Nataniël kort voor vertoning beroof, gehospitaliseer

Nataniël

Nataniël

Die kunstenaar en TV-persoonlikheid Nataniël is Saterdag beroof kort voordat hy ʼn vertoning in Durbanville sou doen.

Nataniel het gesê hy het Saterdag die heeldag geslaap, aangesien hy siek was en hy homself gesond wou kry vir die aand se vertoning. “Ek het drie weke gelede uit Frankryk teruggekeer met ʼn sinusinfeksie, wat uiteindelik gelei het tot brongitis en middeloorontsteking wat my twee weke in die bed gehou het.

“Die afgelope week het ek vier suksesvolle vertonings gehad, maar my keel was seer en teen Saterdagoggend kon ek skaars praat. In ʼn poging om myself reg te ruk vir aand se vertoning, het ek medikasie gekry en ek moes vir die res van die dag slaap.”

Volgens Nataniël het hy kort nadat hy aan die slaap geraak het, wakker geword “van stemme iewers in die plek waar ek tuisgegaan het”. Hy wou nie die plek se naam bekend maak nie uit vrees dat dit die polisie se ondersoek kan belemmer.

“Ek het eers gedink dis die skoonmakers wat nuwe handdoeke bring, maar die stemme het meer geword. Ek het besef iets is verkeerd en wou opstaan toe iemand die kamerdeur oopruk en my sien lê. Ek het gemaak asof ek slaap, want ek was bang hulle het vuurwapens. Die deur is onmiddellik toegemaak en die indringers het op mekaar begin skree dat hulle moet padgee. Iemand het weer die deur oopgeruk en my sak en selfoon gegryp.”

Volgens Nataniel het hy opgestaan en uitgegaan nadat die mans uit die kamer is. “Hulle was almal reeds op ʼn wit bakkie en het weggejaag. Terug in my kamer het ek besef hulle het ook meer as R40 000 in kontant gesteel, my ID, paspoort, beursies, bestuurslisensie, twee leersakke, vier ontwerpersbaadjies en my teatersak met goed soos my mikrofoon, skoene en grimering. Dis heelwat meer as R100 000 se skade.”

Nataniël het gesê die polisie is ontbied en hy het ʼn verklaring afgelê. “Ek het egter al hoe sieker begin voel en besef dit is die medikasie en ek moes slaap. Ek moes ook uit my blyplek trek omdat die deur oopgebreek was en die indringers my herken het. Twee ure voor die vertoning was ek baie siek en kon nie regop staan nie. Ek is hospitaal toe geneem, waar toetse gedoen is en besluit is dit was ʼn kombinasie van gebrek aan slaap, uitputting en skok.”

Volgens Nataniel het hy behandeling ontvang. “Teen die tyd dat ek ontslaan is, was die vertoning lankal verby. Ek verneem die gehoor het begrip gehad toe hulle ingelig is en van hulle het lank gekuier! Ek is nou terug in Pretoria en piekfyn.”

Nataniel het gesê dit was die eerste keer in 29 jaar dat een van sy vertonings nie plaasgevind het nie en ʼn nuwe datum sal bevestig word vir die konsert.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van huisbraak en diefstal word ondersoek. “Volgens die beskikbare inligting het ongeïdentifiseerde verdagtes by die huis ingebreek en ʼn onbekende bedrag kontant en ander items gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Marietjie ·

Ai dit moet verseker n nag merrie gewees het. Sterkte word gou gesond. Daai goed is vervangbaar. Jy lewe dit is die belangrikste….. hoop die polisie vang daai mense vinnig.

Nics ·

Jammer vir jou, maar vaderland, wat maak mens met R40 000.00 kontant by jou? Ai nee…

Johann Marx ·

Nics? R40K is NIKS…..ek het onlangs Nege Honderd Duisend Triljoen Zim dollar by my gehad….en niemand wou dit steel nie. Nammawan moet net so aangaan met sy streke….dan loop ons ook een van die dae met miljarde mandela’s rond wat ons een eier en twee aartappels mee kan koop…as daar ‘n eier en aartappels is om te koop!!

Nico ·

Hy hou kontant. Enigste manier om te keer dat die ANC dit aan belasting steel. Hulle steel genoeg op btw en brabdstofheffings.

