Nasionale minimumloon tree van 2019 in werking

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Die nasionale minimumloon tree van 1 Januarie 2019 in werking wat beteken dat geen Suid-Afrikaanse werker minder as R20 per uur mag verdien nie, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag aangekondig.

“Geen werker in Suid-Afrika mag minder as die nasionale minimumloon verdien nie,” het hy aan belanghebbendes in Kliptown, Soweto gesê. “Dit is ʼn groot prestasie vir werkende persone in Suid-Afrika wat dekades lank uitgebuit is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Jammer ·

Jammer dat daar nog meer werklose huiswerkers en moontlik ander sonder werk gaan wees.

Jacques du Toit ·

Bitter bitter min mense sal hul huiswerkers laat gaan.
Daar is mos nou net mooi geen manier wat mevrou haar hande in die warm water gaan steek nie. Boetie en sussie gaan beslis ook nie hul eie beddens opmaak nie.

Paul ·

Jacques, ek het ‘n idee jy het die nuwe SA se realiteit toetentaal misgesit. Ons het in effek ons huishulp al so 15 jaar gelede gegroet en ons huis is so 350 vk meter. O ja en ons is diep in ons sestigs.

Elsa ·

Ons het nie huis of tuinhulp nie en ja ons skuif 70 se kant toe..

Geregtigheid ·

Hoekom gee die regering nie vir die pensionarisse n minumum loon nie. Wragtig die pensionarisse kan glad nie met R1700 per maand of R54 per dag klaar kom nie. Wat kan koop vir dit per dag?? Hoe betaal die pensionarisse dan nog hulle verblyf en persoonlike goedjies? Ons oues van dae wat die land tot hier gebring het moet ook geken word! CR PRACTISE WHAT YOU PREACH!!

Cherokee ·

Geregtigheid, ek lei af jy is nog nie bewus daarvan nie maar ‘n grooot staking word beplan deur Suid Afrika se pensioenarisse. Bly in lyn met die nuus maar staak gaan die pensioenarisse staak indien pensioene nie verhoog word nie.

Pensioen ·

Hoop ons pensioen gaan so verhoog word om huiswerkers te kan betaal plus bietjie vir n ou broodjie vir myself. Anders moet my huiswerker maar moet gaan. Ongelukkig.

Johan H. ·

Uitgebuit nogal !!!!! Watvan Betaal gewees volgens hul vermoee!!!!!Parraman,,,duh

Gertryda ·

Wel gedaan
Nog n gewaarborgde 1 miljoen stemme gekry
Hoe gaan dit enigsins die persoon wat nie werk het help?
Ons op plaas sal die minimum betaal, maar hul werk nou net 6 uur per dag en 5 dae per week

Magrietha ·

So dink julle nog werkloos in sa nou die groot bank gaan hulle deur toe maak geen geen gront geen leenings geen erf belasting ai ai ai dink vir n slag

Nonnie * ·

En so gaan d werkloosheidsyfer maar net nog meer toeneem. Grond gaan gevat word, brandstof is bitter duur en dan praat ons nie eers oor d kragsituasie nie. Hopelik sal CR vir al die werkers wat afbetaal gaan word op sy plaas kan akkommodeer. SA stuur op ‘n ramp af. Kort voor lank sal die land weer braak le soos voor JvR se tyd. Maar, dis mos wat hul eintlik wil he. Als word reeds afgebreek en gebrand. Water is ook alreeds enorme krisis omdat dit nie reg bestuur word en so besoedel is op plekke dat mens en dier dit nie kan gebruik nie. Hul dink d belastingbetalers se geld gaan vir altyd hou. Nie meer lank en hul sal begin besef d land het gekom waar dit was voor 1994 agv harde werk en deursettings vermoee. Maar dit is alreeds te laat… Kyk wat het in 20jr gebeur. Dis tragies. Duisende mense al vermoor en derduisende het reeds d land verlaat. Ons bittereinders sal maar die spit moet afbyt.

Boetman ·

En so koop Cyril nog ‘n paar ongeskoolde stemme vir die ANC.

Rln_NZ ·

Boetman, Hulle word sommer ingevoer om te stem, daar is mos nie n adres meer nodig nie…

Alida ·

En die mense wat baie belasting betaal emigreer almal. Terloops baie van ons betaal al jare meer as R20 per uur. Moet ons dit nou wegvat en betaal wat CR wil he ons moet betaal. Ok dan loop my werker en ek werk self. Maklik.

