Nasionale gesondheidsversekering: Geen omdraaikans, sê Ramaphosa

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die regering gaan nie van plan verander oor die implementering van die nasionale gesondheidsversekering (NVG) nie, het pres. Cyril Ramaphosa dit Donderdag in die parlement duidelik gemaak.

Die president het gister vrae beantwoord, onder meer oor die omstrede NVG, wat volgens die regering ongelyke toegang tot gesondheidsorg gaan beëindig. “Ons word gevra om ʼn stelsel te behou wat die meerderheid van Suid-Afrikaners ontneem van toegang tot dokters en spesialiste … ons moet eenparig nee sê daarvoor,” het Ramaphosa gesê.

“Dit is onregverdig, ondoeltreffend en onvolhoubaar. Ons het genoeg hulpbronne in die land om gesondheidsorg aan elke man, vrou en kind te verskaf, maar ons weier om dit te doen, want ons wil die belange van ʼn paar bevorder tot nadeel van die res. Ons gaan dit verander en ons is heeltemal verbind daartoe.”

Verlede week is miljarde rand op die JSE uitgewis toe die NVG-wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê is. Die DA en ander partye dreig ook reeds om dit in die Konstitusionele Hof te laat toets.

Ramaphosa het die verliese betreur, maar die skuld daarvoor gepak op mense wat alarmistiese boodskappe daaroor rondstuur. “Ek voel jammer vir mense wat geld verloor het, maar verliese op die aandelebeurs gebeur maar van tyd tot tyd. Ons kan nie nou die 84% van mense wat by nasionale gesondheidsorg gaan baat, net agterlaat nie.”

Die burgerregtegroep AfriForum sê egter die wetsontwerp beoog om die gesondheidsbedryf “geheel en al te kommuniseer”. Hy sê dit gaan die regering die mag gee om te besluit watter behandeling ʼn pasiënt benodig, wie dit moet verskaf en waar.

AfriForum sê die wet kan nog teengestaan word en glo soveel moontlik mense moet kapsie maak daarteen. Hy is onder meer bekommerd oor die koste verbonde aan die NVG. Ongeveer 8,3% van die bevolking gaan verplig wees om die NGV ten bate van die hele land te befonds. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) was daar in die 2018 belastingjaar slegs 4,8 miljoen geregistreerde belastingbetalers, terwyl Suid-Afrika se bevolkingsyfer in hierdie tydperk 57,7 miljoen was.

AfriForum sê die stelsel gaan die staat ook toegang gee tot ál jou mediese inligting en gesondheidsorgverskaffers sal dit onder mekaar mag deel. Ingevolge die voorgestelde wetsontwerp gaan die NVG selfs beteken dat die staat die keuse van huisdokter aan ʼn pasiënt kan voorskryf, het die organisasie gesê.

Diegene wat die reëls verontagsaam gaan nie dekking hê nie en die regering gaan bepaal wát dienste kos, het AfriForum gesê. Hy waarsku dat mediese fondse moontlik ook heeltemal kan wegval en dat die staat medisyne vir almal gaan aankoop.

“Al hou die regering dit voor as die gans wat die goue eiers gaan lê, is die NGV nie die antwoord op die land se gesondheidsorgprobleme nie. Gelukkig kan dit nog gestop word. Suid-Afrikaners behoort hierdie stelsel met mag en mening teen te staan en aan AfriForum hul mandaat te gee om vryemarkbeginsels te beskerm,” het Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum, gesê.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het in reaksie op die wetsontwerp gesê universele gesondheidsorg is ononderhandelbaar, maar tensy die wetsontwerp beduidend verander word, gaan die NVG misluk.

Outa het gesê hy gaan ʼn voorlegging daaroor aan die parlement doen. Hy het gesê groot kommer heers oor die wetsontwerp in sy huidige formaat, die fonds wat daarvoor wat op die been gebring gaan word asook die uitwerking van die wetsontwerp op toegang tot gesondheidsorg.

