Nasionale Vergadering aanvaar drie wetsontwerpe

Argieffoto

Die Nasionale Vergadering het hierdie week sy eerste drie wetsontwerpe van die jaar goedgekeur, en elkeen sal op sy eie manier ʼn impak op die lewe van elke Suid-Afrikaner hê.

Die eerste bok deur die hek vanjaar is die wysigingswetsontwerp op nasionale padvervoer. Dit stel ʼn wetsraamwerk vir aanlyn-taxidienste soos Uber en Taxify, om Suid-Afrika op internasionale standaard te bring.

Dit sal ook die regering in staat stel om in die toekoms verdere regulering van die bedryf in te stel indien dit nodig sou blyk te wees.

Die wetsontwerp, wat na die Nasionale Raad van Provinsies verwys is vir goedkeuring, stel ook ʼn wetsraamwerk vas vir die instel van geïntegreerde vervoerstelsels (soos MyCiti in Kaapstad of Rea Vaya in Johannesburg).

Die tweede wetsontwerp wat hierdie week aanvaar is, is die wetsontwerp op die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens. Dié wetsontwerp het ten doel om die diens se finansiering, bestuur en toerekenbaarheid op te skerp, wat veral nodig is as gevolg van onlangse probleme met die diens se rekeningstelsel.

Dit stel die ministers van finansies en gesondheid in staat om ʼn volhoubare finansieringsmodel vir die laboratoriumdiens daar te stel, en bevat ʼn bepaling wat werkersverteenwoordiging op die raad van die instelling vereis.

Verder maak dit spesifieke reëls oor die toeken van verkrygingstenders en stel spesifieke standaarde sodat kliniese mediese sorg daarby kan baat. Die wetsontwerp is na die Nasionale Raad van Provinsies verwys vir goedkeuring.

Die derde wetsontwerp is die wetsontwerp op die beplanning van seeruimte. Die wetsontwerp stel vir die eerste keer ʼn raamwerk vir die beplanning van nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrikaanse gebiedswaters en invloedsfere.

Opposisiepartye, spesifiek die DA en die EFF, het aangevoer daar was nie genoegsame raadpleging met veral vissersgemeenskappe nie, maar ten spyte van hul voorbehoud is die wetsontwerp aanvaar en na die Nasionale Raad van Provinsies verwys vir goedkeuring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

meeste vissergemeenskappe is Kleurlinge, mense vir wie daar met werksaansoeke gereeld gese word “sorry but you are not black enough”. Moenie dink ek suig dit uit my duim nie; ek weet van BAIE gevalle.
So as Kleurlinge so hanteer word, is swak raadpleging met vissergemeenskappe nie vreemd nie.

Jan Olifant ·

Daais die waarheid daar word nog steeds gediskimineer teen die sogenaamde bruinman deur die swart anc goverment.

Nog een: ·

Nog een: ‘Dit is verbode om in die openbaar jou blaas leeg te maak’.
‘n Vieslike gewoonte om daar langs jou duur luukse motor te staan en dit te doen.

Rynhardt ·

Anc wil SA op internasionale standaard kry met vervoer,maar daar is gereeld oorlog tussen die taxi’s en uber!??

Nic ·

En hoeveel taxi oorloë lees ons gereeld van? Gaan die wetgewing ook nou voorsiening maak dat hierdie taxi optrede hokgeslaan word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.