Natasha Mans-saak: Oorsaak van dood bekend

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Die oorsaak van Natasha Mans (46) se dood is vandeesweek bekendgemaak. Dié vrou van Bloemfontein se liggaam is sowat twee weke ná sy as vermis aangemeld is, gevind.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Mans oorlede is weens die skietwond aan haar bors.

Maroela Media het vroeër berig Mans se liggaam is vroeër in Junie met ʼn skietwond aan haar bors deur haar vriend, Dennis Casten, naby sy huis in die Groenvlei/Bainsvlei-omgewing ontdek. Mans se liggaam is agter ʼn boom op ʼn oop erf langs Casten se huis aangetref.

Casten het Mans op 31 Mei as vermis aangemeld. Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het destyds aan Maroela Media gesê die rewolwer wat by Mans se liggaam op die toneel aangetref is se kaliber stem nie ooreen met die wond aan haar bors nie.

Mbambo het ook bevestig dat daar nog kneusplekke aan Mans se liggaam aangetref is. “Sy het ook beserings onder haar arm en bloed in haar longe gehad,” het Mbambo gesê.

Natasha Mans die oggend toe sy lugtyd gekoop het. Foto: Verskaf

Leon Rossouw, ʼn privaat speurder wat deur die Mans-familie aangestel is, het vroeër aan Maroela Media bevestig dat die klere waarin Mans aangetref is dieselfde is as dié waarin sy die oggend van haar verdwyning gaan lugtyd koop het by ʼn vulstasie sowat vier kilometer van haar huis af. Mans is op kringtelevisiebeeldmateriaal by die vulstasie vasgevang.

Die polisie het steeds geen verdagtes nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mans se dogter, Noeline Koekemoer, is in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor. Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Mans het destyds op Noeline se liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Skokkend ·

Janee iemand het weer haar moord probeer stage en gemaak of dit ‘n selfmoord is. Dan wil mense POSITIEWE berigte lees en beweer ons Afrikaners is negatief en verwag altyd die slegste? Nee ons het gedink sy het selfmoord gepleeg, maar wragtie kan jy nie selfmoord pleeg met ‘n ander wapen as wat langs jou le nie, en jy kan jouself ook nie so verskriklik kneus nie .. Dit is absoluut skokkend dat ‘n nasie uitgewis word terwyl die ander Kumbaya sing .. my INNIGE Meegevoel aan die naasbestaandes, dit moet verskriklik wees, veral omdat haar dogter ook wreed verkrag en vermoor is … dit is ‘n SKANDE dat daar niks aan misdaad in SA gedoen word nie. WAT hieraan is positief? Hoe moet mens in ‘n land bly waar jou lewe NIKS werd is nie?

merrie ·

o genase tog. ons het almal aangeneem sis waaeaan sy beawyk het kol. die saak vorder darem helheid stadif

Peanut ·

Ek sou voorstel vriend Dennis word met fyner oë na gekyk. Daar is baie vae kolle in die storie wat nie sin maak nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Jani

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die inligting soos ontvang deur twee polisiewoordvoerders, was Mans 46 jaar oud.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

CHARMAINE TROLLIP ·

Hkm vat dit so lank is sy dalk nie belangrik genoeg nie ????
Die hele storie is een groot cover up en ek is nie eers n speurder nie
Ja hoop maar sy word nie net nog n vermoorde nie

AP ·

Ek stem saam met skokkend en Charmaine, so baie stories en die een wat ook nie sin maak nie was dat Carstens vir die polisie moes inligting gegee het dat die rewolwer weg is uit die huis, dat die kissie met die as daarin ook weg is, en sy het vermoedelik gaan stap hoe het die kissie met die as dan weer in sy huis beland. Ons weet darem nou dat sy nie haarself om die lewe gebring het nie, hoe het sy dan na haar dood in ‘n koelkamer/yskas beland. Soveel vrae so min antwoorde.

LOL ·

Moenie die polisie in hierdie ondersoek onderskat nie …. Hier gaan nog interessante/skokkende wendings plaasvind – hou maar dop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.