Nasionale Gesondheidsversekering ‘sal voortgaan’

Minister Aaron Motsoaledi. Foto: GCIS/Flickr

Die implementering van die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal verseker dat 60% van Suid-Afrikaners wat nie mediese fondse kan bekostig nie wel gehaltegesondheidsorg ontvang.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Maandag gesê hoe meer mense behandeling ontvang, hoe meer bekostigbaar sal medisyne en gesondheidsorg word.

“Maar in Suid-Afrika doen ons dit andersom. Hulle sê ‘hierdie arm mense gaan baie duur wees en ons kan nie die NGV bekostig nie’ en hulle wil bly by net 16% van mense wat op ʼn mediese fonds is,” het Motsoaledi tydens die amptelike opening van Pharmacy Direct se sentrale chroniese resepterings- en verspreidingsentrum (CCMDC) in Midrand.

“Ons moet voortgaan om die massas mense by te voeg en dit is presies wat ons met die NGV gaan doen. Kry meer mense in en jy verbeter die ekonomie. Maar mense hou net aan sê die openbare gesondheidsorgstelsel stort in duie. Dit is oplossings.”

Talle organisasies en belangegroepe het reeds hul kommer uitgespreek oor die regering se planne vir die NGV. Van die kritiek is dat die NGV op niks anders as ʼn de facto-nasionalisering van Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel neerkom nie. Daar word ook aangevoer dat Suid-Afrika tans ʼn ernstige tekort aan belastingbetalers én gesondheidspraktisyns ondervind en dat die land verdere verliese gaan ly as die NGV geïmplementeer word.

Die kabinet het onlangs die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering vir publikasie in die Staatskoerant goedgekeur en kort daarvoor die wetsontwerp wat wysigings aan die Wet op Mediese Skemas voorstel. Albei gaan in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer word.

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Motsoaledi het vroeër gesê die NGV is ʼn gesondheidsfinansieringstelsel wat fondse bymekaarmaak om toegang te verleen tot gehaltegesondheidsdienste vir alle Suid-Afrikaners ongeag hul sosio-ekonomiese status.

Die minister het bevestig dat alle werkende Suid-Afrikaners verplig sal wees om tot die NGV by te dra. Hy kon egter nie meer besonderhede bekend maak nie en het gesê die tesourie sal dit moet bepaal. Motsoaledi het gesê alle Suid-Afrikaners moet uiteindelik toegang tot openbare sowel as private gesondheidsorg hê.

Motsoaledi het gesê die eerste fase van die NGV was van 2012 tot 2017. Fase 2 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vyf jaar vanaf 2017 tot 2022, en sal voortgaan met die implementering van inisiatiewe om gesondheidsorg te versterk en die instel van wetgewing en wysigings aan ander wetgewing.

Fase 3 sal plaasvind oor ʼn tydperk van vier jaar vanaf 2022 tot 2026, en sal insluit die voortsetting van gesondheidsorgstelsels wat op ʼn deurlopende basis versterk word; die mobilisering van addisionele bronne soos goedgekeur deur die kabinet en die selektiewe kontraktering van gesondheidsorgdienste van private verskaffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hennie ·

Die NGV is net nog n manier wat hulle verniet gee aan die mense wat nie self wil werk daarvoor nie. Ons (belastingbetalers) dra reeds by tot hul inkomste omdat daar te veel mense en nie genoeg werk is, nou moet ons die sieklikes wat eerder by die huis wil sit en niks doen nog gesond hou ook? Belaglik.

Petro ·

Mnr Motsoaledi julle sal eers die verpleeg personeel sover moet kry om hul werk met empatie te doen ek was nou n rukkie terug in die hosp en daar het n swart vrou wat oorkant my gele het sy het die heelnag gekerm en gekla sy kan nie loop nie en daar was geen nurse insig sy het haar bed natgemaak en sy het heel oopgele die nurses het gele en slaap in die dienskamer toe ek hulle vra of hulle nie vir haar kan help het die een vir my gese sy soek net aandag sy is later die dag na die ICU gestoot haar gesig spook nou nog by my dit is n skande

tamboti ·

Dit sal net soos onderwys werk: almal wat belasting betaal dra by maar word op dieselfde vlak as nie-betalers bedien met swak en ontoereikende dienste. Die wat buite NVG staan gaan net nog meer moet betaal vir privaat dienste.
Die rgering wil almal ewe arm en afhandlik maak.