“Ons het begrip vir die diepe kommer van die publiek wat die stelsel sal moet gebruik, die gesondheidsorgwerkers wat dit moet bedryf, asook diegene wat bekommerd is oor moontlike werksverliese in die mediesefondsbedryf en die breër gesondheidsorgstelsel,” het Outa se dr. Heinrich Volmink gesê.

Outa waarsku ook dat die enorme bedrae geld wat in die NVG-fonds gestort gaan word, met ʼn ysterhand beheer sal moet word. “Ons het ʼn eindelose lys van voorbeelde gesien waar staatsgeld en -instellings gestroop is.”

Outa meen daar is geen waarborg dat die NVG inderdaad toegang tot dienste aan armes gaan verbeter nie en dat die sentralisering van die stelsel hulle selfs verder kan marginaliseer.

Suid-Afrika bestee 12% van sy algehele begroting aan gesondheidsorg. “Die publiek kry nie waarde vir dié besteding nie. Die oplossing is nie om nog geld – wat ons nie het nie – na die probleem te gooi nie.”

Die VF Plus het gesê hy is bekommerd oor Ramaphosa se oorvereenvoudiging van die situasie.

“Die grootste gevaar vir die mislukking van die NGV is die ANC-regering wat oor 25 jaar by herhaling gewys het hy is nie in staat om te regeer of te bestuur nie,” het Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

sprakeloos ·

Geen kommentaar tot dusver.
Ons is sprakeloos van skok!

Joke! ·

Kan maar net lag oor die die Ramaphosas…Ai ja dit is reg ou Rhamapadakoker die kwaksalwers sal mooi na jou mense omsien nadat jy al die gekwalifiseerde Dokters land uit gejaag het…wat n klomp mamparas die lot…Maar moenie worry want die geagte Cyril nes Mugabe vlieg sommer gou gou Singapore toe op die belasting betaler se omkostes om n Dr te gaan sien.Hoe lagwekkend ongelooflik!.geen wonder Afrika trek so swaar nie!

Andre Coetzee ·

Nee wat.Hulpbronne ? Die belasting betaler se sak is seker die bronne wat alles gaan moet dra.Ou CR pel ek het nuus vir jou…daar is baie minder “hulpbronne ” as wat jy dink.

Rina ·

Tyd het aangebreek dat ons n nuwe regering aan bewind moet kry. Duisende gaan hul werk verloor. Mnr Ramaposa stap deur die hospitale dan sien u hoe lui het personeel geraak. Die duisende by staats hospitale en klinieke kan nie eers gehelp word nie. Jammer ek het geen vertroue in die huidige regering nie. Suid Afrika is besig om ten gronde te gaan. DIt is baie hartseer.

Rina ·

Wat n skande mnr Ranaposa om so besluit te neem . Ek kry die gevoel ons almal word aan ons neuse gelei dat baie waarhede van ons weggehou word. Kani glo wat ek gelees het nie dus net ja ja ja vir alles wat hierdie land gaan tol tot niks oorbly nie
Dit is vir ons om te besluit….

Millies ·

So beteken hierdie nou dat privaat hospitale wegval en dat ek nie na my dokter van keuse mag gaan by wie ek en my gesin al ‘n paadjie vir jare lank stap nie, maar dat die staat dit nou namens my gaan bepaal? Dit is mos 100% ‘n kommunistiese stelsel?

Ook verder, gaan my swaar verdiende belastinggeld wat ek betaal nou ook aangewend word sodat Jan-alleman dieselfde mediese sorg as ek moet ontvang? Maw, ek gaan bo-op alles ook ander verder moet subsidieer? Ek verstaan volkome dat nie almal ‘n mediese fonds kan bekostig nie, maar hoekom moet ek dan aanhou belasting betaal sodat die magdom (seker naby aan 50mil) mense wat geensins belasting bydra nie, dieselfde terugkry as ek? Of verstaan ek hierdie nou heeltemal verkeerd?

