Nasionale sekerheidsfonds: Belastingprotes kom  

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Sou die regering voortgaan met voorgestelde beleidstellings om belastingbetalers nóg verder te tap, sal dit die einde aan persoonlike welvaart in Suid-Afrika beteken.

Só sê die vakbond Solidariteit in ʼn nuwe verslag oor die huidige belastinglas op landsburgers en die voorspelde uitwerking van die inwerkingstelling van ʼn nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NFMS) en die instelling van nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Luidens die verslag sal die instelling van dié beleidstellings gemiddeld tot ʼn verdubbeling in belasting (112,2%) lei, terwyl die belastingkoers reeds buitensporig hoog is.

Dié verslag wys dat Suid-Afrikaners amper meer belasting as enige ander land se bevolking opdok en dat Suid-Afrikaners in hoë-inkomstegroepe amper die helfte van hul inkomste aan belasting bestee. Suid-Afrikaners kry boonop bitter min vir dié geld terug, aangesien die staat se dienslewering op verskeie vlakke uiters power is.

Die vakbond sê hy beplan om onmiddellik met ʼn wettige belastingprotes te begin wat onder meer litigasie teen sodanige wetgewing en beleidstellings sal insluit.

“Solidariteit meen dat die belastinglas op burgers onaanvaarbaar hoog is, veral gegewe die manier waarop die regering die staatskas bestuur.

“Die regering misluk daarin om selfs basiese staatsdienste te lewer ondanks die ongelooflik hoë belastinglas wat hulle op burgers plaas,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Mulder sê voorts belastingplunderaars loop skotvry rond ondanks bewyse en getuienis in die openbare sfeer wat op die ergste vergrype dui.

“Enige wetgewing wat die belastinglas op burgers verhoog, is immoreel gegewe die ANC-regering se geskiedenis van korrupsie en wanbesteding.”

 

Uitwerking van beplande wetgewing 

Die nasionale gesondheidsversekering (NGV) en die groenskrif vir die NFMS sal luidens die verslag ʼn vernietigende uitwerking op belastingbetalers hê.

Die NGV is die ANC se poging om universele gesondheidsorg in Suid-Afrika te vestig met ʼn enkelfinansieringsmodel, geskoei op die Kanadese gesondheidsmodel.

Luidens navorsing wat onlangs deur SNI gedoen is, word ʼn bykomende begroting van sowat R112 miljard konserwatief benodig om die NGV in werking te stel.

Daar is verskeie voorstelle om die NGV te finansier, onder meer ʼn 5,5%-betaalstaatbelasting soortgelyk aan die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF). Dít is al verskeie kere as voorkeuropsie vir die NGV se finansieringsplan genoem.

“Die uitwerking van die NGV se belastingvereistes is verreikend met ʼn gemiddelde toename in belasting van 36%,” meen Mulder.

Luidens die navorsing sal mense wat tussen R7 276 en R18 017 per maand verdien met dié voorgestelde 5,5%-heffing gemiddeld ʼn verdubbeling (105,4%) in belasting beleef.

Mense wat tussen R7 276 en R28 150 per maand verdien, gaan gemiddeld 71,5% meer belasting betaal, terwyl mense wat tussen R7 276 en R51 133 per maand verdien gemiddeld 49,3% meer belasting sal moet opdok.

“Dít impliseer dat drie uit elke vier Afrikaners ʼn gemiddelde belastingverhoging van amper 50% gaan beleef indien die NGV ingestel word.”

Die groenskrif rakende die instelling van ʼn NFMS is op 18 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer.

Maroela Media het vroeër berig die regering stel voor dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NFMS bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word.

“Dit is ʼn ambisieuse groenskrif wat poog om verpligte pensioen vir elke landsburger, asook universele inkomstetoelae in te stel,” sê Mulder.

Mense wat minder as R20 000 per jaar verdien, sal van dié bydrae kwytgeskeld wees.

“Die trefslag van ʼn NFMS is vernietigend, met ʼn gemiddelde toename van 85% in belasting. Soos met die NGV gaan die laer belastingkerwe dié las aansienlik meer voel.”

Volgens Solidariteit se berekeninge gaan mense wat tussen R7 276 en R18 017 per maand verdien ʼn ongelooflike 265,4%-verhoging in belasting beleef. Mense wat tussen R7 276 en R28 150 per maand verdien, sal gemiddeld 133% meer belasting betaal, terwyl mense wat tussen R7 276 en R51 133 per maand verdien gemiddeld 111,5% meer belasting gaan betaal.

Die groenskrif spesifiseer ook dat die universele inkomste moontlik gefinansier kan word deur ’n verhoging in persoonlike belastingkerwe van 10 persentasiepunte.

Die gevolg is dat die elke belastingkerf aansienlik meer gaan word, byvoorbeeld – die onderste belastingkerf verander vanaf 18% na 28% en die boonste belastingkerf vanaf 45% na 55%.