Rob ·

R40 000 in Kontant !! En vir wat was dit nogal? Kom ons dink hoekom Nathaniel met so n bedrag sal rondloop ? …………………………………..Sorry niks!

H Schreuder ·

Kunsternaars word dikwels kontant net voor hul vertoning betaal, en hy het vrydagaand in Worcester opgetree, so dis glad nie onmoontlik dat hy 40k in kontant by hom gehad het nie

E ·

Glad nie fishy nie.
Eers die boere, dan die universiteite.
Toe hoor ons van sakeafsprake wat op moord en diefstal afloop in Krugetsdorp en elders. Toe sommer ń kleuterskool, en nou dit.
En raai waat, almal is Afrikaners.

Piet Pompies ·

@F – Natuurlik ly Afrikaners nie alleen onder misdaad nie. Afrikaners is egter altyd die slagoffers van misdadige nie-Afrikaner kriminele en nié andersom nie. Maak oop jou oë, dude.

Lana Turner has collapsed ·

Nataniël ons is lief vir jou, word asseblief gou beter!

Alida ·

Sommige kommentare is werklik onsmaaklik en hoort nie in goeie geselskap nie. Nataniel is n wonderlike kunstenaar en vertrou dat hy vinnig sal herstel. Wat die geld betref,dit het absoluut niks met enigiemand te doen nie. Sy gehoor het baie respek vir hom.

cobusp ·

Die R40 000 was om die mense terug te betaak vir die show wat nie plaas gevind het nie…..

Kosie ·

Die kerel moet maar vir hom n Mastercard kry.
Selfs parkeer masjiene vat kaarte.

Piet ·

Die kontant was geld van sy vorige 3 aande se verkope en om sy orkeslede, verblyf en reis te betaal.

Nics ·

Piet en andere so as hy drie aande se verkope se geld mee rondloop… nee wat dan is dit regtig onverantwoordelik. Gaan bank toe of as dit na-ure is vra vir EFT betalings deur die venues. So maklik soos dit.

Illa ·

Nics, daar gaan julle alweer. Nou word die slagoffer beskuldig van onverantwoordelikheid en siedaar, slagoffer word beskuldigde! Wie in hierdie scenario was nou eintlik verkeerd? Daar is verskeie redes hoekom ‘n mens somtyds ‘n bedrag kontant by jou het – dit is nie my, jou of die verdomde inbrekers se besigheid nie! Jy weet, ek wil my hare uit my kop uittrek vir ons mensdom wat verantwoordelikheid wil verplaas. Hierdie man, bekend of onbekend, was in ‘n privaat kamer, agter slot en grendel, besig om aan te sterk, NIEMAND het die reg om daardie vertrek sonder sy toestemming te betree en ENIGE items sonder sy toestemming te neem nie. Om kontant by jou te hê is nie ‘n misdaad of sonde nie, maar jul kruit HOM uit! Ag nee wat, hierdie nasie kan nie gered word nie!!

Karen ·

As dit ‘n wit bakkie met ‘n GP registrasienommer was, is dit moontlik die crow bar gang. Hulle operate daagliks in die areas. Sterkte Nataniel! Word gou gesond!

Javctn ·

H Schreuder weet nie watter Nathaniel jy gekyk het nie maar ek was Vrydagaand 24 ste in Durbanville by sy vertoning.

JR ·

Klink soos belasting ontduiking. Ek betaal maandeliks R40k aan belasting. Ja, kruisig my maar oor hierdie kommentaar. Weet dit gaan oor Nataniel en die rooftog, maar as almal in hierdie land al hulle inkomste verklaar, ongeag van ras, dan sal belasting, inflasie, ens. nie bly toeneem teen die huidige pas nie.

James ·

JR, jy kry dan meer geld per maand as wat ek in ses maande maak en jy is só geldgierig dat jy mense beskuldig van belasting ontduiking sonder dat jy die feite het.