Jimmy ·

Jy is 100% reg. Die staat sal besluit wie, waar en hoe jy behandel moet word. ‘n Top Up plan sal nie help nie, want private hospitale sal toemaak en die staat sal die gebou onteien.

Ai ·

Meneer die President

Jy leef verseker in ‘n droomwêreld. Jy sê net wat gesê moet word om te verseker dat jy jou pos behou. Die NGV gaan nie werk nie. Gaan jy in Virginia se staats hospital gaan lê indien jy iets moet oorkom? Nee beslis nie. Geld gaan geplunder word, die middelklas gaan verarm met die 5% belasting op jou salaris, bedrog, plunder van staatsfondse, meer eise teen die department agv nalatigheid want kundige mediese personeel gaan eenvoudig nie betaal word vir hulle werk deur die NGV nie en gaan dus die pad vat. Kyk hovel eise is tans teen die department ingestel? 132 000 verdere werksverliese. Negatiewe ekonomiese groei, want die middelklas het nie die fondse om die ekonomie te stimuleer nie want die belastings en brandstofprys hou net aan styg. Die middelklas se besteebare inkomse raak al hoe minder en die ryk mense ontrek geld uit die land uit. Sodra die NGV in duie stort, en dit gaan gebeur, gaan jy dit nie kan red nie want dan is jy reeds uit jou amp uit en sit die volgende president met die gemors. Die ekonomie lyk die slegste ooit en daar is nie geld vir die tipe goed nie. Stel pryse vas op privaat medies ja, want dis buitensporig duur, maar moenie gesondheidsorg nasionaliseer nie, bou nuwe klinieke en hospitale en wanneer staatshospitale en dokters hulle werk kan doen, dan gooi jy als saam.

$ ·

Wat hier gebeur is dat die strewe na mag en om as oorwinnaars uit die stryd te tree, nou meer tel as redelikheid.
Hoe harder daar hierteen vasgekop word, hoe harder word die wil van die ANC om dit te implementeer.
Dit gaan nou oor wie gaan wen – en die regering is nie van plan om te verloor nie.

Jaco ·

Hoekom sal ek nou vrywillig my mediese sorg waarvoor ek ten duurste betaal deur hard te werkop gee sodat iemand anders wat nie werk nie en wat dalk selfs n immigrant is beter medies kan kry? Dan kan ek mos ook eerder by die huis gaan sit sodat iemand anders daarvoor betaal.

Ann ·

Ek betaal ten duurste vir my mediese sorg en staan nie met n bak hand nie

Magda ·

JA en darvoor moet jy BAIE DANKIE SE – Nie almal het die voorreg nie – NVG kan werk as almal saam werk – kyk maar oorsee – Gratis Medies vir almal (ONS EIE EK) in SA in die Probleem.

Deon ·

Magda, NGV werk in ontwikkelde lande waar die hele bevolking ‘n bydrae lewer. In SA moet 5 miljoen reeds vir 53 miljoen sorg, wat teen 2026 tot 60 miljoen gaan groei. Moet vir geen oomblik dink dat alle siekes in fancy private hospitale versorg gaan word nie. Daar gaan nie meer private hospitale wees nie. Daar gaan nie meer top spesialiste wees nie.

piper ·

mediese beroepe gaan die land verlaat in groot getalle. veral spesialiste. dit gaan gesondheidsorg verder afdruk en dienste gaan verswak by staats en privaat sektore. die wat wel agterbly gaan erg oorwerk wees en wag tye gaan lank wees.

Lizette ·

Ramaphoza mag dink hy het die finale sê en dat sy besluit omonkeerbaar is. Maar duidelik ken hy nie ons hemelse Vader nie. Heer, veg vir U kinders se behoud in SA. U stel regerings aan en U neem hulle weer weg.

