Nathan Greyling: Trokdrywer op waarskuwing vrygelaat

Nathan Greyling [Foto: Facebook]

Die vragmotorbestuurder wat in hegtenis geneem is in verband met die matrikulant Nathan Greyling (18) se tref-en-trap-ongeluk, is Donderdag vir eers op waarskuwing vrygelaat. Dit nadat hy aanvanklik van die toneel gevlug het.

Hy sal na verwagting weer op 9 Februarie in die hof verskyn.

Die 60-jarige vragmotorbestuurder van Randfontein, Gauteng, het in die landdroshof op Hennenman verskyn op aanklagte van strafbare manslag.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het nie uitgebrei oor waarom die man op waarskuwing vrygelaat is nie.

Maroela Media het vroeër berig Greyling, ʼn matrikulant aan St. Dominic’s College in Welkom, se liggaam is op 2 November langs die pad tussen Hennenman en Riebeeckstad gekry nadat hy die vorige dag as vermis aangemeld is.

Stukke van ʼn voertuig se kopligte is op die toneel gevind, maar die voertuig en bestuurder was skoonveld. ʼn Grootskaalse soektog het gevolg.

Inligting het die polisie na die vragmotorbestuurder gelei en hy is Maandag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nettie ·

Strafbare manslag dis MOORD hoe word hy op borgtog vrygelaat. Skande dat hy nie eens gestop het om te kyk of die slagoffer miskien hulp nodig gehad het nie.

Peach ·

Nettie, het jy hierdie spesifieke brokkie inligting met die ondersoek beampte gedeel?

Di ·

Dis deel van die nuwe SA – Baie hoe vlakke van Diskriminasie en Rasmal

Misky ·

Kan nie glo wat ek lees nie!! Hoe kan die man vrygelaat word, nadat hy reeds indirek van gereg ‘weggehardloop’ het.

Snowball ·

Ons het nie meer ‘n regstelsel nie, net ‘n rasstelsel. ‘n Jong mens het sy lewe verloor en ‘n gewetenlose moordenaar word vrygelaat. In watse samelewing word so iets ligtelik aanvaar deur nie aan te dring op aanhouding wanneer die skuldige al van die misdaadtoneel af gevlug get? Wat gaan hom keer om heeltemal weg te raak? Sy gewete?

Willempie ·

Ons regstelsel en diegene wat dit toepas is verrot tot in die fondasie. Absoluut onaanvaarbaar.

Papsak ·

My hart is itter seer oor die jong kind hulle moet hom weg sluit vir goed ek voel so daai jong man het nofg nie eers sy lewe gehad nie em haat sulke mense vat sy besteerslisensie weg vir goed en sluit hom ver weg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.