 

Huidige belastinglas

In sy verslag het Solidariteit na die persoonlike belastinglas van drie inkomstegroepe gaan kyk. Bevindings van die verslag dui daarop dat mense in hoë-inkomstegroepe amper die helfte van hul inkomste aan belasting afstaan. Hoe minder mense verdien, hoe kleiner is die persentasie wat hulle aan belasting bestee.

ʼn Lae-inkomstegroep, wat ʼn maandelikse inkomste van R640 verdien, het weens belasting op toegevoegde waarde (BTW) en ander belastings ʼn effektiewe belastingkoers van sowat 7%.

ʼn Middelklasinkomstegroep met ʼn maandelikse inkomste van R8 746 is luidens die verslag steeds beter af as 80% van die land se bevolking, met ʼn effektiewe belastingkoers van 16%.

“Uiteindelik bestee mense in dié groep steeds ʼn groot persentasie van hulle inkomste aan verblyf (27,7%) en voedsel (16,9%), maar dan kom daar bykomend ʼn groot belastinguitgawe in die vorm van vervoer by,” sê Mulder.

Die feit dat die petrolheffing nou al 40% van die brandstofprys uitmaak, impliseer dat mense in hierdie groep gemiddeld meer belasting aan petrolheffings as aan inkomstebelasting betaal.

Die belastingkoers vir dié inkomstegroep impliseer dat mense slegs ses uur en 43 minute van ʼn tradisionele agt uur lange werksdag vir hulleself werk en die res van die tyd vir die staat.

Hoë-inkomstegroepe met ʼn gemiddeld van R70 000 bruto inkomste per maand kyk na ʼn effektiewe belastingkoers van 42,5%.

Mulder sê so ʼn persoon mag dalk 08:00 al op kantoor wees, maar begin eintlik eers van 11:24 vir hom- of haarself werk – slegs vier uur en 36 minute.

 

Suid-Afrikaners hoes meer as in ander lande

“Weens Suid-Afrika se progressiewe inkomstebelastingstelsel betaal ʼn persoon in die hoë-inkomstegroep reeds wesenlike bedrae aan inkomstebelasting,” sê Mulder.

“Tesame met BTW en ander belastings is die uiteindelike bedrag wat aan die staat oorbetaal word ongeveer 50% hoër as die bedrag wat hulle aan inkomstebelasting betaal.”

Mulder sê die Suid-Afrikaanse regering tap belasting op elke moontlike wyse uit sy burgers terwyl die meeste ander lande hul inkomstestrome op ander maniere aanvul.

“Suid-Afrikaanse burgers se belastinglas is enorm en uitsonderlik hoog en Suid-Afrika se belasting tot die bruto binnelandse produk (BBP) is naas Swede tweede in die wêreld.”

Luidens statistieke wat in die verslag bekendgemaak is, betaal Suid-Afrikaners onder meer 28% maatskappyebelasting, 18% kapitaalwinsbelasting, 20% dividendebelasting, 15% belasting op rente, 3% tot 13% belasting op die oordragkoste op eiendom, 20% tot 25% belasting op hereregte en geskenke en 0,25% oordragkoste op aandele.

Daar is ook ʼn internasionale vlugbelasting van R190 en R100 op vlugte na buurlande.

Vaardigheidsontwikkeling maak 1% van ʼn salarisstaat uit.

ʼn Heffing van 2% vir die WVF word tussen die werkgewer en werknemer gedeel.

Suid-Afrikaners moet boonop R265 vir ʼn TV-lisensie opdok en tussen R216 en R26 316 vir voertuigregistrasie betaal na gelang van die gewig van die voertuig.

Dan is daar nog verskeie tolheffings, lisensies en permitte wat belastingbetalers se sakke nóg verder ruk.

Mulder sê in ruil vir hierdie enorme belastinglas kry burgers feitlik niks terug nie.

“Nie eens wet en orde, wat ʼn basiese funksie van ʼn staat is, kan gehandhaaf word nie.”

Die verslag dui voorts aan dat Suid-Afrika in ʼn posisie is waar 3,4 miljoen mense 91,8% van alle inkomstebelasting betaal.

“Meer kommerwekkend is dat slegs 0,9% van die bevolking (534 000 mense) verantwoordelik is vir die helfte (50,7%) van alle inkomstebelasting en dat 0,2% van die bevolking (113 192 mense) verantwoordelik is vir meer as ʼn kwart (26,5%) van alle inkomstebelasting.

“Met ʼn bevolking van amper 60 miljoen mense is dit ʼn aanklag teen ʼn regering wat totaal misluk het om die belastingbasis te verbreed en laat dit Suid-Afrika uitsonderlik kwesbaar.”

Benewens die litigasie wat deel van Solidariteit se wettige belastingprotes uitmaak, beplan die vakbond ook om bewusmaking te skep oor die impak van die voorgenome beleid op die belastingbetaler; internasionale bondgenote oor die werklike status van Suid-Afrika se belastingbasis in te lig; die vervolging van belastingplunderaars te verseker; en die aanstel van ʼn taakspan om ondersoek in te stel na hoe die vakbond Solidariteit-lede se persoonlike belasting kan herstruktureer sodat hulle so min as moontlik belasting aan die regering hoef te betaal.