Skalla ·

Mense wat privaat mediese sorg kan bekostig betaal self daarvoor. Volgens die president R250 biljoen per jaar, Terwyl daar net R220 biljoen op die res spandeer word, ook deur die mense wat privaat mediese sorg kan bekostig in die vorm van belasting. Hoekom wil mens iets word in die land as jy die heeltyd moet betaal vir mense wat nie bydra nie. Die staat moet hulle maar regmaak vir ‘n belasting verset.

Pieter ·

Skalla ek stem ons moes dit al lankal gedoen het maar nou ja om ons blankes te kry om saam te staan is nie moontlik nie dit is so jammer

bambi ·

Halleluja!! Dis almal se reg tot ordentlike gesondheids sorg; kom ons hoop dit gaan werk!

Petrus ·

NGV sal nie werk nie, dit weet jy seker teen hierdie tyd. Intussen, leef gesond, want jy wil nie in ‘n staats of private hospitaal beland nie.

Anoniem ·

Bambi, dit gaan niks verbeter vir jou nie!!!
Daar gaan geen privaat hospitale wees nie en jy gaan presies dieselfde indien nie baie swakker sorg kry in staats hospitale as wat jy huidiglik kry.

Gert ·

Bambi, gesondheidsorg is nie ‘n reg nie, al wil die kommunistiese regering voorgee dit is.

Joke! ·

Hehehehe ai ai ai bambi ..Jy laat my nogal dink aan n skaap oppad na die slagpale toe…Hul het net nie n idee wat vir hul wag om die draai nie…ai ja wel…

Faan ·

As enige ander regering dit wil doen sal ek dit (meskien) verwelkom. Maar beslis NIE die anc regering nie.

Lizette ·

O, as mens jou beroem op d Heer word dit verwyder. En dan vra ons waarom dit so gaan in hierdie land

Ai tog ·

Waarvoor betaal ons nou weer belasting?

Ag nee man, mens moet al 2:00vm in die ry val as jy ‘n tandarts wil sien. Hulle trek ook net 10 tande ‘n dag, daarom dat almal al so vroeg in die ry staan. As jy nie een van die tien is nie moet jy môre maar weer probeer.
Meeste klinieke help ook net mense voor 11:00. Na dit sê hulle vir jou jy moet terug kom.

Ek kan nie insien hoe werkende mense met so ‘n stelsel sal voort sukkel nie.

Wat gaan gebeur is ‘n paar ruiker mense gaan omkoop geld betaal om gesien te word en die res gaan nog minder diens kry as wat hulle voorheen het. In tussen tyd gaan die lieflike regering te lekker partytjie en belaglike verhogings aan almal toe staan.

Vrouens sal maar weer by die huis bly want as jy nie eers diens kan kry terwyl jy kraam nie gaan jy ook nie diens kry na die tyd met geboorte skade nie.

Lyk vir my eerder asof almal gaan swaarder kry.

Jimmy ·

SA is reeds oor die afgrond, dus is daar nie meer ‘n omdraaikans nie.

Kallie ·

Ons kan maar net bid dat die IMF die regering tot orde roep. Asseblief Moodys, doen julle deel en gradeer ons af tot skroot.

JohanR ·

Nou Cyril as daar geen omdraai kans is nie, hoekom vra jule nog die mense van Suid Afrika vir hulle opinies. Kon maar net soevel begin het om dit in te stel, en klaarkry! Dit is maar die Afrika manier. Moet alles eers afbreek, en dan later weer herbou. Dink sodra hierdie ding in beweeging kom moet almal hulself ontrek uit medise vondse want daai gaan in alle geval waai. Sit dan jou geld in ‘n 32 dag of GeldMark rekining, en betaal dan vir jou medies soos en waaneer jy moet. Privaat hospitaal moet ook begin om hulle deure te sluit, om nee te se vir die maligheid. Ons is 58 milljoen mense, en daar is maniere om terug te veg teen ‘n korrupte regeering!

