Natasha Sutherland en gesin oorleef kaping

Natasha Sutherland Foto: Facebook

Natasha Sutherland Foto: Facebook

Steve Hofmeyr se eksvrou, Natasha Sutherland en haar gesin het Saterdagaand ʼn kaping in Braamfontein oorleef.

“Hulle is ongeskonde,” skryf Steve op sy Facebook-blad. Natasha, Henk Goudkamp en klein Benjamin was saam in die motor. “Ben klink bietjie bewerig maar braaf. Hulle was op pad teater toe, maar het toe maar huis toe gekom,” verduidelik Steve verder.

Natasha het op haar beurt almal bedank wat reeds goeie wense gestuur het. “Dit was nie pret dat iemand sê hulle gaan jou gesig afblaas as jy nie jou selfoon vir hulle gee nie,” het Natasha op Facebook geskryf. “Dit was aaklig dat my seun daar was om dit te sien. Baie mamma-skuldgevoelens. Almal het só ʼn storie, en dit is die skrikwekkende ding. Maar ons is oukei en dit beteken ons het klaarblyklik nog baie om voor te leef!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

De Wet Potgieter ·

Hierdie berig is onvolledig en soos dit daar staan ‘n non-storie. Ek wil in die eerste plek lees wat het met hulle gebeur. Wou die rowers hul motor kaap, het hulle daarin geslaag en wat het van die slagoffers gebeur? Die feit dat Natasha net terloops verwys na wat die rower vir haar gese het is nie voldoende nie. As juller joernalistiek wil bedryf doen dit behoorlik.

Riana van Eyssen ·

Sjoe, ons het seker maar elkeen ons eie verwagting aangaande joernalistiek. Miskien is die feit dat ek koerante vermy die rede waarom die inligting vervat in hierdie berig heeltemal voldoende is vir my gemoed: eerstens genoeg feite om kennis te neem van nog ‘n onaanvaarbare aanval en terselfdertyd is Natasha se opmerking voldoende om my hart te laat juig dat sy en haar gesin veilig is!

Lise ·

Is daar met die motor weggery of was dit n roof? Verskil tussen hijack en roof. Nie een is aangenaam om deur te gaan nie. Maar doen akkuraat verslag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.