Karlien ·

Natuurlik hoef jy dit nie weg te vat nie
Wie het so gesê
Maar nou kan ander huiswerkers etc darem ook ‘n beter besoldiging verdien
Want werklik soveel mense wat wel redelike lone betaal- soveel meer doen dit nie.

Petro ·

Gelukkig betaal ek al my mense lankal meer as dit. En dit gaan my verstand te bowe dat mense so kerm oor die min loon. Ek kan myself nie indink hoe moeilik dit moet wees om met R3500 ‘n maand klaar te kom nie. En kinders kos te gee en skoolgeld te moet betaal en kos te koop en vervoer en.. En.. En…

Helen ·

Almal verdien nie ma se salarisse nie, jy is duidelik een wat ‘n goeie salris verdien, so knapgedaan dat jy meer kan betaal. Dink aan die mense wat nie groot geld verdien nie maar tog ook hulp van buite nodig het en NEE ek het nie ‘n huishulp of tuinwerker nie, ek doen al my eie werk op my hoë standaarde en ek werk in ‘n kantoor. Mens moet net ander mense se situasie ook verstaan want ek is seker hul probeer nie hul helpers doelbewus uit te byt nie. Ek sê ook maar net.

Petro ·

Ja ek verdien ‘n baie goeie salaris, ry ‘n nuwe kar, my huis afbetaal, my kind is in ‘n pvt skool.. Want my ma en pa het hulle huis verkoop destyds dat ek kon gaan swot en ek werk baie hard. En verder glo ek dat ons wat geseën is “must pay it forward”. En ek sal nooit om verskoning vra vir wat ek het of kan doen in die lewe nie. Ek het hard gewerk daarvoor. So ek betaal my huiswerker goeie geld want sy is nie net deel van ons gesin nie maar sy is goud werd vir my.

L ·

Petru, hulle kry alles verniet. BE bevoordeeld. Die res is sakgeld saam met “social grants”.

Danielle ·

Werk al 25 jaar self in die huis en buitemuurs. Sien nie meer kans vir ‘n vreemde persoon in my huis nie. Alles is nie pynlike netjies soos mens sou verkies nie, maar ten minste weet ek waar ek gebrou het en betaal nie iemand om afskeep werk te doen nie. Dit help die gewig intoom hou, so jy spaar op gim gelde ook. Betaal myself eerder die minimum loon. Dis al bewys dat ‘n hoë persentasie huisbrake gebeur deur binnekennis – nog iets waaroor mens nie hoef te stres nie. Sou natuurlik help as al die huislede meer hand bysit. Dit gebeur maar sukkel sukkel. Luiheid en gemaksug is die vyand van ons tyd.

Christien vd Westhuizen ·

Kinders gaan gratis skool vervoer word gesubsidieer kry gratis elektrieseteit en water of hoe

Asseblief ·

Nie eens die wat stukwerk doen verdien R3.500pm nie, probeer R5 – 10 000pm. in ag geneem:
1. Sassa toelae waarvoor hul almal bakhand staan al werk hulle voltyds en per kind.
2. Werkloosheidsversekering waarvoor hul almal weereens bakhand staan, selfs al is hul voltyds in diens.
3. Al die Woolworths/Checkers ea liefdadigheid waarvoor ons bydrae met elke item wat ons daar koop.
4. Munisipale dienste gesubsidieer deur jy weet wie.
5. Hulle betaal nie skoolgelde nie.
So asseblief, moenie vir my kom vertel hulle moet met R3,500.00 klaar kom nie. Hul besteebare inkomste is inteendeel meer as baie pensioenarisse, want hul kry boonop alles verniet.

Betaal op dien ·

Begin 8:00 werk R250 per uur as alle werk gedoen is teen 12:00 .As werk sloer en werk later as 12::00 val die totalle dag se rate na R200 per uur .Dis die werker se keuse .Daar nie tyd vir rond sit nie

JC ·

Kom ons doen die sommetjies.
R250 ×4 ure=R1000
5 dae per week is omtrent R20 000 per maand.
Sjoe. Kan ek nie maar vir jou kom werk nie? ?

