Naspers borg twee Mandaryns-dosente by US

Die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Sy Eksellensie Lin Songtian; prof. Hester Klopper, US-Viserektor: Strategie en Internasionalisasie; en Koos Bekker, voorsitter van Naspers (Foto: Stefan Els)

Die Chinese ambassadeur, Sy Eksellensie Lin Songtian, het aangekondig dat Naspers twee addisionele Mandaryns-dosente uit China vir vyf jaar by die Universiteit Stellenbosch (US) gaan borg.

Daarbenewens, om kulturele uitruiling te ondersteun, sal studente van Wuhan Kollege jaarliks Suid-Afrika besoek en ʼn Suid-Afrikaanse student word ten volle geborg om in China te studeer.

Mandarynse Chinees is in 2000 aan die US in die Departement Moderne Vreemde Tale bekendgestel. Dit was destyds die eerste voorgraadse program in Mandaryns by ʼn residensiële universiteit in Suid-Afrika. In 2012 was die Mandaryns-afdeling die eerste eenheid in Suid-Afrika om ʼn honneursgraad in Mandaryns bekend te stel. Studente in Mandaryns aan die US onderskei hulself by die jaarlikse Chinese Brug-kompetisie en ontvang gereeld merietestudiebeurse van die Chinese regering vir verdere studie in China.

Dit bied ook een van twee nagraadse programme in Suid-Afrika aan vir Chinese taalstudie. Die Confucius-instituut, wat in 2009 gestig is, bied ondersteuning aan die Chinese program binne die US se Departement Moderne Vreemde Tale, asook die onderrig van Chinese taal- en kultuurprogramme in 14 skole in en om Stellenbosch, Franschhoek, Worcester en Knysna.

Wuhan Kollege bied voltydse universiteit en diploma-opleiding aan 11 000 studente. Die universiteit bestaan uit twee skole en vyf departemente. Mees onlangs het Charles Chen, een van die oorspronklike medestigters van Tencent, ʼn transformerende skenking gemaak wat Wuhan Kollege in staat stel om een van die eerste nie-winsgewende internasionaal aansoek-georiënteerde universiteite in China te word. Studente van Wuhan Kollege sal Suid-Afrika vir twee weke besoek en kulturele uitruilprogramme bywoon wat ʼn wye verskeidenheid onderwerpe dek.

Prof. Hester Klopper, US-Viserektor: Strategie en Internasionalisasie het gesê dit is ʼn spesiale geleentheid, omdat mense van verskillende dele van die wêreld en sektore van die samelewing saamkom vir ʼn gemeenskaplike doel. “Dit is wat ons vandag in aksie sien – ʼn ontmoeting van gedagtes en harte in die strewe na kennis en wedersydse begrip. En wat beter medium daarvoor as taal – daardie wonderlike instrument waarmee mense hul diepste gevoelens, hoogste aspirasies, mees gevorderde gedagtes en opregte wense kan uitdruk,” het Klopper gesê. “[Die] aankondiging bring ons nader mekaar – as vennote deur taal en onderrig.”

Die US het meer as 4 000 internasionale studente van meer as ʼn honderd lande; meer as 300 ooreenkomste met universiteite reg oor die wêreld – agt met Chinese universiteite – en 46 studente van China (Hongkong ingesluit).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Goeie roep so voor die groot Chinese teenwoordigheid in die land. As vertaler behoort die afgestudeerde baie goed te doen finansieël. Die Chinese is egter nie n lui klompie nie, dus stuur iemand wie die studies ernstig opneem. Moet nou nie skande maak deur n 30jarige toy toyer daarheen te verplaas nie.

Johan ·

Dit terwyl daar Afrikaanse srudente is wat graag wil studeer maar dit nie kan bekostig nie.

jaco ·

Docente en uitruil studente uit China: net n rookskerm dat nog n crowd onwettige immigrante SA binnekom…

zoom zoom ·

Gaan manderyns nou SA se 1ste spreektaal word. Speel so in die kraal van zuma en min van onderwys se hand. Daar was mos al sprake van dat die taal op skool geleer moet word.

jaco ·

kan ons nie maar net met engels oor die weg kom nie? sien tog net die logika in: dis darem n europese taal en dit word wereldwyd gepraat. uitlig van engels beteken ook diskriminasie teen “swart” tale” saam met diskriminasie teen soganaamde “wit” Afrikaans. so eintlik word daar dan teen alle rasse van SA se moedertaal gediskrimineer. so is dit dan regtig so erg? Hulle kla anyway nie oor hulle tale afgeskeep word nie. ek sien ook nooit afrikaanssprekende kleurlinge kla oor diskriminasie teen Afrikaans nie. dis net wit mense wat kla. Hoe op kla en “embrace” eerder die oorskakeling na engels. lag daarmee saam ook in die mou dat die taal wat nou bevorder word, oorspronklik ‘n “wit” taal uit die wit Europa is en dat dit vir eeue lank n taal van onderdrukking, VEEL erger as Afikaans, was in die British Empire.

Chinese krag ·

Die chinese werk hard en leer hard, hulle glo om op hoogte van tegnologie te bly terwyl ons jongmense meestal ligte beroepe doen soos skoonheidsterapie, BA, en sport, sport en sport. Dis waarom die chinese uitblink en ons agteruitgaan.

fm ·

Chinese krag jy praat nogal waar. Sommige Afrikaanssprekenes kan glad nie meer woorde in hul eie moedertaal spel nie, fliek word gespel vliek ensovoorts. Dit is veral tragies om te sien hoeveel Afrikaanssprekenes bedel op die hoeke van strate . ‘n Skoolopvoeding en geleerdheid is baie belangrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.