Navorsing by US oor ‘lang Covid’ gedoen

Die US het begin met navorsing oor sogenaamde Lang-Covid. (Foto: Resia Pretorius/US)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn aanlyn register begin vir navorsing oor die sogenaamde lang Covid.

Volgens die universiteit is “lang Covid” ʼn versameling voortslepende simptome wat 90 dae of langer duur nadat pasiënte van ernstige Covid-19-infeksie herstel het. Simptome kan tussen 25% en 35% van gevalle voortduur, selfs nadat die persoon nié meer positief vir die koronavirus toets nie.

Simptome sluit in moegheid, asemhalingsprobleme, kortasem, gewrig- en borspyn.

Prof. Resia Pretorius, verbonde aan US se Departement Fisiologiese Wetenskappe, het nou ʼn register op die been gebring om dié simptome aan te teken en het ʼn beroep op mense gedoen om hul simptome en komorbiditeite in die register aan te teken.

Mense in Kaapstad of in die Kaapse Wynland-gebied kan ook vrywillig ʼn bloedmonster vir die navorsing skenk. Die insameling van bloedmonsters sal na die res van die land uitgebrei word sodra finansiering beskikbaar is.

Die hoofdoel van die aanlyn register is om die omvang van die probleem in Suid-Afrika vas te stel. Pretorius, die hoofondersoeker in die studie, wil ook die langtermyn newe-effekte van lang Covid en die gepaardgaande komorbiditeite, sowel as die uitwerking daarvan op bloedstolling en sirkulerende inflammatoriese molekules in die bloed bestudeer.

In samewerking met Innovus, die US Tegnologie-oordragkantoor, het Pretorius onlangs ʼn metode gepatenteer vir die vroeë identifisering van lang Covid. Danksy die metode kan hulle bloedklonte wat weerstandig is teen die ensimatiese afbreek van die fibrien daarin, in bloedmonsters identifiseer.

Pretorius is ʼn spesialis op die gebied van die wetenskap van bloed, bloedstolling en inflammatoriese siektes en hoop om nuwe molekules in die bloed te identifiseer wat moontlik verantwoordelik is vir die bloedklonte wat weerstandig is teen fibrinolitiese afbreking.

Die teenwoordigheid van sulke molekules sou dan uiteindelik ook gebruik kon word vir die vroeë identifisering van lang Covid en selfs in die ontwikkeling van suksesvolle behandeling van individue met voortslepende simptome wat daarmee verband hou.

Deel van: Gesondheid, SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Dit wil voorkom of geen newe-effekte nà inenting in SA voorkom nie, of geen woord word gerep nie. Navorsers sal dit moeilik vind om te onderskei tussen covid-nawerking en ander kwale.

Caroline

Thank you for this very interesting article I have had both injections one in January 2021 and another one about 2 months ago and yes those symptoms are very much present I live on Paracetamol as the tiredness, joint and chest pains are ever present. As someone who has had a stroke I do get very concerned about the chest pains.

Caroline

I have to say I am glad to have had the vaccinations and feel a lot saver for having had them. Also I do not live in South Africa and would like to read comments from other South Africans