FM ·

Betaal jou werkers per uur. Hulle sal van Januarie ook vir behuising, water en elektrisiteit moet betaal. Hulle het nog nooit hiervoor betaal nie.Hulle is net werkers, net soos n fabriekswerker. So hulle sal ook vir alles op die plaas betaal. So, ek gaan die bruto minimumloon wel betaal.

Anoniem ·

The legislation will see a R20 compulsory hourly rate, which will be phased in at R18 an hour for farmworkers and R15 an hour for domestic workers.

Johan ·

Gelukkig het 3 gister by my klaar gemaak. Ek betaal myself eerder daar ekstra geld en die werk word Reg gedoen die Eerste keer

Annie ·

As ek my huiswerker minimum loon moet betaal gaan ek haar heelwat minder moet betaal as wat sy nou kry. Haar brood kos wat my brood kos en moet tevrede wees met ‘n staatskool en staatshospitaal. Sy is vir my goud werd en as ek haar R20 000 ‘n maand kon betaal, het ek! Leef en laat leef.

Irma vd Berg ·

Hoop hule wat hulle Wek gaan verloor gaan staan voor Ramaposa se hek en vra vir werk !!!!EK EK HOOP DAAR IS IEMAND OM DIT OP VIDOE TE SIT.

Minimum ·

Minimum indiensneming gaan ook binnekort in werking tree.

Ek weet ·

Ek het op ‘n stadium ‘n agenstkap besit wat werk vir huishulpe help soek en bitter min mense het toe reeds minder as die minimum loon betaal. Meeste mense betaal meer. Mense wat huishulpe minder betaal buit hul uit en dis dan onaanvaarbaar. Die mentaliteit van meeste mense wat hier kommentaar lewer ontstel my geweldig. Sal jy vir R3500pm(dis eintlik 75% van R3500) werk? Hoekom nie? Verdien jy beter? Hoekom? Nee wat, betaal jou huishulp goed of doen maar self die werk!

Karlien ·

Amen.
Behalwe vir die paar duisend mense in SA , wit en swart wat welvaart bekom en behou is miljoene Suid Afrikaners arm hoewel hardwerkend. Veral huiswerkers. En moet steeds ALLES betaal wat ons almal moet betaal. En ‘n besonderse ondankbare job doen.

CdV ·

Jul berig skep verwarring en gee NIE al die feite nie. Huiswerkers is R15 en plaaswerkers R18 per uur wat oor volgende 2 jaar infraseer word tot minimim loon (tans R 20) soos hierbo deur anoniem genoem. Minimim loon vir huiswerkers op 01 Jan 2019 is R15 per uur. Plaas/ bosbou werkers is R18 en leerlingskappe R11 per uur.

Pietman ·

Gaan kyk wat word gegradueerde akteurs betaal (uitgebuit) deur hulle blanke agente en produksie maatskappye – kry beslis minder as huishulpe en tuinwerkers en het geen vakbond wat vir hulle regte instaan nie. Tragies om te dink dat mense oênskynlik nie ‘n probleem daarmee het dat ander mense hongerly nie.

Emma ·

Ons werk met mense gee nie om om die minimum loon te betaal nie. Maar o hel dan moet ek almal laat gaan want so van nie worrie oor hul werk nie is nie produktief nie. Bly weg en maandae nog babbelas. Ek soek dan mense wat ek nie kry nie, wat meer sal insit.

Ek vra weer? ·

Waar is die wat kwansuis so honger ly? Mens kan tog sien wanneer iemand honger ly.
Daar is wel mense wat honger ly in SA, maar hulle is nie meer ons swart gemeenskappe nie. Gaan kyk hoe lyk armoede in plekke soos Wolseley of Richmond waar daar geen werk is nie.
Ook, vriende van ons President is baie meer inhalig teenoor hul eie mense. Dis juis hulle wat weier om ‘n sent meer te betaal as die minimum loon, en ek praat uit ondervinding.

Karlien ·

Daar is nie meer mense wat honger ly in swart gemeenskappe nie? Waar kom jy daaraan ?
Ek nooi jou graag uit om saam met my wat daagliks werk in swart gemeenskappe te kom kuier. Jy gaan vreeslike aangename ervarings hê maar jy gaan beslis armoede op massiewe skaal sien deur swart mense (miljoene) wat wel hard werk maar R2000 per maand verdien daarvoor. Luister mooi: R2000 per maand.

