Natasha Mans: Polisie ‘pas legkaartstukke in mekaar’

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Niemand is nog in hegtenis geneem nie in verband met die moord op ʼn Bloemfonteinse vrou wie se liggaam verlede week gevind is. Die vrou is twee weke tevore as vermis aangemeld.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se ondersoek na die moord op Natasha Mans (46) duur voort. “’n Hele span ondersoekbeamptes is besig om die stukke van die legkaart in mekaar te pas,” het Marope Maandagoggend gesê.

In dié stadium het die polisie nog nie enige verdagtes nie.

Mans se liggaam is verlede week met ʼn skietwond in haar bors deur haar vriend, Dennis Casten, naby sy erf in die Groenvlei/Bainsvlei-omgewing ontdek. Mans se liggaam is agter ʼn boom op ʼn oop stuk erf langs Casten se huis aangetref.

Rapport het Sondag berig ʼn bron na aan die ondersoek het gesê dat die skietwond in haar bors geen bloed laat vloei het nie omdat sy glo toe al ʼn geruime tyd dood was. Marope wou nie oor dié bewerings kommentaar lewer nie.

Hy wou ook nie bevestig of die polisie ondersoek of sy moontlik deur meer as een mens vermoor is en of sy moontlik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan is nie.

Marope sê dat die uitslae van die nadoodse ondersoek hopelik hierdie week nog beskikbaar sal wees en antwoorde op die vrae sal bied. “Al wat ek nou kan bevestig is dat ons ondersoek dat sy op ʼn ander plek vermoor is en [dat haar liggaam] toe daar afgelaai is waar dit gevind is.”

Maroela Media het vroeër berig Casten het Mans is op 31 Mei as vermis aangemeld.

“Die rewolwer wat ons op die toneel aangetref het se kaliber kom nie ooreen met die wond nie. Ons vermoed dus dit was nie die moordwapen nie,” het Marope gesê.

Die polisie se ondersoek dui voorts daarop dat Mans se liggaam nog nie in ʼn gevorderde stadium van ontbinding was nie. Daar word vermoed dat haar liggaam óf iewers koel óf in ʼn vrieskas gehou is vir vermoedelik 37 uur of langer.

Casten woon intussen weer in die huis aangesien dit slegs vir ʼn ruk afgesper is vir die polisie om vir moontlike leidrade in die huis te gaan soek.

Mans se dogter, Noeline Koekemoer, is in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor. Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Mans het destyds op Noeline se liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andre ·

Glo nie die ondersoekbeampte hoef ver te soek nie. n Onbekende sal nie al die moeite gedoen het nie.

SoosDitIs ·

Ek se ook dis moontlik Casten, maar ek hoop maar dis net iemand wat hom wil frame. Die moord maak maar net niks sin nie. Hopelik vind hulle vinnig die skuldige.

Theresa B ·

Dit is SO bitter hartseer. Hoe tragies eindig die mooie ma en dogter se lewe net nie.
Wat is nou die doel van alles??

AP ·

Ai dit is seker so hartseer vir die familie en seun om te dink iemand het haar so gehaat en wou van haar ontslae raak, of was daar ‘n struweling en sy het haar kop gekap en het gesterf, en toe probeer die persoon om alles na selfmoord te laat lyk, net dieper die moeilikheid in, sjoe dis tragies.

SNEL ·

My tyd, ek dag daar was nou die dag gesê dat sy haar dogter se dood nie goed gevat het nie en dis selfmoord, nou is dit moord. Dis vreeslik dat ma en dogter in die land nou so tot hul einde moes kom, 2 deur misdaad op verskillende tye in een gesin. Misdaad is ver verby buite beheer.

PIKKEWYN ·

Iemand het BAIE moeite gedoen om dit te laat klink asof sy selfmoord wou pleeg.

Hoop hulle spoor die skuldiges spoedig op sodat reg kan geskied.

Michelle ·

Wat ‘n pragtige mens.
Dis verskriklik. Hoop hulle kry haar moordenaar of moordenaars.

Peanut ·

Ek wonder self of daai vriend so n goeie vriend was. Ek hoop hulle het sy hande vir residue van n vuurwapen getoets.

Klaas ·

Nogals het die dogter van Casten hier op Maroela Media gepost dat Mans NIE met haar pa getroud is nie.. hier is ‘n slang in die gras…

Anette ·

Jy is reg Klaas, ek onthou dit ook, nogal gedink dat sy baie aanvallig klink.

Geelheksi ·

Moord verkragting kaapings huisbraak kinderprostitusie en en en….Is daar nog iets wat ons nog kan skok in hierdie wettelose goddelose land van ons?

se net ·

Die SAP moet in die tronk begin soek. Dit klink na wraak van uit die tronk. Ons almal weet deesdae al is jy toegesluit weet jy alles wat buite aangaan en beheer dit ook deur ou gevangenes en ook personeel.

AH ·

Ai, soveel hartseer vir een gesin. Ek wonder wat die motief vir haar moord sou wees? Ons sal maar moet wag en kyk wat uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.