Kallie ·

Private hospitale is in die besigheid om geld te maak. Hulle is nie liefdadigheidsorganisasies nie. Indien hulle verliese maak sal hulle die deure sluit en die sleutels weggooi.

Andre ·

Sal nie gebeur nie. Die land kry al lankal nie meer lenings of beleggings van die Weste af nie, al het Moodys die land nog bo Junk. Die IMF sal nie aan SA geld leen nie, want Trump het laas maand gewaarsku dat geen Afrika land ooit weer kan aansoek doen om hulp by enige organisasie wat die VSA steun as hulle nie hul skuld kan betaal nie. Dit einde het aangebreek vir die land.

wraggies ·

CR verdraai weer dinge, niemand wil dienste van sekeres weerhou nie. Wat wel gevra word is dat die staats gesondheid sektor eers reggeruk word, en of die skema bekostig kan word, dis sy eie ANC beheerde staat wat weer sal misluk weens korrupsie.

KDT ·

Ek het iewers anders gelees dat ek en jy soveel as 31% meer belasting gaan betaal om vir hierdie te betaal. So, dit beteken ek vat net 20% van my salaris huis toe? Help my asb reg as ek verkeerd is.

Jimmy ·

Dit is die kort en lank van die saak. Ons word almal armer. Wag totdat jou pensioen en aftreefondse verplig word om in Eskom te belê, dan is jy in vir ‘n harde aftrede.

LR ·

Wel wat in hierdie land het die ANC nog nie opgeneuk nie, alles waaraan hulle vat verander in mis. Kom ons kyk wat is daar wat hulle nog kan opneuk.
1. Die gondheidstelsel
2. Die pensioene
Las maar by soos julle daaraan kan dink.

Landie ·

Dit is nie ‘n stelsel wat enigsins kan suksesvol wees nie. Hoekom? Want daar is eenvoudig nie genoeg belasting betalers wat bydra nie. Mediese sorg in sy geheel gaan ineenstort. Dr’s wat gehaalte sorg aan pasiente gee gaan die hasepad kies. Gesondheidsorg is lank reeds nie meer wat dit moet wees nie? Hoekom so? Want jy het eenvoudig 30% matriekulante wat toelating kan kry tot universiteite met standaarde wat verlaag is om die agtergeblewenes tog net ‘n Dr’s grad te gee met ‘n slag syfer van 50%. Vra jouself af……wil jy gaan na ‘n dr wat ‘n grad verdien het met 50% of 98%???? Ek se maar net.

MC ·

Ons almal weet dit gaan net nog ń chaotiese ramp wees in hierdie land.

HPV ·

En so stoomroller die anc regime voort op sy kortsigtige vernietigingspad reg oor die afgrond, om daarna grootoog bakhand te staan vir internasionale hulp. Derdewêrelde leer nooit uit hul foute!

Petrus ·

Een voordeel is dat die IMF sal aandring op ekonomiese hervorming. China sal nie met ‘n tang aan ons raak nie. Rusland, Noord Korea, Kuba en Venezuela het hul eie probleme en sal nie kan help nie.

Sarel ·

Hier is nie eers bloeddruk pille by die kliniek nie…. die ander kliniek is afgebrand….. hier is geen water nie…. die toilette is 40 dae laas skoon gemaak of gespoel…
Dit is wat die staat huidiglik vir ons nasie bied.
1.Nou hoe kan die opgeleide personeel hulle werk doen in hierdie omstandighede SONDER WATER!!!!
2. Met watter kieme gaan ek terugkom? Met geen sanitasie is dit n risiko om die area te betree.

Dit stink.

As ons staatshulp geblink het en alles was klopdisselboom, dan sou ek voorstel brei die diens (staatshulp) uit en kry die staatshospitale op gelyke vlak dat privaatsorg op hul neuse kyk.