*Die verslag sal op 7 September aan die publiek bekendgestel word en op Solidariteit se webwerf beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hardekwas ·

Hierdie patetiese plan kom van die kommuniste se kubaanse raadgewers. Te hel met julle. Belasting protes is die enigste metode om ons van finale ondergang te red.

Porseleintjie ·

Hulle wil jou alles he. Die land is reeds in sy peetjie, steeds stop hulle nie. Sowat van gierigheid het geen mens nog ooit gesien nie.

Jedi Knight ·

Sjoe né, maar daai 1992 JA stem kom nou behoorlik by ons spook.

Cherokee ·

Presiès soos jy sê. Almal van hulle pak die skuld op de klerk en was hul eie hande in onskuld.

gatgogga ·

Ja, netso. Dis die paadjie waarop de Klerk ons geplaas het – en hy leef in weelde.

Cherokee ·

….de klerk alleen? Dit was de klerk en sy gevolg van ja-stemme. Dieselfde ja-stemme wat oom Jaap nie wou glo nie.

Karel Kobus Kruger ·

En nog steeds glo (amper) almal jy moet net aanhou om vir die DA, VF of wie ookal te stem. Stem stem stem dat die spoeg spat. Jy kan jouself in kommunisme in stem, soos wat weliswaar gebeur het. Jy kan jouself egter nie uit kommunusme uit stem nie. Lekker stem mense!

jou gewete ·

gaan sit asseblief net met iemand wat kennis het en kry jou kop reg, n wegbly stem is fataal in ons sisteem

Tiptol ·

Net nóg geld wat in sakke gaan verdwyn. Gewone mense gaan steeds niks daarvan kry nie, nie in dienste, pensioen of mediese voordele nie. Baie slinkse denkwyse.

Werner ·

Wanneer die gans wat die goue eiers moet lê nie meer kan nie.Dan sal die wat so in demokrasie glo en glo dat al wat jy hoef te doen is om net jou kruisie by die regte plek te trek .Met trane in hul oe agterkom dat on ons lankal in n diktatorskap bevind.

Marshall ·

When will the Afrikaner wake up to the fact that the unitary system imposed by De Klerk and his Globalist masters on SA simply CANNOT WORK. The academic literature is quite clear that the mean IQ of the Black Majority in SA is 69. Only 2.1% of the ruling population have an IQ over 100. The destruction of the country currently being witnessed was totally predictable. Mr De Klerk ignored our warnings and pandered to the Globalists.
The only way for civilized, rational society to survive in SA is a RETURN TO COMPLETE SEPARATION OF THE MINORITIES FROM THE MAJORITY.

Willem ·

Best commentary I read in a long time.Seperate the black from white and the world will be a better place to live in!!!!!!

annie ·

Die staatsdienswerkers en rykes gaan feitlik nie aangetas word nie net die laer- en middelklas. Daarby wil ryk regeringsamptenare nou ook nog verhogings afdwing. Die ANC en die staat se beursies is duidelik leeg agv Kuba se bloudruk vir ondergang. Oom Matashe wil nou ok nog atoomkragstasies bou? Nog belasting? En die korrelbedballe? Waar begrawe? Seebegrafnisse vir ‘n kuslyn sonder vislewe? Daar is mense wat nie aan die stuur van sake mag wees nie. Die ANC beslis nie.

koos10 ·

Ek dink die ANC besef sy einde het aangebreek en sal enige iets moontlik (laaste stuiptrekkings) doen om nog bietjie aan bewind te wees. Die probleem gaan wees om die land en hulle onosele besluite reg te stel!!
Die ANC kan nie sy werkers betaal nie, wat duidelik wys hulle donasies het opgedroog (so hulle ondersteuners), hulle het interne gevegte, wat nie deur die top 6 opgelos kan word nie en kan nie die party lede beheer nie.

Pietertjie ·

En só word kommunistiese armoede ingevoer, stap vir stap. Die sogenaamde protes-aksie is maar net nog ‘n stap om geloofwaardigheid te verseker.

Hardekwas ·

Die tyd vir n opstand teen kommunistiese oorheersers is naby.

Chris dupreez ·

Dit is sekerlik n plan om die bankrot anc te help finansier

Karel Kobus Kruger ·

Net n kwessie van tyd voordat alle pensioenfondse en hul bates by n nuwe staatsbeheerde landswye fonds ingelyf word. En dan sal daar sommige fonds bestuurders wees wat sal sê dat dit dalk nie n te slegte idee is nie.

jou gewete ·

Wanneer begin die belasting protes, ek wil dit asb nie mis nie

Misky ·

Baie oorsese lande het ‘n “tax exemption” in die moeilike covid tyd en help hul burgers op so manier. Ons regering vat nog en nog en nog en steeds nie genoeg nie en is bankrot!!!

Stefaan ·

En dit is hoekom die meeste van die hoë inkonste groep al land uit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.