Jane ·

JULLE STOOM VOORT MET ALLES WAT ‘N FLOP IS EN NIE WERK NIE, solank die belastingbetaler net daarvoor moet opdok is alles reg. AL die staatshospitale en fasiliteite is in CHAOS wat beteken julle (die regering )kan nie die mediese sorg hanteer of gehartig nie .. nou wil julle dit NOG GROTER maak, en uitbrei dat die mense wat tans privaatsorg ontvang en dit ook vir hulle opfoeter sodat ALMAL die gemors behandeling van die staat moet ontvang? SKANDELIK … GEHALTEGESONDHEIDSVERSEKERING is wat julle die MASSAS Vertel soos wat julle hulle water en ligte sou gee … dit is ‘n LEUEN.

Frans C ·

Die man is weer besig met ‘window dressing’.Minister se kinders en hulself besoek nie
klinieke en hospitale wat aan die staat behoort nie,maar wel privaathospitale,so ook met skole.Die President se dogters was leerlinge van die Roedean College in Parktown, Johannesburg.Dit is ‘n privaat dag en koshuis skool waar slegs kinders van rykes en elite
skoolgaan.
Wat is die fooie? Van graad 10 tot 12 is dit R142 973 per jaar betaal baar voor die 31ste
Januarie.Jy kan die ook in 10 paaiemente van R15 050 betaal.
Waarom plaas ek dit,want Suid Afrika begin alhoemeer die kommuniste naboots.
Die rykes het heerlik aan die swartsee vakansie gehou met hul wywe en bywywe terwyl die bevolking van ellende krepeer het en enige teenspraak jou ‘n vakansie in ‘n strafkamp besorg het het. Viva Afrika Viva ANC.

Mossie ·

Nie eers die privaat hospitale bied meer kwaliteit mediese diens nie. Word jy verwys na n spesialis dan is dit n buitelander en is meestal nie instaat om op verstaanbare vlak aan jou te verduidelik wat die probleem is nie. Bitter min privaat hospitale het nog blanke dr’s of verpleegpersoneel en n minimum van die personeel doen die werk omdat dit vir hul n roeping is!

Moeg ·

MAW .. al het ek medies en betaal ek my medies sal ek VERPLIG word om by te dra tot NGV …. so ek betaal dan vir n diens wat ek nie in belangstel en nog minder gaan gebruik van gaan maak …waarvoor? vir iemand anders(ek sie by huis en wag bakhand om alles te kry) om “kwaliteit” gesondheids sorg te kry…. dis messed up

Frikkie ·

Die ANC is ‘n kriminele onganisasie wat wette en strukture in plek stel om hulle eie agendas te dryf en te bestuur. Die “omgee” vir armes word polities “ge-sugar coat” sodat hulle hulle hande op meer fondse kan kry om hulself verder te verryk.

marous ·

Hy kan nie eers die strooi uit die riviere hou nie , wat nog van dokters in die riool land

Lol ·

janee ONS SAL MOET BETAAL VIR DIE WERKLOSES SE KWALITEIT mediese sorg en vir ons eie privaat mediese sorg . ek is VERLIG om te sien privaatsorg gaan nie ook verdwyn nie .. want mens BETAAL actually self daarvoor . .en die REGERINGSAMPTENARE gaan nooit staatshospitale toe nie, so daarom moet die privaatsorg maar bly ne?

Casper Labuschagne ·

Sosialisme is diefstal. Die Nasionale Gesondheidsplan kom ook neer op die diefstal oftewel nasionalisering van die gehalte mediese dienste wat wel nog in die land bestaan. Mediese kundiges sal noodwendig emigreer, lang toue en swak diens sal die norm word ongeag van die relatiewe hoë prys wat steeds as premies betaal moet word.

Dit alleen sal ‘n oorwegende faktor word vir baie mense om uit die land pad te gee.

Stuiwer ·

Die mense wat mediese fondse het, betaal daarvoor. Die mense wat mediese fondse het, kry dit nie verniet nie. Hoekom deel ons nie al die “rykdom” in die land gelykop tussen al die mense nie en dan raak ons maar ‘n kommunistiese land. Lyk my dis in elkgeval maar ons voorland. Die regering wil mos alles beheer. Hoe kan jy die ekonomie verbeter deur meer mense in te kry? Meer mense wat nie betaal nie, maar alles wil hé wat die mense het wat wel betaal. Verbeter eerder die staatsgeriewe in plaas daarvan om almal privaat sorg te gee. Dis waar die hoofprobleem lê. Waar gaan die fondse vandaankom? Van die belastingbetaler natuurlik.

HPV ·

Geld ten opsigte van belasting is besig om al minder te word, wag vir die dag as dit opdroog en die ou klomp grootoog verbaas staan en vra waar is al die geld heen?
Hulle kan gerus hier in Mangaung kom kyk hoe lyk ‘n bankrot stad. Kom net asseblief te voet want julle luukse motors sal nie oor al die rommel of deur al die slaggate of riool kan ry nie. Maar kom net asseblief en kry vir julle!

Helizna ·

ANC is darem maar baie positief hulle bly aan bewind tot 2026…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.