Nasionale tesourie gaan nie pa staan vir Esidimeni-vergoeding

verwaarloosde-hospitaal-bed

Argieffoto: Pixabay.com

Die geld wat benodig word om skadevergoeding te betaal aan al die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie gesterf het, sal nie deur die nasionale tesourie voorsien word nie.

Die geld sal eerder van verskillende Gautengse departement af kom. Só het die DA se Jack Bloom die afgelope naweek gesê. Volgens Bloom het Phindile Baleni, die Gautengse direkteur-generaal, verlede Vrydag op ʼn vergadering van die oorsigkomitee oor die premierskantoor in die Gautengse wetgewer dié aankondiging gemaak.

“Die geld om die arbitrasievergoeding van R160,64 miljoen aan 135 families van Life Esidimeni-pasiënte te betaal sal proporsioneel van al die provinsiale regeringsdepartemente kom,” het Bloom gesê.

“Hy [Baleni] het gesê die nasionale tesourie sal nie geld hiervoor gee nie en die geld sal uit die begrotings van die provinsiale departemente geneem word. Die nasionale departement van gesondheid is gevra om te help, maar dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur aangesien hulle reeds R6 miljoen opgedok het om die Esidimeni-pasiënte van ongeskikte NRO’s na behoorlike versorgingsentrums te skuif.”

Bloom het gesê die sperdatum wat deur afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke bepaal is wanneer die families hul betalings moet ontvang, is 19 Junie.

“Ek is verlig dat geld gevind is om vergoeding vir die Esidimeni-slagoffers se families te betaal, maar dit is jammer dat hierdie bedrae nou geneem word uit geld wat benodig word vir dienslewering. Dit is die prys wat nou betaal word vir onverskoonbare arrogansie en nalatigheid wat tot die dood van 144 pasiënte in die Esidimeni-ramp gelei het,” het Bloom gesê.

Die psigiatriese pasiënte wat deel was van Life Esidimeni-sentrums is dood nadat hulle na ongelisensieerde en ontoereikende NRO’s oorgeplaas is. Die meeste van hulle is dood weens wanvoeding en verwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

wraggies ·

Wanneer gaan ons hierdie nalatige beamptes in die hof sien? Hulle optrede was onmenslik.

ek sê maar ·

Eintlik en uiteiendelik uit ons sakke, die belastingbetaler s’n

ne ·

As jy verantwoordelik is vir jou daaglikse pligte, met betaling en jy maak droog sal die ANC regering jou rugsteun. Laat die skuldiges opdok! Ons belastingbetalers is moeg om op te dok vir elke bakatel.
Hoe kan dienslewering daar onder ly? Almal betaal vir dienste gelewer. Geen diens = geen betaling!

snoefie ·

die omgekeerde is net so waar. GEEN BERALING GGEN DIENS! D die belasting betalers het nie die mense esidimeni toe geneem nie. die belasrting betalers het ook nie die pasiënte na NRO oorgeplaas nie. die belastingbetalers hetnook nie n verpligring gehad om die pasiënte gereeld te besoek nie.

Justice ·

Die storie van die Suid Afrika – “rob Peter to pay Paul” – teken van swak bestuur. Indien hulle senior personeel se salarisse daadwerklik sny tot realistiese bedrae by slegs een staatsafdeling is die Esidimeni bedrag eintlik kleingeld.

bgj van der westhuizen ·

weer eens is dit swak bestuur en nou moet die belasting betale rpa staan vir dit laat die persone wat nie hulle werk gedeon het nie betaal vir dit

Linda van Mosselbaai ·

Hier gaan ‘n presedent geskep word met die sittuasie – moet my nie verkeerd verstaan nie – ek het geweldig medelye met die afsterwe van die mense. Baie van die familie wat nou so hartseer is was nie eers bewus dat hulle naastes geskuif is nie
m.a.w. die band of besorgdheid was nie daar nie – nou wil hulle vergoed word – vir wat?
My bekommernis is meer oor waar die mense hulle bevind wat ‘WEG’ is?
Wat wel van kardinale belang is – is dat daar NOOIT weer mense in plekker geplaas word wat nie vir hulle kan sorg nie.
Die verantwoordelikeheid moet aanvaar word deur digene wat die SWAK besluit geneem het & NOOIT opgevolg het OF die plasing OK is of nie.

Alida ·

Toe die Regter die uitspraak gelewer het, het hy nie gevra of gedink waar die geld gaan vandaan kom om die families te betaal nie. Was te haastig om die saak af te handel en hulle te paai. Weet ge-eet voor hy gebid het.

Johan ·

In my opinie moet die hoof verantwoordelik gehou word vir die lewens verlies en die skade, maar nie tem in die verskillinde sentrums wat hul ingeneem het moet terselfde tyd verantwoordelik gehou word want hulle het die pasiente ingeneem en betaling vir die versorging ontvang.

Oom Kalahari ·

Die hele aangeleentheid was van die begin af verkeerd hanteer van bo tot onder. Hier het dit gegaan om nie enige diens te verskaf, sit en geld te wil ontvang, pasiente te verwaarloos en uit te honger. Hierdie was moord op onskuldige mense wat nie vir hulself kon veg nie en is soos skape na verskillende slagpale gestuur.
Geen geld kan vergoed vir hierdie lewens wat ontneem is nie. Hierdie regering en sy kaders met groot geldsakke is verantwoordelik vir hierdie tragedie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.