Nasionale sleutelpunte moet bekend gemaak word

geheimDie hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag beslis dit is onwettig en ongrondwetlik om nie die nasionale sleutelpunte bekend te maak nie.

Die Right2Know-veldtog (R2K) en die Suid-Afrikaanse Argief (SAHA) het ʼn aansoek teen die polisie gebring om die lys van nasionale sleutelpunte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting bekend te maak.

Die sleutelpunte mag tot dusver nie afgeneem word of as sleutelpunte geïdentifiseer word nie en die aanname is gemaak dat die sleutelpunte onder andere weermaginstallasies en dienste of fabrieke insluit wat as strategies beskou word.

Die polisie het in 2012 ʼn versoek dat die lys bekend gemaak word, afgekeur.

Die staat se regsverteenwoordiger het op 24 November aangevoer dat die onthulling van die sleutelpunte die land se verdedigingsvermoë en veiligheid in gedrang sal plaas. Die hof het gehoor daar is 200 sleutelpunte. Die aansoekers het aangevoer dat joernaliste moet weet wat die sleutelpunte is, om te verhoed dat daar inbreuk gemaak word op die regte van die media en die publiek.

Regter Roland Sutherland het egter Woensdag in ʼn volgepakte hof beveel dat die polisie die regskostes van die verhoor moet betaal.

Die ministerie van polisie het nou 30 dae om die lys van nagenoeg 200 nasionale sleutelpunte vry te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.