Oom Cyrill kom ek wil vir jou kliniek toe vat hier vir jou basiese ondersoek wat ons mans moet doen… jy weet psa ens ens

Deon ·

So gaan dit in Zimbabwe. Hul mense is sieklik, vra maar vir SA dokters wat hulle hier moet behandel.

Ansie ·

As almal wat ‘n inkomste kry gaan betaal wonder ek net hoe swaar die arme pensioenarisse en mense wat vir ‘n tip werk gaan oorleef. My dogter kan skaars die mediese fonds wat sy en haar kinders aan behoort bybring elke maand. En van my pensioenaris vriende leef onder die broodlyn soos dit is. As hulle nou ook nog moet bydra tot hierdie fonds sal hulle op die straathoeke moet gaan bedel om kos op die tafel te hou.

Ansie ·

Tong in die kies vraag. Is daar eingeiemand wat nog kennis het vir die gebruik van kruiebossies en Lennons medikasie? Ek sien ons gaan terug na die ou dae toe daar altyd in elke gemeenskap ‘n ou tannie was met die medisynekissie onder die arm en almal se kwale gedokter het. Nou moet ons ne weer ossewaens aanskaf dan begin ons weer die Groot Trek van voor af.

CallieL ·

Almal moet nou saamstaan. Mense, vind uit wat die behels. Jy sal soos in staatshospitale net daar sit en wag om dood te gaan. Dokters gaan in duisende die land verlaat. Privaat hospitale gaan nie meer bestaan nie. Al het jy geld sal jy nie in die land gehelp kan word nie. Die heel rykes, soos die wat die staatskas leeg geplunder het, sal in buiteland mediese hulp kry. Ek smeek almal om saam te staan hierteen

Petrus ·

Callie, werkende mense wat besef hier kom chaos moet die ekonomie tot stilstand dwing. Ja, dit mag onverantwoordelik wees en ons sal salarisse verloor, maar dit wat voorlê gaan erger wees . Daar moet opofferings gemaak word. Met ‘n ekonomie wat verder gly gaan ons swaar leef, maar ‘n IMF lening sal beteken dat buitestanders sal aandring op drastiese ekonomiese hervorming. Ons kinders en kleinkinders sal eendag vra waarom het ons dit nie gedoen nie.

Jan Brand ·

Rules for Radicals by Saul Alinsky (boek)
1. Control healthcare and you control the people
2. Increase poverty levels as high as possible. Poor people are easy to control and will not fight back, if you are providing everything for them.
3. Increase the debt to an unsustainable level. That way you are able to increase taxes,and this will produce more poverty.
4. Remove the ability to defend themselves from the government. That way you are able to create a police state.
5. Take control of every aspect of their lives.
6. Take control of what people read and listen to – take control of what children learn in school.
7. Remove the believe in the God from the government and schools.
8. Divide the people into wealthy and poor. This will cause more discontent

Petrus ·

Dis presies wat die ANC doen. Die enigste strategie van regdenkende mense is om die ekonomie nou doelbewus te saboteer. Begin met strategiese stakings en bring die land op sy ekonomiese agterwêreld. Dan het die regering sy mag verloor. Geen ekonomie, geen belasting, geen welsyn.

Anoniem ·

Hierdie is die finale slag vir my, dis nou tyd om te gaan.

Kallie ·

Afgetredenis, dis nie altyd te laat nie. Oorweeg aftree geleenthede in Panama en Costa Rica. Mooi streek en lieflike mense.

Piet van eeden ·

Julle kan nie eers die huidige hospitale hanteer nie julle het alles wat julle in goeie werkende toestand was heeltemal vernietig hoe gaan julle die nuwe skema maak werk. Waar is ons sogenaamde vryheid van keuse. Julle het in 25 jaar alles vernietig nou Wil julle ons dwing om iets te doen wat ons nie will doen hoekom Gebruik julle nie liewers die geld en bring die huidige hospitable terug op standard. En skep werk Dat die mense net Soos ek betaal vir wat ons nodig het.

