Natasha Mans: Familie stel privaatspeurder aan

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Die familie van Natasha Mans (46), die vrou van Bloemfontein wie se liggaam sowat twee weke ná sy as vermis aangemeld is gevind is, het ʼn private speurder aangestel om te help met die ondersoek.

Leon Rossouw het aan Maroela Media bevestig hy is sowat ʼn week gelede deur die Mans-familie genader om ʼn privaatondersoek te doen.

Maroela Media het vroeër berig Mans se liggaam is vroeër in Junie met ʼn skietwond in haar bors deur haar vriend, Dennis Casten, naby sy huis in die Groenvlei/Bainsvlei-omgewing ontdek. Mans se liggaam is agter ʼn boom op ʼn oop stuk erf langs Casten se huis aangetref.

Casten het Mans op 31 Mei as vermis aangemeld. Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het destyds aan Maroela Media gesê die rewolwer wat by Mans se liggaam op die toneel aangetref is se kaliber stem nie ooreen met die wond op haar bors nie.

“Ons vermoed dus dit was nie die moordwapen nie,” het Marope gesê.

Die polisie se ondersoek dui voorts daarop dat Mans se liggaam nog nie in ʼn gevorderde stadium van ontbinding was nie. Daar word vermoed dat haar liggaam óf iewers koel óf in ʼn vrieskas gehou is vir vermoedelik 37 uur of langer.

Rossouw het aan Maroela Media bevestig dat die klere waarin Mans aangetref is dieselfde klere is waarin sy die oggend van haar verdwyning gaan lugtyd koop het by ʼn vulstasie sowat vier kilometer van haar huis af. Mans is op kringtelevisiebeeldmateriaal by die vulstasie vasgevang.

“Sy het ʼn gespikkelde trui, swart spanbroek en stewels aangehad.” Dit was vermoedelik die laaste keer dat Mans lewend gesien is.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie wag nog op nuwe inligting rakende die nadoodse verslag vanaf die ondersoekbeampte en sal eers later kan kommentaar lewer.

Mans se dogter, Noeline Koekemoer, is in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor. Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Mans het destyds op Noeline se liggaam afgekom.

Natasha Mans die oggend toe sy lugtyd gekoop het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tragies ·

Dit is haar man want hoekom? Die plek is deeglik na haar verdwying gefynkam en daar was geen teken van haar lyk nie, en hoe kan ‘n geen ontbinde lyk nou eweskielik daar gevind word. Ek hoop ek is verkeerd.

Pop ·

Daai kerel van haar wat nie haar kinders by haar toegelaat het nie. Dis al klaar vir my n wreedheid. Om n vrou se kinders toegang tot haar te weier.

Gesiggie ·

Iewers is iets nie baie duidelik… ek hoop die waarheid sal gou uitkom? Ek ruik n rot… hierdie vrou het deur soveel hartseer gegaan deur haar dogter op so n wrede manier te verloor.. nou is sy ook vermoor? dalk het die Moses Moaka iemand gestuur om haar dood te maak… die waarheid sal wel uitkom.. sterkte aan die familie wat soveel seer moes ervaar

Gestremde ·

Gesinsgeweld het definitief hier ‘n rol gespeel en in plaas om te simpatiseer oor haar dood waar die Dennis Casten se dogter uit om te se dat haar pa nie in ‘n verhouding was met die oorledende nie. (Het my heel onstel toe ek een van die eerste berigte om MM gelees het. Wat het die vrou so bedreig laat voel dat sy met ‘n vuurwapen rondloop en wat soek sy vier kilometer weg van die huis af sonder ‘n ryding? Hier is definitief vylspel betrokke. Plaas mense net eerder skei as die verhouding so verbrokkel het.

Tanzie ·

Ek wens so baie dat mense wat dood is net met mens kon praat uit die dood…

Tip aan polisie ·

Ek het al gehoor van hoe aanvallers gevang is nadat hulle die slagoffer se lugtyd gebruik het. Die polisie kan kyk op sy wel kans gehad het om die lugtyd te laai voor die aanval. Indien nie is daar ‘n kans dat die aanvaller die lugtyd op sy eie foon gelaai het.

vrieskas ·

aan die begin is daar gese sy het selfmoord gepleeg, mens koop nie lugtyd as jy sulke planne het nie.

elsabe ·

Nog ‘n raaiselagtige moord. Dit is verskriklik hoe mense dink hulle gaan regtig wegkom daarmee.

Lynne ·

Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar since die Oscar & Reeva sage, voel dit vir my of vroue links en regs deur hul mans & lewensmaats vermoor word. Die hel is los in hierdie land! Asof dit nie al genoeg is dat ons met gewapende rowe & plaasmoorde moet deal nie…….

Lana ·

Stem saam, Lynne. Die moeilikheid kom sommer by die hope aan na ‘n mens. Hoekom nog vir jouself verder moeilikheid gaan veroorsaak?

Poppie ·

Ek twyfel of dit Dennis Casten is. Hy sou nie so dom gewees het om haar so naby sy huis te gaan neerlê het nie.

Koos ·

Meeste geweldenaars is nie baie skerp nie. Hy lyk nietemin nogal na ‘n windlawaai.

Martin ·

Een van die belangrikste redes vir die baie moorde in ons land, is die gebrek aan doodstraf. Sou dit weer ingestel word, sal die moordsyfer oornag skerp daal. Die gevangenis verskaf o.m. ’n dak oor die kop, kos vir die maag en medikasie vir vigs. Maar ek weet hulle sal dit nie terugbring nie, want hulle weet dit is by verre die meeste hul eie nasie wat aan die tou gaan swaai. En dan verloor hulle te veel (gedokterde) stembriewe met verkiesings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.