters/hospitale gebruik maak nie. Gaan liewer oorsee vir behandeling

San ·

Stem saam. Doen eers opgradering en instanhouding by staatshospitale voor daar aandag gegee word aan NGV.

Felix ·

Nasionalisering van privaat hospitale, kan dit ook ‘n moontlikheid wees?

Christa Rootman ·

En dan word die klinieke en hospitale eerder verniel en afgebrand…dis mos lekker om te verwoes!!!

Martie ·

Ek dink daar moet eers besoeke aan die staats hospitale gedoen word sonder dat die hospitale vooraf in kennis gestel word want die hospitale is vuil,stink en in algehele verval die staf is pateties sleg en heeldag op hulle fone of sit en lag en gesels in hulle teekamer dan is daar ook privaat hospitale waar dit net so gaan,medikasie word nie betyds gegee nie jy kry een keer n dag tee of koffie partykeer droe brood en droe pap met sous dit is n algehele gemors badkamers en toilets is vuil partykeer onbruikbaar.Hier sal hulle baie mooi moet dink.

Deon ·

Die Regering kan nie eers die staatshospitale bestuur nie nou wil hulle die hele gesondheidsdiens oorneem om op te neuk. Ons wat lede is van mediese fondse sal ons korting op inkomste belasting verloor om geld beskikbaar te stel vir hulle om die nuwe plan te befonds. Die Staatsamptenare kry n subsidie op hul maandelikse premie aan mediese fonds. Dit sal ook weggevat word en sodoende die lede dwing om van die NVG gebruik te maak want sonder Staat se subsidie sal weinig die volle premie van n mediese fonds kan bekostig. Maak jou klaar vir n baie swak diens.

Carel ·

Daar is nog nie genoeg verduidelik, gepraat gesoebat dat hier die nie deurdink is nie. Asof ons nie reeds weet van die krisisse wat veroorsaak is by Eskom, Denel ens. nie. So mense gaan ons iets doen as Afrikaner of is dit weer die lamsakkigheid of wag en wag? Word wakker Afriforum, Solidariteit en Akademia! Stig ons eie private medies met hospitale en ondersteun ons dokters, verpleegsters, narkorkotiseurs, tandarts en ander ondersteunings personeel dat hulle nie die land verlaat of ophou praktiseer nie. Basta met die spul dwase.

Gert van Wierdapark ·

Daar word nou van Miljoene Rande gepraat, maar ons weet mos wat gaan gebeur – dit stoom voort na Biljoene….wat is ‘n paar ekstra 000 nou? Die Soustrein het nog ‘n stasie by gekry waar geskep gaan word!! Vir-Seker!

Andreas ·

Daardie trein het nou sopas vermy die stasie op ons dorp geblits op pad na die nuwe superstad.

humor ·

Die vent praat van voorbeelde soos Britanje, Japan en Frankryk en hy besef geensins dat dit eerstewereldlande is nie, wat nie korup is nie, wat weet wat gespesialiseerde opleiding en arbeid is nie, en wat weet wat higiene en kliniese versorging en hospitale is nie.

Hanna Hoekom ·

Dit was die eerste gedagte wat by my opgekom het: die knaap noem dan nou eerste wereld lande op! Dit is nou daardie lande wat nie alewig bakhand staan en bedel by ander ryker lande nie. Dis ook lande met sterk immigrasie beheer en min tot geen korrupsie in hul regerings. Ja nee, die knaap weet duidelik nie waarvan hy praat nie!

