Nathaniel Julies-moordsaak nou na hooggeregshof

Nathaniel Julies. (Foto: Twitter)

Voorverhoorverrigtinge in die saak teen drie polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die 16-jarige Nathaniel Julies van Eldoradopark, sal volgende maand in die Johannesburgse hooggeregshof begin.

Simon “Scorpion” Ndyalvane, Caylene Whiteboy en Voster Netshiongolo het Vrydagoggend weer in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn waar die saak tot 19 Maart uitgestel is.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het aan Maroela Media bevestig die saak is vir voorverhoor in die hooggeregshof uitgestel.

eNCA het vroeër vandag berig die staat het sy ondersoek afgehandel en is gereed om die hooggeregshof te nader.

Die polisiebeamptes word beskuldig van die moord op die 16-jarige Nathaniel, asook dat hulle met bewyse wou peuter.

Maroela Media het vroeër berig ’n skietgeveg het in Augustus verlede jaar tussen bendelede en die polisie ontstaan ná die polisie ʼn wenk ontvang het oor gesteelde motoronderdele in die omgewing van Eldoradopark. Nathaniel het na bewering in die kruisvuur tussen die polisie- en bendelede beland en is later die dag in ʼn hospitaal dood. Nathaniel is gebore met Down se sindroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Laat hulle vir hulle kry! Die vrou is mos die 1 wat gesê het sy weet nie eers watter ammunisie in haar wapen is nie! Hel wat se opleiding kry vandag se uniforms en wie het dan haar wapen gelaai? Sy weet seker nie om ‘n wapen te laai nie gggmmmfff pateties en hulle moet ons beskerm pffft. Dis ok ons beskerm onsself in vandag se tyd

capie ·

Is dit die drie polies mense wat aangekla word van moord se skuld dat hulle swak opgelei is en nou moontlik n lewenslange tronkstraf moet uitdien terwyl hulle hul werk probeer doen het? Moet daar nie n paar ander eerder aangekla word nie, Wat van die gemeenskap wat misdadigers eintlik beskerm, “ons kinders is nie bendelede nie” is al baie gehoor. Ek probeer nie die polisie mense verontskuldig nie, maar sien net die situasie uit n ander hoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.