Agri SA het Dinsdag gesê ʼn nasionale minimumloon sal tot werksverliese lei.
“Dit sal uiters kortsigtig wees, indien nie onmenslik nie, om nie die desperate poging te erken waarin talle mede-Suid-Afrikaners hulself bevind nie,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê. “Ons kan definitief nie as individue en as ʼn land ons blind hou vir die absolute armoede of selfs nog erger, dat mense nie kos het nie.”
Hy het gesê ʼn verhoging van 52% in die minimumloon in 2013 in die landbousektor, het die reeds merkbare afname in werkverskaffing in die bedryf bekragtig. Möller meen die huidige minimumloon kan die opnamekapasiteit vir veral ongeskoolde werkers, selfs nog meer laat daal. “Dit oortree die edele doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan vir die bedryf om teen 2030 een miljoen poste te skep,” het hy gesê. “Wat ons wel benodig, is ʼn arbeidsmag wat beter opgelei is, arbeidsmarkte wat nie so streng is nie en ʼn benadering wat ekonomiese mededinging sal aanmoedig.”
Sal hulle ooit tevrede wees hoe meer hul kry hoe meer wil hul hê of die boer n oes maak of ni hy moet ma net betaal of uitgemoor word
Ek sal ook graag ‘n verhoging van 54% wil hê.
Ek werk vir ‘n staatsinstelling en het vanaf 2008 – 2014 R5.15 per maand verhoging gekry. Dit werk uit op 0.00002%. So hoe moet ek aan my huishulp so ‘n verhoging betaal?
Ek gaan nou seker baie ongewild wees, maar kan die regering asseblief vir my sê of hulle dan ook ‘n verhoging van dieselfde persentasie aan oumense gaan gee wat staatspensioen trek? Hoe kan jy wetgewing wil afdwing as jy self nie dit nakom nie?