Nasionale hulp om Gauteng-rooftogte te ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Lt.genl. Lesetja Mothiba, die polisiekommissaris van Gauteng, het Dinsdag aangekondig dat die nasionale polisie die provinsie gaan bystaan om die jongste vlaag rooftogte by gewilde winkelsentrums in Gauteng te ondersoek.

Mothiba het Dinsdagmiddag tydens die opening van ʼn polisiestasie in Tembisa gesê ʼn span speurders, wat deur die nasionale polisie gelei word, ondersoek die rooftogte en die polisie hoop om vinnig ʼn deurbraak te maak.

Etlike ure ná sy toespraak is die Telkom-winkel by die Kolonnade-winkelsentrum in die noorde van Pretoria van elektroniese ware ter waarde van meer as R200 000 beroof. Skote is gevuur, maar niemand is beseer nie.

Maroela Media berig al sedert Julie vanjaar oor ʼn reeks rooftogte wat amper weekliks by winkelsentrums oral in die provinsie plaasvind. In die meeste voorvalle is selfoonwinkels beroof en die rowers het telkens dieselfde metodes gebruik.

Lees ook:
Gewapende roof by Kolonnade-sentrum in PTA
Twee JHB-winkelsentrums beroof
Rooftog by Centurion Mall
Nóg ʼn gewapende roof by Gauteng-winkelsentrum
Bejaarde man geskiet tydens Cresta-rooftog
Vierde Pretoria-selfoonwinkel binne een maand beroof
Centurion Mall: Nóg ʼn selfoonwinkel in PTA beroof
Rooftog by Centurion Mall
Nog ‘n PTA-winkelsentrum beroof
Rowers slaan toe op PTA-winkelsentrum

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.