S ·

Verseker het ons Gesondheidsminister nog nie iets oorgekom dat hy skielik behandeling by een van die Staatshospitale moes ontvang het nie. Ek stem ook dat die ministers en parlementslede TESAME MET ONS PRESIDENT die hospitale eers moet besoek en nie op afspraak-reëlings nie maar ONVERWAGSE BESOEKE en hul gaan vereenselwig daarmee eers. Skenk eerder eers AANDAG EN GELD aan die vuil patetiese staatshospitale om dit eers reg te ruk. En dan mnr die Gesondheidsminister aan die Staats hospitale + klinieke se patetiese lui en onopgeleide personeel wat nie eens hul voete behoorlik kan optel as hul loop nie – SLEEP HUL VOETE IN DIE GANGE OP EN AF en dis al wat hul doen elke dag behalwe die geselsery en gegiggel daarby. Pasiente kan nie eens behoorlik dag of nagrus kry nie. Dan praat ons ook nie eens van die kos wat vir pasiente gegee word nie – nie eens die honde van die DBV sal dit wil eet nie!! Skandelik Skandelik hoe dit in Staatshospitale gaan dan wil hulle almal dieselfde maak!!! Minister gaan kyk of jy tevrede met dit als sal wees voordat jy dit op die publiek wil afdruk !!

Jan ·

Diw president en sy manne weet al hierdie dinge waarvan jy oraat en hulle lag lekker vir al die afrikaners wat vir n sucker gevang is..

humor ·

Bygese, hierdie lande weet ook wat baie harde en toegewyde arbeid is, en wat verseker ook leef met beroeps – en arbeidstrots.

Natan ·

Was gister weer op die langpad en by verskeie plekke verby gery waar ek gereeld kom die laaste jare. Dit is opvallend hoe baie padkonstruksiewerke net onvoltooid gelaat word vir die laaste 3 jaar al tot ontwrigting van die verkeer. Nou wil die regering hierdie gesondheidsplan instel, volgens die Nasionaal Demokratiese Rewolusie. Dit is alreeds tot ‘n ramp gedoem, hulle doen niks reg nie behalwe om die geld te plunder.

Koorsig ·

Gaan huidige privaat hospitale bring tot waar vandag se staats hospitale is,

Deon ·

Ryker mense is beter ingelig as die hulpelose massas. Hulle sal die staat dagvaar vir nalatigheid en swak diens dat die biesies bewe.

Johan ·

En dis ook die einde van billike mediese sorg in SA. Net nog ‘n produk van die oorgawe aan Akrikane se regering… weë die land waar die slaaf regeer.

HPV ·

Die belastingbetaler moer solank begroot vir jaarlikse reddingboeie net soos SAL, Eskom, Sabc, Denel en ander. Nog ‘n bykomende las op ons.

Kandas ·

“Not my circus, not my clowns” – bly al 20 jaar in die VSA. Selfs hier skop hulle teen Obama care. Dit werk nie.

Andreas ·

As jy na die boekrak uitreik, of op die kas langs jou bed, sal jy Die Bybel daar vind. Neem dit en hou dit styf vas, dan sal jy rustig slaap.

honourable member ·

Die volgende ramp Wat die land gaan tref en verder die af grond afdruk

Nursie ·

Ok, hou dit dan fair, verhoog vat 10%,dan dra almal mos by. Nie net party mense nie! Dan sal ons sien hoe happy is almal…..

Lalie ·

Wat wil hulle nou nog op voeter. Kan nie eers die huidige instand hou nie.

Antionette ·

Werner stem so saam met jou, maar ek dink persoonlik ons is al lankal in ons …. in.

bambi ·

BESTE nuus ooit! Net sekere bevoorregtes het privaat medies; nou kan almal baat vind! Dit werk in verskeie lande!

Nederkaner ·

Jy moet sarkasties wees. Die sekere landed waar dit werk, werk dit ook maar net net.

Aan die einde van jou eie arm is die hulp waarvoor jy bakhand staan ·

In verskeie Westerse, Eerste wêreld lande waar daar NIE 80% nie -bydraende parassiete is wat teer op die 20% bydraende belastingbetalers nie. Doen die somme.

Hennie ·

Twee dinge ontwyk hierdie sidiote: die beginsel van oorsaak en gevolg en die vermoë om dit sinvol te bestuur!

Susna ·

Dit is die Netcare groep wat dan maar eerste die spit moet afbyt. Dit is mos hulle wat met dit begin het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.