Nasionale Vergadering keur nuwe begroting goed

Argieffoto (Foto; AlexanderStein, Pixabay)

Die Nasionale Vergadering het Woensdag die finansiesminister Tito Mboweni se bykomende begroting goedgekeur.

Tydens ‘n sitting van sewe en ‘n half uur het parlementslede die geleentheid gehad om vrae te stel aan ministers, sowel as om ten gunste van of teen departementele begrotings te stem.

Die grootste teenstemme is uitgebring teen die departement van evaluasie en monitering, sowel as teen die departement van vroue, kinders en gestremdes. In albei gevalle het 136 LP’s (van die DA, EFF, IVP, VF Plus, ACDP en UDM) teen die tersaaklike begrotings gestem.

Gemoedere het by tye hoog geloop, en die EFF-LP Hlengiwe Mkhaliphi is uit die sitting verwyder omdat sy te ontwrigtend was.

Die aanvaarding van die begroting deur die Nasionale Vergadering is ‘n belangrike stap in die finansiering van staatsdepartemente se werk. Dit moet nog deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur word voordat pres. Cyril Ramaphosa se handtekening dit in die wetboek vaslê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Hierdie sal nie korrupsie stopsit nie. Mnr Ramaphosa wil nie regtig veranderinge aanbring nie, dit sal die SAKP kwaad maak. Daarom leen hy liewer geld elders dat regulasies van daardie lenings sy rol speel. Dit is nou my 1c bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.