Stefan Kruger ·

Kan die ANC nie nou maar die aftog blaas en die handdoek ingooi en erken hulle kan nie die land regeer nie? Hulle het dit nou al so duidelik bewys, maar met elke verkiesing stem die mense maar net weer vir hulle.

Pieter ·

Nee mnr groot baas nie met my belasting geld nie dit belowe ek julle julle dink julle is slim

Pieter ·

Ja mense ons kan heeldag en aldag sit en kla ons moet kom met n plan hulle lag vir ons blankes

Jerry ·

Indien die opposisiepartye nie die ANC kan stuit om NGV te implementeer en om pensioengeld van belastingbetalers deur SOE’s as salarisse na die onregmatige botallige kaderstrukture te kanaliseer, dan moet die opposisiepartye eerlik wees met hulle kiesers sodat kiesers hulle geld vroegtydig uit die land uit kan skuif en die wat nog kan en wil dan kan emigreer. Die ANC het met staatskaping die ANC kaderstrukture verryk en Suid Afrikaners verarm en wil nou deur staatskaping fase 2, die ANC kaderstrukture verder verryk en Suid Afrikaners heeltemal verarm om Suid Afrikaners se weerstand te laat verkrummel! Sodra dit bereik is sal die ANC eers dan by die IMF aanklop vir geld vir die herstel van die ekonomie vir die ANC. Stop die ANC deur die ANC as n kollektief plaaslik en internasionaal aan te kla vir staatskaping en menseregteskendings teen belastingbetalers en vir die doelbewuste verlangsaming van die ekonomie deur belastingbetalers se geld te gebruik vir die kamtige herstel van die ekonomie, wat eintlik blatantweg neerkom op staatskaping fase 2!

Jimmy ·

Inderdaad, opposisie en burgerregtegroepe moet nou begin prakties raak. Hulle leef in ‘n droom en glo alles sal net regkom. Indien ons weer ons oë uitvee sit hulle saam met die kaders in die buiteland en drink ou SA wyn.

Kallie ·

Ek stem saam. Ons word nou soos ‘n lam na die slagpale gelei. Burgerregtegroepe moet nou kollektief help om ons van grootskaalse ellende te red. Om mooi verhale te vertel om emosies te wakker te maak gaan nie help nie.

Andre ·

Jy moes al jare terug al jou beleggings, pension, aandele, spaar rekeninge leeggemaak en landuit gevat het. Dit is ongelukkig nou te laat, maar jy het darem nog ‘n klein geleentheid om te probeer red wat jy kan. Vat nou uit wat jy kan en verseker jouself van ‘n tweede land waarheen jy kan gaan indien nodig. Moenie wag vir opposissie partye nie. Hulle lieg en bedrieg ook. Bedank en vat soveel van jou pension as wat jy kan. Verkoop all aandele, indien jy enige nog in die JSE het. Stop all beleggings en ook Aftree-anuiteite. Jou AA sal uitbetaal as jy finansieel emigreer. Maak al jou bank rekeninge leeg en skuif jou geld landuit.

Blondie ·

Die ANC maak voor elke verkiesing al hierdie beloftes…….gratis behuising…….gratis onderwys……gratis gesondheidsversekering so hulle moet seker hulle beloftes nakom al is die skole oorvol en leerders sit driekwart van die tyd sonder handboeke en behoorlike toilette. ‘n handjie vol mense kry skielik voor die verkiesing ‘n blyplekkie wat se dak afwaai na die eerste reënbui maar hulle is happy daarmee want 8 Mei 2019 het die groot meerderheid besluit hulle is happy met hoe die ANC dinge doen.

Die goeie Dokters en veral Spesialiste gaan maar net die land verlaat……….maar wie gaan omgee want dis mos verniet!!!!!!