Retha ·

Ons motor se wieldoppe is Saterdag by D’aria in Durbanville afgesteel, net so na 12, ons was seker so 10 min in die restaurant om navraag te doen oor die spyskaart, toe ons uitkom sê ‘n toerbusbestuurder hy het 2 jong mans en ‘n meisie in ‘n rooi bakkie sien wegry. Diewe is bedrywig! Kort daarna was daar Toyota wieldoppe op gumtree, seker ons s’n. Lekker ou wynstreek vd Wes-Kaap…mit eish ja…

CWS ·

Genade.!!!!! Alweer weet meeste meer van Nataniel se geldsake as hy self..!!…Sterkte Nataniel ons lief jou shows..!! Dankie Lana Turner vir jou bydrae…

Engela de Klerk ·

So word bekendes en onbekendes almal saam deel van die misdaadstatistiek. Tog dankbaar jy is ongedeerd, Nataniël, al is jy getraumatiseer. Beterskap!

magda ·

Mense, dit gaan NIE net hier oor die bedrag geld wat gesteel is en meer nie…feit van die saak is Nataniel is besteel en deur erge trauma! Hou op om alewig te probeer uitpluis waarom ‘n persoon soveel geld aan hom as persoon gehad het — niemand het reg om te maak en breek soos hy/hulle wil nie. Nataniel, baie, baie sterkte – vertrou jy was verseker teen hierdie skade – ons moet duisende rande maandeliks opdok om veilig te wees… nou kom mense nog om vrae te vra oor waarom jy soveel kontant by jou gedra het! Min besef hulle wat jou verpligtinge uit hierdie R40 000 nog moes wees!!!

Els ·

Sjoe !!! hulle het vinnig en baie gegryp en R40d ..hy wou dit seker nog gaan bank…..?
Ek is mal oor Nataniël, maar dis bietjie erg.

Marte ·

Ai toggie….so jammer……Wat gaan dit enigiemand aan oor die kontant……daar is ‘n rede voor en basta…….word gou gesond. Ek is mal oor Nataniël se programme…….Hy het sommer baaaaie brein selle…..Dankie

Easy ·

Kunstenaars word kontant betaal ? Baie fishy….ek wonder of hy sy hare grys geskrik het ?

Petra ·

Ek lees altyd die kommentaar.Somtyds huil ek en somtyds lag ek soos nou.Nie oor die arme Nataniel so onder die ongeluk deurgeloop het nie,maar die lesers het eerste die R40.000 opgetel en uitgebrei daaroor. Word gou gesond Nataniel!

Jaco Grobler ·

29 Jaar sonder om ‘n vertoning te mis maar en mense kruisig ‘n medemens omdat hy 40 k in sy besit het, party mense brand dinge af, ander breek mense af, ek dink minder van dié wat mense afbreek, en hier boonop vir geen rede.

Lance ·

Dis nou presies waarin SA ontaard het ….vol skelms ..geen beheer …geen waardes !!

E.K. ·

Ai tog nou gaan mense weer galaf omdat mens dan nou durf vra hoekom soveel kontant. As mens in hiedie dae wat geld maklik per EFT oorbetaal word regtig nou met soveel geld rondloop behoort mens ekstra sorg te tref. Niemand het iets leliks van of oor hom gese mens wonder net heokom soveel kontant. Om nou te kom vuur spoeg omdat mens ‘n redelike vraag vra is regtig simpel. Mens kan alle betalings so maklik en veilig deesdae doen en as hy nou regtig soveel kontant wou he moes hy maar voorsorg tref dmv dit in ‘n kluis toesluit by die blyplek of iets anders reel. Ek dink regtig mens doen nie sulke dinge nie en klaar. Sterkte, word gou beter en wees versigtig

Illa ·

E.K. – Ek wonder of jul in dieselfde mate oordeel as jul in die spieël kyk as wanneer jul ander beoordeel. Indien wel, mog teëspoed jou nooit vind nie, want ek dink nie jy sal met die selfverwyt kan saamleef.

alida ·

Sommige kommentare is werklik baie onsmaaklik. Vertrou Nataniel herstel gou. Tenminste doen hy goed wat sommige NIE kan doen nie. Dus hou julle vieslike kommentare vir julleself.

