Nasionale polisiekommissaris in onderonsie met rowers

Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, was Sondag in ʼn worsteling met twee gewapende rowers betrokke.

Die voorval het omstreeks 17:30 in ʼn spa in Dunkeld in Johannesburg gebeur. Volgens Intelligence Bureau SA het Phahlane glo sy vrou na die spa vergesel.

Phahlane was binne die gebou toe twee gewapende rowers met balaklawas die spa binnegekom het. ʼn Worsteling het tussen Phahlane en die rowers ontstaan en Phahlane se hand is beseer. Die rowers het op die vlug geslaan en in die proses ʼn skoot in die lug afgevuur. Niemand is deur die skoot beseer nie.

Intelligence Bureau SA het berig die rowers het in ʼn silwer VW Golf gevlug.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Thys ·

Goed so. Dalk kom hier n beter plan teen misdaad, noudat die polisie grootbaas ook dit aan sy bas gevoel het.

Alf Piercey ·

Ag asb. moenie laat ons nou lag nie. Dink verder as die neus. By voorbeeld. Die wat verantwoordelik is vir slaggate regmaak ry self elke dag daar deur ! So is daar duisende ander voorbeelde.

m ·

So what! Is al so moeg om op elke liewe nuus te hoor van die insident.

Jan maak n plan ·

Mooi so, kry vir julle van julle eie medisyne. Vat sommer groot slukke en geniet dit.

alida ·

Maroela hoekom lees ons niks van die K’dorp moorde nie? Daar is tog al iemand inhegtenis geneem of hoe? Ons is siek en sat vir Jaco Zuma se stories !!!

Johann Marx ·

As die waarnemende nasionale polisiekommissaris nie hierby betrokke was nie, sou hierdie berig nog steeds voorblad gehaal het?

Dankbaar ·

Dankie Genl dat jy jou lewe in gevaar gestel en die rowers aangedurf het en moontlik mense se lewens gered het. Jammer oor al die negatiewe kommentaar, seker hulle sou anders reageer het as hulle daar teenwoordig was. Trotse lid.

Otter ·

‘n Generaal wat met rowers stoei.! Ek hoop hy word komissaris permanent.

Karma ·

Ek tel 8 polisievoertuie op die foto’s wat op die noodoproep moes reageer het – AGT??? En as ek en jy – doodgewone Jan Rap en sy maat – die polisie in ‘n noodgeval bel, moet ons dikwels hoor: “Sorry, ons het nie nou ‘n vên beskikbaar nie”. Of hulle kom eenvoudig glad nie uit nie of kom etlike ure na die oproep gemaak is, daar aan. Is dit omdat dit die tydelike, waarnemende Nasionale Polisiehoof is wat bedreig en aangeval is?

Dont Think So ·

Ek weet nie so mooi van die storie nie. In n land waar rowers net skiet sonder enige vrae…. publicity stunt klink meer na die waarheid.

Hasie ·

???? Twee ouens kom in die winkel met musse oor die kop. Stoei ‘n rukkie met die kommissaris, skiet ‘n skoot in die lug en jaag weg. Nou wat ? nee, dis vir my ‘n snaakse storie. Klink vir my na een of ander set.

Voel maar hoe dit voel ·

Mnr waarnemende polisie kommissaris, baie welkom, voel hoe dit voel en doen iets daaromtrent! Jy is gelukkig, meeste kyk in die donker nag na ‘n vuurwapen loop en staan nooit op na ‘n aanval nie!!!!!!

Gerrie ·

Was dit n gewone person op straat sou hierdie berig nie daar gewees het nie,wat maak hom anders as die gewone persoon

KarenG ·

Ek dink wat hierdie vir my bietjie anders maak is die man ten minste al vir 26 jaar in die polisie is en nie net van iewers af uitgeval het met geen polisie ondervinding nie. Alhoewel ek die negatiewe aanmerkings verstaan, voel ek die man het darem iets probeer doen. Hy is immers in die polisie, so te verstane daar sal meer aandag aan die saak gegee word. Maak dit nie noodwendig reg nie, maar maak sin…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.