Nat Paasnaweek lê voor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Danielle Dolson/Unsplash)

’n Nat Paasnaweek word in die meeste dele van die land verwag. Dit sluit in KwaZulu-Natal waar inwoners reeds sukkel om (letterlik) kop bo water te hou weens onlangse oorstromings.

Lulama Pheme, ’n weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, sê reën sal van Vrydag in die verste suidwestelike dele van KwaZulu-Natal “nader aan Lesotho” begin uitsak voordat die res van die provinsie se reën Saterdag sal volg.

Die reën sal volgens Pheme nie uitermatig wees nie, hoewel dit ongetwyfeld die situasie in die provinsie sal vererger.

Reën word van Vrydag vir Gauteng, Noordwes en die Vrystaat voorspel.

Die reën sal na verwagting die hele Paasnaweek lank duur. Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die reën sal opklaar nie met ’n moontlike afsny-laagdrukstelsel wat teen volgende naweek weer kan inbeweeg.

Koue hiér verwag

Pheme sê die temperatuur sal van Vrydag veral in dele van die Noord-Kaap, onder meer op Sutherland, begin daal.

Die ooste van die Wes-Kaap, die Beaufort-Wes-omgewing, en die Oos-Kaap kan van Saterdag “koel tot koue” weer verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

Mag dit maar reen ondergonds se hulp bronne het dit broot noodig anders droog die boorgate op

LD ·

Sal werklik nie omgee as daai reën bietjie in Limpopo kan uitsak nie!

Duck ·

Moet nie vir “te veel” reèn bid of vra nie, jul het gesien wat in Natal besig is om te gebeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.