Bokkie ·

……. en moenie vergeet van alles wat in die handsak huistoe gedra word nie!

Gottie ·

Demmit, ek het altyd geweet ek is underpaid en overworked, ek sal dadelik n vergadering met my vrou moet hou hahahahahahahahahaha

Spike ·

Die comrades het ñ baie goeie kosomsetverhouding. Word vet van pap en water. Kry swaar, het nie geld vir kos nie.

S ·

Julle almal moan oor dit,ek is te dankbaar want ek werk vir R16 n uur …10 ure n dag…weet julle hoe voel dit om vir n gesin te sorg met daai geld…nee want julle verdien almal baie geld…hou op moan en dank jou gat jy verdien R5000+ n maand !

PJC ·

Dit is van goedkoop arbeid die land inbring dat ons vandag is waar ons is. Mense wat onproduktief is is in massas aangestel en hongerlone betaal en vandag pluk ons die vrugte van hierdie ondeurdagte optrede.

Staak saam ·

As die regering n minimum loon kan implementeer dan kan hy mos ook n maksimum loon implementeer, n loon waar geen persoon R2 000 000.00/m mag verdien nie, met so n wat sal dit nie nodig wees vir n minimum loon nie, dan kan almal bekostig om werkers meer te betaal en en die staat sal meer geld he vir beter pensioene.
Kyk maar wat verdien Eskom, SAA en SABC bestuur, dan praat ons nie eers van burgermeesters en ministers nie.

lewies ·

Weet die president dat daar so iets is soos “go slow”. nie

As jy iemand afdank omdat sy produktiwiteit nie R20/uur werd is nie wat dan? Jy sal dit nie as verskoning kan gebruik nie. Gevolgtrekking: moenie aanstel nie, doen die werk self.

Dries ·

In my tuindiensbesigheid, is werkers al agv jare diens, di minimum loon verby.
Nou moet ek n ‘nuwe werker’, met 14 maande diens, byna dielfde as hulle betaal. Die werkers met langer diens, is GLADNIE gelukkig daaroor nie, en ek voel self, dit trek n streep deur lojaliteit en dienserkenning!
Wie gaan n skoolverlater met GEEN ervaring in n werkopset, op R3 500 per maand aanstel?
Droom voort Mnr die President, in di illusie dat dit voorspoed sal bring…

Karlien ·

So Dries hoeveel moet skoolverlaters betaal word. Dit is natuurlik van toepassing op ‘n mens se eie kinders ook nê?
Wat dink jy is redelik om n skoolverlater wat arbeid vir jou lewer en dus so ook jou inkomste uit jou besigheid verseker te betaal? Gee asb ‘n bedrag.

lewies ·

Karlien jy verstaan nie my punt nie. Hierdie beperking moes nooit ingestel gewees het nie. Hulle skiet hulself vir die soveelste keer in die voet deur wetgewing. Werkgewers gaan nou juis seker maak dat werkers in rand-terme/uur betaal word vir werk gelewer. Tot nou toe het werkgewers baie meer betaal as R20/uur, omdat loonstrukture per dag, per week, per maand, bepaal word. As jy ‘n konsultant is kan per uur werk.

Hierdie per uur konsep dwing wernemers om nie te presteer nie, want hulle weet hoe langer hulle aan ‘n projek werk hoe meer gaan hulle verdien. Nie alle werkers kan vir ses uur per dag werk nie, agv persoonlike omstandighede . As hulle per dag betaal word is die werkgewers verplig om hulle ‘n dagloon te gee ongeag hulle omstandighede. “N BYBELSE BEGINSEL” wat ‘n baie meer regverdige besoldigingstruktuur vir die werknemer is.

jaco ·

my kommentaar word nie geplaas nie; seker omdat ek te reguit met my uitsprake is. ek wysig dit dus na:
dis n bitter klein bedrag, hierdie R20 per uur. Die uiters vreemd dat die mense wat hierdie bedrag uitgewerk en goedgekeur is, van DIESELFDE ras is as die mense wat hierdie minimumloon gaan kry. iewers maak iets nie sin nie. mens sorg mos nie so vir jou EIE mense nie.

jan ·

Wat van pensioennaarisse almal kry voordeel behalwe ons ou mense,????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.