NatJoints gereed vir moontlike oproer

Polisiebeamptes tydens oproer in KwaZulu-Natal (Julie 2021) (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Wetstoepassers is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas deur die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) om maatreëls in plek te kry om die veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaners te verseker te midde van dreigemente oor ʼn “national shutdown” op 23 Augustus (Maandag).

“Die NatJoints is bewus van aanhitsende boodskappe op verskeie sosialemediaplatforms wat geweld wil bevorder,” sê lt.genl. Robert Netshiunda, woordvoerder van NatJoints. “Diegene wat vir dié boodskappe verantwoordelik is, word gewaarsku dat dit ʼn strafregtelike oortreding is om geweld aan te hits. Lede van die publiek word ook gewaarsku om nie sulke verdelende boodskappe te versprei nie.”

Daar is ook ʼn ander groep boodskappe wat versprei word waar mense sal mobiliseer in reaksie op ʼn moontlike landswye sluiting.

“Die publiek word gemaan om nie te reageer op enige versoek vir geweld of misdaad nie. Hulle word ontmoedig om deel te neem aan enige aktiwiteit wat die wet oortree of die outoriteit van die staat ondermyn.”

Netshiunda sê ʼn beroep word op gemeenskapspolisiëringsforums en soortgelyke sub-forums gedoen om met die polisie saam te werk, “soos wat hulle gewoonlik doen”, en die gemeenskap te mobiliseer teen enige vorm van wetteloosheid.

“Wetsgehoorsame burgers kan gerus wees dat die NatJoints die dreigemente in ʼn ernstige lig beskou. Sekuriteitsmagte is op hoë gereedheid en staan reg om stabiliteit in die land en die veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaners te verseker.”

Die NatJoints herinner ook die publiek daaraan dat Suid-Afrika steeds op inperkingsvlak 3 is en versoek maksimum voldoening aan die regulasies en Covid-19-gesondheidsprotokol. Huidige buitemuurse byeenkomste word beperk tot 100 persone.

Die redes vir die moontlike oproerigheid word glo toegeskryf aan eise dat pres. Cyril Ramaphosa moet bedank; betogers wat gekant is teen die gebruik van Covid-19-entstof; konflik van faksies in die ANC; ʼn gebrek aan gratis onderwys; en die BlackLivesMatter-beweging. Na bewering beplan lede van die ANC, die ANC-jeugliga, die MKMVA, SAKP en Sanco om aan die betoging deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Met alle respek gesê het hulle nie eers die vermoë om hulle werksplek veilig te hou nie,en dit kan met feite gestaaf word.

Alta Alleman

Wonderlike toekoms wat vir ons land voorlê !!

Dup

Dit is al wat hulle goed en met oorgawe kan doen:betoog,breek,brand en verwoes!

Althes

Moet hul nie eens waarsku dat aanhitsing ñ oortreding is nie, looi hulle!

Persheks Adri

Tog gaan die betogings voort! Ons weet mos hulle kan dit nie vreedsaam doen nie. Al wéér hoë gereedheidsgrondslag red ‘n land met die klomp!!!