Annie ·

Maak nie saak hoeveel geld hy by hom gehad het … dis sy saak. Ek is baie jammer vir enige mens wat blootgestel word aan sulke voorvalle. Dit hoort nie so. Mens is nerens meer veilig. Sterkte vir jou Nataniel. Ons love jou shows! Ten minste laat jy ons lag en ontspan vir n wyle…..

Kleintjie ·

Aaag tog!! Almal spoel nou hulle monde uit oor die geld. Ek is soo bly sy lewe is gespaar. Ek is gaande oor sy TV program en BAIE dankbaar dat ons hom nog gaan sien. Hou tog op kerm oor die man.
Noudat die SAUK alle oorsese programme wil staak sal hy darem seker nog op TV wees.

Adeline ·

Gaan almal net kla oor hy meer geld het as die gewone persoon, en glad niks se oor die feit dat die titel van die artikel mens verlei nie… As jy na die titel kyk sal jy dink die rowers het hom iets aangedoen en dus moes hy gehospitaliseer word? Viva dat hy die tyd van die maand nog 40k cash by hom kan he

Anika ·

Nataniel, wat my bekommer is dat jy dit verkondig dat jy soveel geld by jou gehad het. Dit maak mos nou van jou ‘n teiken!! Ander skelms lees dit en gaan jou in hul visier hou!! Afgesien daarvan, sterkte en word gou gou beter!!!

Tess Riekert ·

Goeiste Nataniël, Jy sal rugpyn kry met al daai geld onder jou matras!! Grappies tersyde, Hoop jy voel gou beter.

kowa ·

Dit het met ons niks, soos in absoluut niks, uit te waai hoeveel kontant hy by hom gehad het nie. Dit is sy geld en net hy kan besluit of hy dit met hom wil saamdra en wat hy daarmee wil doen. Dit gee egter die diewe nie die reg om daar in te bars en dit te steel nie. Hy is volwasse genoeg om sy eie sake te hanteer sonder enige “hulp” van almal wat so aangaan.

cobusp ·

Die R40 000 was kaartjie verkope en hy sou dit gebruik het die terugbetalings te doen aan die mense omdat die show gekanselleer is……………dus mos nou nie so moeilik nie n paar brein selle kon dit uitwerk of hoe dan………..???

Gina ·

Welkom tot die Nuwe Suid Afrika Nataniel. Jy is nie eers meer in die kerk veilig nie…..

Santie ·

Jammer dat jy moes deurloop Nataniel. Maar ek kan nou net weer dink aan al die kwinkslae en droeë humor waarmee hy gaan te voorskyn kom! Sterkte hoor.

Wakker Poplap ·

Nee kyk, julle almal wat so tekere gaan oor die geld is belaglik! Hy kon vir al wat ek omgee 40 miljoen kontant ook op hom gehad het! Niemand is veronderstel om iets by iemand anders te roof nie! Al die ander dinge wat saam met dit geroof is, is ook van waarde. En vir die wat so klip gooi.. As hy belasting wou ontduik, dink jy nou werklik hy sou eerlik aan die Polisie en publiek verklaar het hoeveel kontant daar van hom gesteel is? Help eerder die diewe soek, julle wat dink julle is speurders!!!

Speedguard ·

Ai ons ou Volkie, hehehe ,sien altyd die verkeerde goed raak en spoel hul monde oor dit wat NIKS met hul te doen het nie en saamstaan hehehe nooit !!

pop ·

Nataniel ek is jou grootste fan!!!. So dankie Hemelse vader dat jy ongedeerd is.

Uiltjie ·

Johan Marx, niemand wou jou arresteer nie, want hoe sou nommer een gesukkel het on daai bedrag uit the spreek in die Parliament? Wat was die randwaarde van daai geld? Jammer Nathaniel, maar ek kan nie verhelp om snaaks te kry oor die hele petalje nie! Hoop Jy vertel dit eendag oor die radio? Sterkte.

MarianK ·

Goeiste, los die lieflike man en die R40k. Drie ontwerpersbaadjies en n leersak, DIS n groter verlies. Ek kom iets oor as my klere gesteel word.

cobusp ·

En waar kom die R40 000 vandaan mariaan???Dus die kaartjieverkope en Nataniel wil dit gebruik het om die mense terug te betaal het want die show is gekanselleer…………Hoe moeilik was dit???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.