Hanna Hoekom ·

Nadat ek deur al die kommentare gelees het, kan ek nie glo dat n enkele regdenkende mens kan dink dat so n gesondheidstelsel in ons land kan werk nie. Daar is wel lande waar dit suksesvol is, maar dit is eerste wereld lande soos Noorwee wat n baie lae werkloosheidsyfer van omtrent 2 % het. ALMAL dra dus by tot kwaliteit gesondheidsorg. Daar is nie miljoene bakhand-mense (en immigrante) soos in Suid-Afrika nie! Ek is self in die mediese beroep en het die land vier jaar gelede verlaat omdat daar ontrent geen geleentheid op bevordering in selfs privaat hospitale was nie (verkeerde kleur). Wat is die kans op bevordering in die nuwe stelsel? Kom ons spekuleer eerder nie. Die mediese personeel gaan die land nou op strepe verlaat. Die vuisvoos belastingbetaler gaan nou met Kubaanse “spesialiste” opgeskeep sit en moontlik selfs met “tradisionele genesers” moet konsulteer. Verbeel jou n Nigirier as jou ginekoloog… Of n Kubaan as jou kardioloog? Dan moet ons ook nie die effek van substandaard mediese sorg op ons toerisme gaan he nie. Hierdie is n absolute nagmerrie wat op ons wag!

Pieter ·

Mnr cr jy en jou menisters is so slim vat dan nou die staats amtenare se pension en bele dit in hierdie goeie plan van julle en sommer in eskom en denel en s. a. l ook ek glo die obrengs gaan so goed wees dan kan die hele lot van julle klomp slimmes op vroe pensoin gaan

Bamsie ·

Ek is Soo bang vir die NVG. Ek is gestremd en ontbeer alles om n medies te kan he. Nou word dit ook van my weg gevat. Iets gelees dit gaan al 2023 begin. Dit is mos om die draai.

hercu ·

ek dank die Here dat Hy in beheer is van alles en nie sy edelagbare, mnr Cyril Ramaphosa of die ANC nie!

Liberaal ·

FW se aanhangers moet mos voel hoe lekker dit in reënboogland is. Die wield raai en almal kry ‘n beurt.

Andre ·

Ja, nee. Dit tyd het aangebreek om maar die land te verlaat. Het gehoop dinge sal verander maar dit gaan duidelik nie.

Chris van Heerden ·

Hierdie regering van ons vernietig en verwoes teen n tempo. Niks maar niks wat hulle aan raak verbeter nie maar word vernietig. Hulle het vir ons gewys hoe hulle n gesonheidsog in 25 jaar kan vernietig nou wil hulle dit wat in die privaat sektor behoue gebly het, ook vernietig. Hulle sal nie rus voor ons soos Zimbabwe lyk nie.

Adam ·

Die NGV mag dalk ‘n edele gedagte wees, maar die ANC kon nog nooit iets koste-effektief betuur nie en dit sal op ‘n ramp uitloop. Hoe dit ook al sy, indien die staat van al sy oortollige staatsdiensamptenare ontslae raak en die staatsdiens verklein tot aanvaarbare vlakke, sal daar meer as genoeg geld wees.

Andre ·

Die regering was te sleg om die Gesondheidssorg wat gewerk
het voordat hulle oorgeneem het te bestuur nou het hulle hul
oe op instansies waar die finansieele bestuur werk. Gewettigde
diefstal deur die ANC.

Sonja ·

NHI word deur die Clinton Foundation gesponsor. Hulle gaan miljoene skep. Gaan kyk maar wat hulle aan Haiiti gedoen het. NHI is net n cookie jar en die gretige hande wat wag om te gryp. Hulle kan nie eens die Provinsiale hospitale onderhou nie, wat nog die hele gesondheids stelsel in SA? Groorste grap vd jaar! Imagine, jy moet n Dr gaan sien met n 30 persent pass rate? Ongelukkig vertrou niemand die ANC, so die kite gaan nie vlieg, selfde as Toll fees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.