Naspers bring kykgenot met ShowMax

Skermskoot van ShowMax

Skermskoot van ShowMax

Altesaam 11 000 uur kyktyd en 19 000 episodes vir slegs R99 per maand, is wat Naspers met sy nuwe internetstroomdiens, ShowMax, na Suid-Afrika bring.

ShowMax sal die plaaslike kompetisie wees vir Netflix, met ʼn premie-inskrywingsfooi van slegs R99 per maand.

Reekse soos Orkney Snork Nie!, Friends, Will & Grace, CSI, NCIS, Fargo, Game of Thrones en Britse reekse soos ‘Allo ‘Allo en Black Adder is van die reekse waarna kykers kan uitsien.

“Daar is tot 1 miljoen internetgebruikers in Suid-Afrika wat voldoende bandwydte het om van die diens gebruik te maak,” het John Kotsaftis, algemene bestuurder van ShowMax, gesê. “Ons is op die randjie van ʼn bandwydte-ontploffing in Suid-Afrika.”

Die diens sal aanvanklik op Suid-Afrikaanse kykers fokus, maar wil later ook na ander markte uitbrei.

Die Amerikaanse Netflix het vroeër aangedui dat hy teen die einde van die jaar wil uitbrei na markte soos Suid-Afrika.

ShowMax Premium-kykers sal teen R99 per maand onbeperkte toegang hê tot flieks en televisiereeks.

ʼn Beperkte aantal plaaslike gunstelinge sal gratis beskikbaar wees.

Klik hier om nou by ShowMax aan te sluit en óf met jou 7 dae-grasietydperk te begin óf om in te teken teen R99 per maand.
Klik hier om meer oor die diens uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Els ·

Naspers het vir jare lank Suid Afrikaners uitgebuit, veral Afrikaans sprekende mense. Goedkoper pakette met sokker is net vir die swart mark aangebied. Ek is lankal by Netflix en sal uit beginsel niks van Naspers koop nie.

Gwen ·

Jan, jy vat die woorde so reg uit my mond. Ek wag tot Netflix amptelik hier is. Ek weier om geld vir Naspers te gee.

Gerda ·

Seker weer herhalings op herhalings. Ag nee dankie ek koop my dvds het al by die 1000 oorspronklike dvds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.